Uitlanders vasgetrek in Gauteng

Argieffoto: SAPD, Facebook

Flink reaksie van die polisie het gelei tot die inhegtenisneming van vier uitlanders in Gauteng.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê drie Somaliërs en een Malawiër is Dinsdagaand vasgetrek in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en goedere wat glo tydens sakerooftogte gesteel is.

“Die polisie het danksy inligting van die gemeenskap ’n winkel in Diepsloot en ’n huis in Cosmo City deursoek. Tydens die soektog in Diepsloot is beslag gelê op ’n vuurwapen wat vermoedelik van ’n polisiebeampte in Olievenhoutbosch in 2012 gesteel is,” het Dlamini gesê.

Die drie Somaliërs word tans ondervra oor die oorsprong van die vuurwapen. “Dit kan dalk lei tot die inhegtenisneming van nog verdagtes,” het Dlamini gesê.

Die polisie het ook ’n huis in Cosmo City deursoek en ’n Malawiër en sy Suid-Afrikaanse vriendin in hegtenis geneem. Daar is onder meer beslag gelê op horlosies, ’n skootrekenaar en ’n vuurwapen met patrone.

Die verdagtes sal binne 48 uur in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

deporteer hulle. ons het genoeg “vermeende kriminele” van ons eie. ( net manner jy moet wit wees on vervolg te word )

Gert ·

Polisie is deesdae vinnig om onwettige wapens op te spoor. Wonder aan wie deel hulle dit uit?

vermeende ·

Maroela, uitlanders is gewoonlik wettag in n land met al die nodge dokumentasie, kan julle dalk opvolg of hulle nie verbode of ongedokumenteerde immegrante is nie want dit is n aap van n ander boom, dit is mos gevaarlik om te veralgemeen in hierdie lannd van ons.

Piet Pompies ·

Die berig spreek boekdele, van die uitlanders het winkels waar goedere onder kosprys verkoop word. Die Suid Afrikaner besit ook ‘n winkel en verkoop dieselfde goed wettig, sy pryse is heelwat meer per item en die verbruikers koop eerder by die uitlander. Die Suid Afrikaner maak sy winkel toe want hy het nie kliente. Die uitlander se kliente word meer want sy mark groei. Die uitlander betaal nie belasting en sy wins gaan direk na sy sak toe. Om sy mark aan te vul word meer en meer voertuie gekaap om vooraad aan te vul. Hier by ons was 3 winkels wat deur uitlanders besit was, twee is gesluit omdat hulle dwelms verkoop, die ander een bestaan nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.