Uitlander vas oor mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige uitlander is Maandagoggend in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.

“Die man het glo 19 uitlanders, almal jong mans tussen 19 en 25 jaar oud, na Mankweng in Polokwane gebring,” het lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Hy het die slagoffers in ʼn stoorkamer van ʼn spazawinkel in die informele nedersetting toegesluit.”

Volgens die polisie se inligting is die jong mans onwettig na Suid-Afrika gebring.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang en vinnig reageer,” het Ledwaba bygevoeg. Hulle het die 19 jong mans uit die stoorkamer bevry.

Die verdagte en slagoffers se land van oorsprong is nog nie bekend nie.

Die man sal na verwagting binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn.

Volgens Ledwaba sal die eenheid wat onwettige immigrante hanteer, bepaal wat met die jong mans moet gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manie ·

Deporteer onmiddelik na land van oorsprong!!!
Hierdie is nou weer slim manier om die land in te kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.