Uitlanders tydens sakerooftog doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans van Ethiopië is by hul winkel in Thekwane naby Rustenburg doodgeskiet, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.

“Die mans is Donderdagaand, enkele minute voor hulle die winkel sou sluit, deur twee onbekende mans oorval,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het op hulle geskiet. Twee van die slagoffers is dood en nog ʼn persoon in die winkel is kritiek beseer. Hy is na ʼn hospital geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Ramaloko het die verdagtes met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug. “Hulle het te voet gevlug. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sarie ·

Kan iemand my sê hoekom die blankes toue staan (gestaan het) om hul gewere terug te gee vd SAP.elke liewe moord wat uitgesaai word is die skuim gewapen tot die tand en skiet almal wat voorkom? Kyk bietjie of dit nie juis gewere is wT ingehandig was deur wetsgehoorsame burgers nie.

Zirk ·

Ek probeer baie hard om nie alarmisties te klink nie, maar Suid Afrika is buite beheer. Leierloos, onbevoeg en korrup.
Dit kan alles teruggevoer word na Feb. 1990 na die ontbanning van die ANC. Hulle was TOTAAL onkant gevang en heeltemal onvoorbereid om ‘n tegnologies gevorderde nywerheidsland te bestuur. ( En te regeer).

Drieks ·

Baie waar wat julle sé. En hul kry nie skaam oor die toestand wat die land in is nie. Soek net BEE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.