Ongeveer 1 000 uitlanders het Donderdagoggend aan ʼn betoging deelgeneem by die doeanegebou in Kaapstad.
“Die uitlanders het met mekaar begin baklei,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het die betoging gemonitor.”
Die polisie moes van rubberkoeëls en traangas gebruik maak om die skare te beheer. Volgens Traut is die situasie is gestabiliseer.
Doeanehuis is ʼn gebou vir die departement van binnelandse sake wat asielsoekers en vlugtelinge se aansoeke hanteer.
Dit is duidelik dat die betoging deur die anc gereel is