Uitlander by Doornkop aan die brand gesteek

Argieffoto (pixabay.com)

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn Uitlandse winkelier is ernstig beseer toe hy Donderdag in Doornkop in Soweto aan die brand gesteek is.

“Paraffien is oor die man uitgegooi voordat hy aan die brand gesteek is,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Polisiebeamptes het na die toneel gehaas om hom te red. Hy is baie ernstig beseer en is na ʼn hospitaal geneem.”

ʼn Groep mense wat glo in Doornkop aan uitlanders sê dat hulle die plek moet verlaat, is na bewering verantwoordelik vir die aanval.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het in ʼn afsonderlike voorval vier uitlanders in hegtenis geneem toe ʼn groep van die plaaslike inwoners hul winkel begin plunder het. “Een van die uitlanders het ʼn skoot in die lug gevuur,” het Makhubela gesê. “Die polisie het die vuurwapen gekonfiskeer.” Nie een van die plaaslike inwoners is in hegtenis geneem nie.

Verskeie uitlanders se winkels word in Gauteng geplunder nadat die 14-jarige Siphiwe Mahori op 19 Januarie doodgeskiet is. Hy was glo deel van ʼn groep wat ʼn Somaliër se winkel in Snake Park in Soweto wou beroof. Die onrus het van Soweto na Kagiso aan die Wes-Rand uitgebrei, Sebokeng in die Vaal, Edenpark in Ekurhuleni en Alexandra in Johannesburg.

Verskeie mense is dood, insluitend ʼn baba wat tydens ʼn stormloop gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pierre Celliers ·

Ironies hoe klein beriggies in die pers, die wrede dood van individue van die “ander”nasie dek. In teenstelling met andere. Is dit omdat dit ‘n “lewenswyse” en alledaagse verskynsel is onder hulle? Dit wil so voorkom!

hoe nou ·

Verstaan ek reg, volgens die berig word die winkel beroof maar die eienaars word in hegtenis geneem

Estelle ·

EN SO GAAN DIT IN DIE LAND VAN “MELK EN HEUNING”!!!!!! Maar met Boswell Wilkie Sirkus aan die hand van die bestuur van SA sal dit NOOIT beter gaan nie!!

CHRISTA ·

Ons plaaslike mense wil nooit iets doen om hulleself op te hef nie, maar as ‘n ander dit doen neem afguns oor en wil hulle net moor en roof. Meeste uitlanders kom hier aan met niks (veral uit Afrika uit), maar hulle bou hulleself op. Al wat ons plaaslsike bevolking kan doen is bakhand staan en eis: “WE WANT, WE WANT!!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.