ʼn Mosambieker is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op brig. Joseph Jongile, afgetrede polisieoffisier van die Oos-Kaap.
Jongile was voorheen hoof van die Oos-Kaapse polisie se operasionelereaksiedienste. Hy is op 14 Mei dood, toe drie mans hom en sy gesin in hul huis in Bayville aangehou het, in wat vermoedelik ʼn huisroof was.
German Billa (21) is twee maande later in verband met die moord in hegtenis geneem en aangekla. Hy het skuldig gepleit en is Dinsdag in die hooggeregshof in Oos-Londen op aanklag van moord en huisroof skuldig bevind.
Jongile is doodgeskiet en sy gesin in ʼn ander kamer vasgebind, terwyl die boewe die huis omgekeer het. Die familie is van bankkaarte, Jongile se vuurwapen, fietse en ander waardevolle items beroof.
Die Valke het die ondersoek oorgeneem. Twee van die verdagtes is steeds soek, maar volgens kapt. Yoliswa Mgolodela is wetstoepassers warm op hul spoor.
Die saak is uitgestel tot 12 Mei vir vonnisoplegging.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Te veel onwettige buitelanders hier.
Ek stem te veel buitekanders by ons gooi hulle uit ons land uit
Wonder wat ROOIKAPPIE nou te se het? Dis mos sy “brothers” wat hy graag nooi om hier te kom plak. Tot en met die regering nie ‘n daadwerklike poging aanwend om ALLE onwettige immigrante op te spoor en terug te pos nie, gaan KRIMINELE aktiwiteite nooit onder beheer kom nie. Misdaad het die laaste paar jaar drasties toegeneem omrede grensposte ondoeltreffend bestuur word en grensposte nie bewaak word nie. Heinings is verwoes, almal loop vry oor na SA om hier te plak, roof, moor en verkrag. Daar sal eers werk gemaak word met hierdie probleem wanneer iemand na aan ‘n… Lees meer »
Dankie, hy is gevang. Nou die ander twee rampokkers.
Verskaf nog werk aan die uitlanders. Hulle sal die wapens verskaf.