Uitslag van moontlike Covid-19-geval in Zim bekend

(Foto: Lee Jin-man/AP)

ʼn Man wat by die Wilkens-hospitaal in Zimbabwe in kwarantyn gehou is weens die vermoede dat hy moontlik Covid-19 (koronavirus) opgedoen het, is ontslaan nadat hy negatief vir die gevreesde siekte getoets het.

Die staatsbeheerde koerant The Herald het berig die man is Maandag ontslaan.

Hy het Sondag by die Robert Mugabe- internasionale lughawe aangekom nadat hy vanuit die Hunan-provinsie in China daarheen gereis het. Hy is dadelik in kwarantyn geplaas hangende die uitslag van toetse vir Covid-19. Die man het geen simptome van die siekte getoon nie, maar is weens sy reisgeskiedenis as voorsorgmaatreël in isolasie gehou.

The Herald het die minister van gesondheid en kindersorg, dr. Obadiah Moyo, aangehaal, naamlik dat Zimbabwe tot dusver geen positiewe gevalle van die siekte aangemeld het nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het nog net Egipte, Algerië en Nigerië in Afrika voorvalle van die siekte aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Brakenjan ·

Hou hom eers so bieq daarso asseblief. Ons praat weer oor so ‘n week,

SwartBees ·

Oor n week is hy ons probleem want dan het hy oor die draad geklim.

Michael ·

Dat dit nog nie bekend is hoeveel gevalle in SA en Zim is nie beteken nie dat daar nie mense reeds die virus versprei nie dit dui maar net op ons ” hoe gehalte mediese sorg”en die hoë standaarde wat gehandhaaf word op die grensposte nie dat baie dit gebruik nie want die meeste is onwettig in die land.

HOOP ·

As ek so lees in ander berigte wat lesers se wat op ons lughawens gebeur wonder dan net hoe gaan dit in Zim , ons twyfel dat ons onbekwaam gaan wees as die virus hier sou wees van n mediese punt af , kan myself indink weer hoe dit in Zim moet wees , Hier kom n ding!!!!!!!!

Wensditwasbeter ·

Daar is al 6 lande in Afrika. Morokko Algerië Tunisië Nigerië Egipte en Senekal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.