Uitlewering van minister vir eers opgeskort

Die voormalige Mosambiekse minister van finansies Manuel Chang (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die uitlewering van die voormalige Mosambiekse minister van finansies, Manuel Chang, aan Mosambiek, is opgeskort ná “ʼn nuwe stel feite” aan die lig gekom het, het die ministerie van justisie en korrektiewe dienste gesê.

Chang word gesoek in verband met beweerde bedrieglike lenings aan staatsmaatskappye in Mosambiek. Hy is in Desember verlede jaar by OR Tambo- Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en op versoek van Amerikaanse owerhede aangehou wat hom aan die VSA uitgelewer wou hê.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het die departement se direkteur-generaal, Vusi Madonsela, toestemming gegee om dokumente in te dien “in reaksie op Manuel Chang se dringende aansoek om aan die Mosambiekse owerhede oorgegee te word”.

“Die minister het ook bykomende dokumente van ʼn Mosambiekse nieregeringsorganisasie ontvang met ʼn versoek dat die uitspraak in die landdroshof in Kempton Park hersien moet word. Dié hof het beslis dat Chang aan Mosambiek uitgelewer mag word. Op regsadvies het die minister besluit om nie die aansoek teen te staan nie.

“Die departement het sy eie aansoek oor dieselfde saak ingedien met nuwe inligting voor die hof wat eers aan die lig gekom het ná die voormalige minister [Michael Masutha] besluit het om Chang aan Mosambiek uit te lewer. Dié inligting hou verband met dubbele immuniteit wat Chang kragtens Mosambiekse wetgewing geniet,” lui die verklaring wat die ministerie uitgereik het.

Dié immuniteit blyk voor te stel dat enige uitlewering aan Mosambiek ʼn oortreding sal wees van die protokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Wet op Uitlewering. Die vorige beslissing is gevolglik moontlik nie wettig nie.

“Die Suid-Afrikaanse Wet op Uitlewering vereis ook dat die persoon, wat uitgelewer moet word, aangekla moes word vir die misdade wat hy na bewering gepleeg het. In Chang se saak is dit nie die geval nie, aangesien sy immuniteit nog nie opgehef is nie. Die minister het gevolglik die direkteur-generaal magtiging gegee om Chang se aansoek teen te staan.

“Die departement het gevolglik die hof genader om die nuwe inligting in berekening te bring wat betref die voormalige minister se besluit. Die minister sal in sy besluit gelei word deur die uitslag van die drie aansoeke. Hy het sy vertroue uitgespreek in die Suid-Afrikaanse wetgewing wat objektief en onafhanklik is.”

Chang word in die VSA én Mosambiek gesoek vir beweerde sameswering om bedrog te pleeg en omdat hy glo miljoene dollar in omkoopgeld aanvaar het. Die beweerde oortredings hou verband met ʼn $2 miljard-leningskandaal wat ook twee internasionale banke betrek.

Lees alle vorige berigte oor Manuel Chang op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mathys du Preez ·

Mosambiekers skop Portugese uit, in die wereld se heel grootste, mees onlange xenofobiese misdaad teen die mensdom, net sodat dit blootgele kan word dat hulle inderdaad deur ‘n nuwe meester, te wete Shjiena gekoop is, elke slaaf, kan jy glo? En die ou mensies met hulle reinste intensies ooit, wat nie ‘n voet verkeerd kan sit nie, het ‘n Sjienese minister, wat misdaad plaag in hulle parlement, lyk my die Afrikane se uitdruklikke oogmerke is nie in die realiteit hulle daadwerklike mikpunte nie, dit lyk my eerder of ‘n vlaag van onbehoorlikke beinvloeding mense oortuig het om hulle administrasies te sedeer aan die werklike konings van die aarde?

Barry Taylor ·

Ek verstaan nie kop of stert van Matthys se kommentaar nie
Wanneer is die Portuguese uitgeskop. In 1974 na onafhanklikheid.
Dit was nie die grootste uittog van mense in die wereld nie
Al wat ek wil se. Hoekom word die man nie aan die VSA uitgelewer nie dis waar hy hoort te gaan vir n behoorlike verhoor.
Realis
Thailand
Maar nee die struggle bande is veel dieper as die bande vir die regverdige verloop van n verhoor in die VSA

ne ·

So word hy in SA beskerm. Hulle wil seker ‘n paar tips by hom kry om verder te plunder!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.