Uitjou van Zuma met ‘satanisme’ te doen sê minister

President Jacob Zuma saam met Mbalula (regs) en Danny Jordaan, president van SAFA. Foto: GCIS

President Jacob Zuma saam met Mbalula (regs) en Danny Jordaan, president van SAFA. Foto: GCIS

Fikile Mbalula, minister van sport, sê die uitjouery van pres. Jacob Zuma na die sokkerwedstryd tussen Bafana Bafana en Brasilië is besiel deur satanisme.

Zuma is Woensdagaand na die wedstryd uitgejou terwyl hy op die veld by die FNB-stadion in Johannesburg gestap het. Dit is dieselfde stadion waar Zuma verlede jaar tydens die gedenkdiens van oudpresident Nelson Mandela uitgejou is. “Die wolwe in skaapklere was nie suksesvol met hulle uitjouery nie. Ons sal hulle en die idees waarvoor hulle staan polities verslaan, omdat hulle boewe en lafaards is.” Mbalula sê politieke opponente moet ʼn persoon deur idees probeer verslaan eerder as om hulle uit te jou. “Hulle sal oorwin word want president Jacob Zuma sal nie verkleineer word deur uitjouery nie. Hy is ʼn tsunami eerder as ʼn sikloon. Al hulle planne, besiel deur satanisme, sal nooit in die toekoms slaag nie want hulle planne is niks anders as gevul met boosheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Slim Daan ·

Ou Frikkie Skop-n-doel-da sal moet o/soek instel. Duidelik maak die sataniste sommer blokbesprekings op SAL. Hoe anders kom dieselfde lot so vinnig van Brasilie tot in Jhb ?

Monica ·

Ha-ha dit is vreeslik snaaks en terselfdertyd onrusbarend as ‘n sogenaamde leier sulke kinderagtige opmerkings maak.

Jasper ·

Fikile, jy moet nou oplet hoe “satanisme” gaan toeneem oral waar jou Prez. gaan optree.
Groete, Niek.

Ina ·

Ek verstaan dit nou eenvoudig net nie . Hoe kan mense se uitjou met ‘Satanisme ‘ te doen hê.??Ek kan die SA burgers se frustrasie verstaan en daarom die uitjouery . Om Pres Zuma met ‘n Tsunami te vergelyk is wel seker van pas wat alles in die pad van ‘n Tsunami word verswelg en uitgewis so ook die Tsunami se effek en daarna word alles weer van voor af opgebou en herbou … sekere mense moet die klappe van hul oë afhaal en besef die mense/burgers van SA het genoeg gehad van leë beloftes/ korrupsie/wanbestuur ,,,Luister na die volk en vergeet Satan ..

Dewald ·

Hy was reg om zuma met ń tsunami te vergelyk; hy verwoes alles in sy pad!

Erich Goosen ·

Dis gin uitjouery van die sataniste nie. Dis die manier hoe hulle hul leier groet.

Janine ·

Boewe en lafaards. Uitstekende beskrywing vir beide die president en sy gevolg.

Griet ·

Shame, arme ou Niek kry die skuld vir die snaakste goed, vreemd: “APARTHEID” was nie die sondebok nie…….

Theresa ·

O my magtig – weet hy wat is satanisme? Kan ook net dinge aanhaal om hulle te pas. Maak oop julle oë en ore !!

Rudi ·

As hy verwys na die EFF het hy dalk ‘n halwe punt beet! Daai tjommas is nie lekker nie.

Jasper ·

Fikile, waar was jy toe Satan self gesing het “Kill the Farmer kill the Boer ?

Slim Daan ·

Hierdie ongekultiveerde plat ploert van n minister word die beste beskryf in die biografie van oorle Brett Kebble. ( Nie dat lsg. in eie reg n engel was nie. ) Maar dat lsg n groot waardering vir musiek en die skone kunste gehad het, was eenmaal so.
Vertelling het dit dat Phokkolie en sy Jhoef Liegh maters telkens saans by Kebble se herehuis in Constantia besoek afgele het. Almal dronk soos torre. Na ons mnr. die minister hom versuip het aan die duurste whiskey en Hennessy brandewyn, sou hy die pragtige vleuelklavier oop klap, en terwyl die ander maters met hul vuiste op die klawers n uitvoering van Beethoven gee, dans ons mienester smarty pants bo-op die die klavier.
Met die gebeure was dit glo soos boorpunte op Kebble se tandsenuwees. Hy’s die ( die agbare minister van sportsmaak ) spreekwoordelike skollie-bobbejaan met n goue ring. Plein robbies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.