Uitgewer versoek om Zuma-boek te onttrek

Omslag van die boek (NB Uitgewers)

Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) het NB Uitgewers versoek om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers te onttrek en sekere dele van die boek te verwyder.

NB Uitgewers het in ʼn verklaring gesê die SVA se regsverteenwoordigers dreig voorts om hof toe te gaan om ʼn interdik te bekom wat NB verhoed om die boek verder te druk, versprei of te bemark.

Die SVA voer aan dat daar inligting in die boek is wat strydig is met die Wet op die Intelligensiediens en dat daar talle onakkuraathede in die boek is.

“Aangesien ons kliënt grondwetlik verplig is om die veiligheid van die staat te verseker en die identiteit van sy lede en agente te beskerm, is daar ook ʼn verpligting om op te tree in gevalle waar sodanige sekuriteit geskend word deur die openbaarmaking van sy wettige operasionele metodes, geklassifiseerde dokumente sowel as die identiteit van sy agente,” lui die brief wat aan NB Uitgewers gestuur is.

Pauw se boek is op 29 Oktober gepubliseer en onthul hoe belastingbetalersgeld ter waarde van miljoene rande glo in die bankrekeninge van valse spioene ingevloei het en dat pres. Jacob Zuma ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het sonder om dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verklaar.

NB Uitgewers sê hy ondersteun Pauw se boek en sy regsverteenwoordigers sal op die SVA se brief reageer.

Maroela Media het vroeër berig die SAID oorweeg dit om regstappe te doen teen Pauw en die Sunday Times.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê hy is baie bekommerd oor die publisering van vertroulike inligting rakende belastingbetalers wat strydig is met die Wet op Belastingadministrasie. Volgens Memela verbied die wet die openbaarmaking van belastingbetalers se inligting deur ’n SAID-beampte of ’n voormalige SAID-beampte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Mielie ·

Hoekom is dit n kwessie van staatsveiligheid?. Almal weet wasr die man woon. Hoe word sy veiligheid bedreig. Hy het meeryfwagte as Trump en Malema…..Ek dink hy was verneder in parlement gister. Hy het teen teen een gelieg en as dit wel uitkom dan word bly dit nie meer 783 nie…..

marous ·

As iemand die boek gelees het , gaan hulle sekerlik vir die mense ‘n liter tippex maak drink….of ‘n uitveer gee om te eet.

Leahim ·

Vryheid van spraak as die feite korrek is kan hulle gaan vlieg versprei die boek ook in oorsese lande

Cherokee ·

Oorsee weet nie waar Suid Afrika is of wie Jakop Zuma is, nie.

Eish ·

Net een woord omskryf die situasie, OPENBARE BELANG.
Dit is verblydend dat die uitgewer hom by die skrywer skaar, des te meer aanduidend waar die waarheid hom straks bevind.

Fiela ·

Gaan vandag nog daai boek koop. Alles wil mos toegesmeer word rakende die land se Nr. 1 skelm.

Kiepie ·

Nou wat gaan hulle doen aan die 220,000 eksemplare van die eerste druk wat reeds uitverkoop is? Gaan hulle dit terugroep soos defekte motors? Anders is die inligting mos in elk geval daar buite.

zoom zoom ·

Steek iemand iets weg of is diy te na aan die waarheid. Hoekom dagvaar zuma nie die persoon nie as dit nie die waarheid is. Hy kan dan nog n paariljoen maak uit sy onskuld.

Betsie ·

Ek dink dis vrek snaaks, ek het dit eintlik verwag en vroegtydig myne aangeskaf. Die waarheid maak seer! Jacques Pauw se boeke is almal briljant, Vlakteplaas se dinge ens. in sy boek Dances with Devils. The President’s Keepers is ‘n riller!

Bokram ·

So daar is al n boek oor ons president se skelmstreke,dis lagwekkend!

Chris ·

Die publiek weet of sien nie eers die ore van die seekoei nie. Wat daar aangaan in skrikwekkend.

Frikkie Geld en huis ·

Eish, die boek – en die waarheid – maak seer!!

Anti-Zumpi. ·

Mmm, as die boek feitlik reg is, en die feite in die hof as korrek gestaaf kan word, sal die hele wereld sien waarvan onse press zuma gemaak is. Ek wonder net met wie se geld hy die waarheid en die feite in die hof mee gaan baklei. En van wanneer af kry enige iemand in die wereld die geleentheid om n hofbevel te bevraagteken en die hof the vertel wat om te doen en nie te doen nie? Soos gewoonlik speel die “comrade” vir tyd. En van wanneer a is ou mallematjie, eef se leier “untouchable” en kan hy maar aangaan om van n publieke forum af witmense beswadder? Snaaks hoe bang hulle word as die ou landsvlag sy verskyning maak. Ou Fw, sien jy nou wat het jy en jou klomp bangatte aangevang? Ek is kwaad verby. Ek dink ons moet onself beveilig en van die wapens wat in angola weggesteek is gaan haal. Al die wittes het mos gehoorsaam hulle wapens ingehandig na 1994. Dit herinner my aan Digaan se trieks. Vat hulle wapens af en doen met hulle wat julle wil.

Ai Tog ·

In watter ander land(Behalwe Zim) is daar n president wat al so baie keer vir die verkeerde redes in die pers was?

Alida ·

Pauw sal hom nie blootstel aan vervolging nie. Hy het goed sy huiswerk gedoen. Numba one moet please explain.

Justice ·

Agent James Zuma 007 – wat op aarde nog om uit die tronk te bly?

John ·

Die snaakste kwinkslag van die president gister was was skynbaar dat armoede die ‘baba’ van die apartheid is? Mens wil nou nie vrome president sommer so in die gesig vat nie, maar dis voorwaar ‘n nuwe een vir die prez, ek bedoel nou nie nog ‘n baba nie… Hy skuld ons darem ‘n goeie verduideliking… Was dit wet voor 1994? Miskien is dit net ‘n grappie soos die’ een dat ons landsekonomie onder die ANC dramaties gegroei het.

PJC ·

Nog ń poging tot intimidasie. Ek hoop nie die uitgewers swig onder die druk nie. Lyk vir my Pauw het hier ń senuwee raakgeboor.

Jan Botha ·

Anti-Zumpi laat my dink aan Zuma self. Net soos Zuma die skuld elke keer op apartheid pak so pak Anti Zumpi elke keer die skuld op FW en die ‘banggatte’. Dis al so holrug gery! Kom eerder met ‘n plan as verwyte!

Anti -Zumpi, ·

Jan Botha, ek vra nederig om verskoning dat ek vir ou FW so uitkryt. My vriend hy was so slinks, slinkser as zumpi self. Het jy aan die ou np party se soogenaamde “referendum” voor 1994 deel geneem?
Onthou die vraag was so gestel dat n mens n ik van 500 nodig gehad het om dit te ontsyfer. So, Almal van ons wat “ja” gestem het, is deur n slinkse np party om die bos gely. Dis hoekom ek vir hom en sy “cronies” kwaad is. Ons was mislei, deur ons eie WIT mense. Maar jy is reg kom ons vergeet die verlede, Ek het n plan het jy een?

Johanna Botha ·

Hy sal nie hof toe nie want dan moet hy die teendeel bewys en hy sal nie kan nie …dit kan ons redding wees as hulle besluit om wel te vervolg …die pen is magtig ek moet se !

andrea van vuren ·

Hy sal nie hof toe gaan nie want hy kan nie op sy voete dink nie.

Boshond ·

Ek het nog net ‘n paar uittreksels uit die boek gelees. Mense, dit laat jou hare rys.!
Dit bevat al die eienskappe van ‘n riller. Byv. soos Agliotti gesê het, en ek haal hom aan,”hy’s ‘n gangster, net soos ons.”!
Jaques Pauw het 6 jaar inligting versamel en die boek geskryf. Uitstekende werk gedoen deur ‘n bedrewe ondersoekende journalis. Ek wens net SA het BAIE meer van dié soort gehad.

madels ·

Die bboek is blykbaar alreeds op digitale media, so dit help nie dit word van die rakke afgehaal nie. Alle euwels SAL IN DIE LIG KOM!!!

Margaret ·

Duidelik is hulle ook deel van “The President’s keepers.”

Dries ·

Hulle kan maar die boek onttrek. Dit het vanoggend in my inbox beland. Ek weet nie van wie nie maar daar is beslis pogings om dit elektronies te versprei sou iemand daaraan dink om dit te onttrek.

Jacques Pauw het nou die laaste spyker in die kis geslaan, hieruit sal die glibberige gedierte nie kan kom nie! Congratulations and celebrations...!!!! ·

Sweef-soos-n-arend

Posbode ·

Hulle kan maar “verban” – die E-boek is reeds die wereld in ! Ek het dit ook vanoggens vanaf ‘n vriendin ontvang, en ek het pelle in VSA, UK, Australia, Ierland . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.