Zuma is Woensdagaand na die wedstryd uitgejou terwyl hy op die veld by die FNB-stadion in Johannesburg gestap het. Dit is dieselfde stadion waar Zuma verlede jaar tydens die gedenkdiens van oudpresident Nelson Mandela uitgejou is. “Die wolwe in skaapklere was nie suksesvol met hulle uitjouery nie. Ons sal hulle en die idees waarvoor hulle staan polities verslaan, omdat hulle boewe en lafaards is.” Mbalula sê politieke opponente moet ʼn persoon deur idees probeer verslaan eerder as om hulle uit te jou. “Hulle sal oorwin word want president Jacob Zuma sal nie verkleineer word deur uitjouery nie. Hy is ʼn tsunami eerder as ʼn sikloon. Al hulle planne, besiel deur satanisme, sal nooit in die toekoms slaag nie want hulle planne is niks anders as gevul met boosheid nie.”
Uitjou van Zuma met ‘satanisme’ te doen sê minister
Fikile Mbalula, minister van sport, sê die uitjouery van pres. Jacob Zuma na die sokkerwedstryd tussen Bafana Bafana en Brasilië is besiel deur satanisme.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ou Frikkie Skop-n-doel-da sal moet o/soek instel. Duidelik maak die sataniste sommer blokbesprekings op SAL. Hoe anders kom dieselfde lot so vinnig van Brasilie tot in Jhb ?
Ha-ha dit is vreeslik snaaks en terselfdertyd onrusbarend as ‘n sogenaamde leier sulke kinderagtige opmerkings maak.
Fikile, jy moet nou oplet hoe “satanisme” gaan toeneem oral waar jou Prez. gaan optree.
Groete, Niek.
Ek verstaan dit nou eenvoudig net nie . Hoe kan mense se uitjou met ‘Satanisme ‘ te doen hê.??Ek kan die SA burgers se frustrasie verstaan en daarom die uitjouery . Om Pres Zuma met ‘n Tsunami te vergelyk is wel seker van pas wat alles in die pad van ‘n Tsunami word verswelg en uitgewis so ook die Tsunami se effek en daarna word alles weer van voor af opgebou en herbou … sekere mense moet die klappe van hul oë afhaal en besef die mense/burgers van SA het genoeg gehad van leë beloftes/ korrupsie/wanbestuur ,,,Luister na die volk… Lees meer »
Hy was reg om zuma met ń tsunami te vergelyk; hy verwoes alles in sy pad!