Uitlanders betoog in Kaapstad

Metropolisiebeamptes neem 'n uitlander by die doeanegebou in Kaapstad in hegtenis tydens die betoging op 27 November 2014 Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Metropolisiebeamptes neem ‘n uitlander by die doeanegebou in Kaapstad in hegtenis tydens die betoging op 27 November 2014 Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Ongeveer 1 000 uitlanders het Donderdagoggend aan ʼn betoging deelgeneem by die doeanegebou in Kaapstad.

“Die uitlanders het met mekaar begin baklei,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het die betoging gemonitor.”

Die polisie moes van rubberkoeëls en traangas gebruik maak om die skare te beheer. Volgens Traut is die situasie is gestabiliseer.

Doeanehuis is ʼn gebou vir die departement van binnelandse sake wat asielsoekers en vlugtelinge se aansoeke hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.