‘Uitslag van mosie is doodsklok vir ANC’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Jacob Zuma het oorleef, maar hy het niks om vanaand te vier nie. Hy is dodelik gewond en sy party is aan flenters. Vanaand se uitslag, ondanks die naelskraapse oorwinning, is ʼn doodsklok vir die ANC.”

Só het Mmusi Maimane, leier van die DA, gereageer nadat ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma Dinsdagaand in die parlement misluk het.

Altesaam 198 LP’s het teen die mosie gestem, 177 het daarvoor gestem en nege LP’s het buite stemming gebly. Buite die parlement het ANC-ondersteuners gesing en gedans om die oorwinning te vier.

Maimane het in ’n verklaring gesê die dapper ANC-LP’s wat wel ten gunste van die mosie gestem het, moet besef dat hulle nie langer tuis is in die ANC nie, maar deel is van ʼn beweging na ʼn nuwe begin. “Daardie nuwe begin, begin nou,” het hy gesê.

“Vandag se uitslag moet nie ʼn rede vir wanhoop wees nie. Dit moet dien as ʼn motivering vir Suid-Afrikaners om georganiseerd te raak, betrokke te raak en te help bou aan ʼn nuwe regering in 2019. Die uitslag van die mosie van wantroue is net ʼn bewys van iets wat Suid-Afrikaners al klaar weet: die ANC kan homself nie korrigeer nie. Die ANC ondersteun nog steeds vir Zuma omdat hy nie ʼn afwyking in die ANC is nie, hy is die norm. Jacob Zuma is die manifestasie van wat die ANC geword het – ʼn giftige mengsel van korrupsie, baantjies vir boeties en nepotisme.”

Die ANC het in reaksie op die uitslag van die mosie gesê die mosie was ʼn poging van die DA om “ʼn sagte staatsgreep” in die parlement uit te voer. “Dit was ʼn openlike poging deur die opposisie om die wetgewer te manipuleer, die Grondwet te gebruik om die regering te laat val, dienslewering te ontwrig en chaos in die samelewing te saai om uiteindelik die mag oor te neem. Soos ons vroeër gesê het, ons het volle vertroue in ons lede in die parlement om die mosie te laat misluk. En ons het dit ook suksesvol gedoen.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê hoewel die mosie misluk het, was ʼn beduidende hoeveelheid ANC-LP’s bereid om teen hulle president te stem. “Dit is ʼn duidelike bevestiging van die ernstige verdeeldheid binne die ANC en is beslis die begin van verdere verbrokkeling en faksievorming binne die ANC,” het Groenewald gesê.

“Van die ANC se 249 parlementslede was net 198 bereid om die president te steun. Dit beteken dat tussen 30 en 40 ANC-parlementslede bereid was om saam met die opposisie te stem. Die uitslag maak dit duidelik dat Suid-Afrika ʼn nuwe politieke rigting begin inslaan wat ware hoop gee dat die ANC wel in 2019 deur ʼn koalisie van opposisiepartye by die stembus verslaan kan word.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê hy is jammer oor die mislukking van die mosie en glo ’n sterk burgerlike samelewing is wat nodig is om die president en regering verantwoordbaar te hou. “Vandag se stemming dien as verdere motivering vir AfriForum om volstoom voort te gaan om korrupte amptenare deur middel van privaat vervolging, onder leiding van adv. Gerrie Nel, tot verantwoording te roep.”

Buite die parlement het Julius Malema, leier van die EFF, gesê die uitslag van die mosie is ʼn bewys dat die ANC gedraai kan word. “Ons het 26 van die ANC se stemme direk gekry en indirek 35 stemme, want daar was nege wat buite stemming gebly het. Toe ons vir julle gesê het ons is besig om die olifant happie vir happie te eet, het ons nie ʼn grap gemaak nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Andre Traut ·

Vandag is n baie slegte dag vir die hele suid afrika.

ramona ·

Die uitslag is hartseer – hoeveel gaan oor wees in die staatskaste in 2019? Dit is genoeg tyd vir die mense met lang vingers om i “neseier” bymekaar te maak!!!

GES ·

Miskien maar net volhard en die “wyse” woorde van Malema ter harte neem naamlik dat ʼn olifant happie vir happie opgeëet word. Ons is so naby ʼn oorwinning maar tog so ver …

Quo Vadis ·

JZ en die ANC Sal nou net hul eie grafte dieper grawe…hou moed. Die winde van verandering begin nou waai. Die olifant gaan homself van binne verteer.

Cherokee ·

Ek het vir geen oomblik gedink die mosie sal wel slaag nie en dat dit so naelskraap was nie net ‘n verrassing maar dit het verstom.

Ronel ·

Hoeveel keer stampn donkie sy kop teen dieselfde klip? Daars n gesegde wat lui: the lesson will repeat itself until it is learned.

Verlig ·

So trots dat my president nog kan regeer.
Hou vol Jacob Zuma, jy is n ikoon vir baie en ons staan bankvas agter jou!

Paperdoll ·

Ek kan nie glo watek lees nie. So jy keer korupsie goed.

Goodall ·

Paperdoll, just remember the tides aint so low here either. My cousin in South Africa has faith that the light of color will again shine.Nashville TN

Paperdoll ·

Maak nie saak dat zuma nog in stoel sit nie. Daar sou net n ander puppet oor geneem het..wat my bekommer is hoe gaan die moorde vermenigvuldig.

Chrisjan ·

Die anc het dit weereens bewys: al is jz die swakste president in die’ land se geskiedenis,sal hulle vir hom stem omdat hy anc is en Nie omdat hy iets vir die land se mense beteken nie.Kyk maar net hoeveel honderd duisend werksgeleendhede is daarmee heen in sy 2 termyne as president en dit na hy belowe het om werk te skep.Kyk na die krediet af graderings – eerste maal in die geskiedenis dat Suid Afrika so laag gegradeer is.Ja,jz maak geskiedenis op baie tereine!

Siener van Melbourne ·

Werklik waar n tragedie. JZ moet nog eers die laaste kole in die soustrein opry voor hy gaan afklim. “Welcome to the Dictatorship “.

Moeg vir sa ·

Almal moet ophou belasting betaal,dit sal alles tot stilstand bring.Geen gevulde staatskas of pensioen meer nie.Ons word beroof van dit waarvoor ons bloed en sweet moet werk vir ander om in weelde te leef.Hulle gaan tog nie al die belstingbetalers toesluit nie!!!!!

Alida ·

Hoe gaan jy jou werkgewer so ver kry om jou belasting terug te hou? Asb se my!

Eish ·

Een ding is seker, die ANC dra nie die belange van hierdie land op die hart nie en verdien geensins die gewone burger se ondersteuning in enigiets nie. Hoog tyd dat privaatvervolging begin Mnr. Kriel, hoog tyd.

Amper Daar ·

Wat die ANC vandag bewys het is dat daar onder hul LPs geen moraliteit meer is nie (as daar enigsins ooit was) asook dat die gedrag van JZ die ANC se norm is.

James ·

Die ANC se einde sal eers aaanbreek met die vegin van die 3de wereldoorlog. Zuma behoort tot en met dán steeds die president te wees.

Hendrik ·

Selfs al lei hierdie tot die ANC se verloor van die volgende verkiessing, is dit geen goeie nuus vir Afrikaners nie. Die ANC en EFF sal dan saamstaan en radikale ekonomiese transformasie tot die uiterste voer. Selfbeskikking is die enigste uitweg vir Afrikaners.

Gert ·

Korrek…ons is sienende blind en ploeter maar voort. Geen realistiese persoon kan positief voel oor hierdié patetiese land nie.

Annemarie ·

Nou praat iemand die eerste keer op die forum Iets wat 100% sin maak!

Charl ·

God is in beheer! Hierdie dinge moet gebeur. Jesus Christus sal vir sy kinders sorg! Psalm 91 al val daar duisende om jou, 10 duisende by jou, vir jou sal niks tref nie. Dis eind tye en al hierdie dinge kom in vervulling. Die vyand gaan homself te na kom en nog verantwoording ook moet vat. Ons moet bly bid vir ons land. ‘n Ware kind van God as president! Ons moet ‘n Koning Dawid roep vir Suid Afrika. Maar mense spoeg nogsteeds gif instede van spreek woord. Stem saam onder mekaar, verklaar goeie dinge in Jesus Naam! Jesus Christus sal vir ons sy kinders voorsien, as hy dit vir die Israeliete gedoen het, gaan hy dit verseker vir ons ook doen. Vrees maak ons foute maak en negatief raak. Breek vrees onder mekaar en staan op God se woord.

Andries Horn ·

Baie mense gaan my nou seker kruisig. Siener v Rensburg het ‘n visioen gehad dat die land net deur ‘n revolusie deur blankes oorgeneem gaan word en nie by die stembusse nie. As dit dan goed gaan in die land, is daar geen rede tot revolusie nie. Dit moet geregverdig wees in die oë van die wêreld, vir hulle om dit te erken. Dit gaan nog baie slegter gaan as alreeds! Zuma gaan ook nie sommer sy dag in die hof kry nie, aangesien hy teen alles gaan appel aanteken! Hy sal vir tyd speel en die sake so lank as moontlik uitrek. Onthou, hy het tot nou toe 8 mosies oorleef! Hy ken van “survive”. Onthou my woorde van vandag…

Charles Rossouw ·

Animalfarm. Mees insiggewendste boek wat jy kan lees.

Leahim ·

Mshlozi gaan vir altyd bly ek is nou nog meer seker dat sou hulle verslaan word by die 2019 verkiesing hulle nie die mag sal oorgee nie.

Oopkop ·

Ek verwonder my aan die vinnige ‘weerprobeer’ reaksies van die Afrikaanses. Is ons werklik so desperaat om te glo dat gister se gebeurtenis eintlik die ANC se doodsklok was? Is ek die enigste een wat sinies is en glo die probleem is tweeledig…teen 2019 het daar ‘n groeiende getal blindstarende, nikssiende, korrupteerbare jong ANC kiesers by die korps aangesluit, en talle wit, swart, pienk ware demokrate met insig het die land verlaat? Is ek net sinies, of wil ek my eie dinges skop omdat dit bes moontlik te laat is vir my op net-net 40 jarige ouderdom om ‘n finansieël suksesvolle nuwe begin oorsee te loots? Voel iemand ook so vasgekeer en ontnugter soos ek?

Eish ·

Nope, jy is nie alleen nie. Ek is te oud en arm vir so n sprong. Maar ek jaag my seun om nuwe weivelde te soek. Mense soos ek en jy moet dit maar uitstoei in geloof. Ek luister ook maar met een oor na die ontleders. Hulle is maar soos die weervoorspellers, jy kan 90% van die tyd verkeerd wees maar jy hou jou werk.

Altus ·

Nee, jy is nie sinies. Dit is altans hoe enige regdenkende persoon in SA hoort te redeneer. Die mosie se uitslag gaan verreikende gevolge hê. Die ANC gaan ons land net verder afbreek. Wat teen 2019 gaan oorbly, is ‘n ope vraag. Intussen gaan derduisende burgers buiteland toe vlug opsoek na beter heenkome, wat die hoop op ‘n groeiende koalisieregering vir die volgende verkiesing al meer onwaarskynlik maak. Ek self is te jonk om te wil opgee, maar te oud om elders oor te begin. Ek het geen idee wat om te doen op die stadium.

Bees ·

Eish gepraat van geloof-die NG en NP het dan altyd vertel die regering is deur god daar gestel en jy moet dit eerbiedig?

John ·

Was die ANC al ooit ‘n eerbare en eties-korrekte groep? Die aanslag was van die begin af bloot die omverwerping van die regering by wyse van ‘n militere aanslag met terrorisme as werkswyse. ‘n Vrome beeld is aan die buiteland voorgehou vir bevondsing en opleiding maar die Kerk en etiek was en is steeds ver van die siel van die beweging soos ons nou duidelik sien. Stories oor onderdrukking van die sg ‘ware’ boorlinge is sedert die begintye deur Britse setlaars ‘verkoop’ om eie doelwitte plaaslik te verwesenlik maar dit word gou die ANC se modus operandi… want dit werk soos ‘n bom. Die ware toets van sy sg edele oogmerke het die ANC gister duidelik gedop vir die hele wereld om te sien; ‘fat cat’-kaders wat hul bewese sluwe leier openlik bly steun. Niks gaan meer dieselfde wees nie. Verwag verwoede teenreaksie oor die openbaarmaking van die ware siel van die’ eiegeregtige groep wat nie ‘n duit omgee vir hul eie arme onderdane nie en hul bloot as fasade gebruik vir verdere duistere vergrype.

Adriaan ·

SA word gyselaar gehou deur ‘n klein groepe kriminele, maar die feit dat ons dit “demokraties” verdra skree ook ten hemele. Dit is soos om toe te kyk hoe iemand vermoor word, sonder om dit te probeer keer.

Piet ·

Die ANC het die doodstraf deur hang afgeskaf. Gister het hulle die laaste kans gehad om die strop wat hulle self om hulle nekke gesit het, te breek.
Maar hulle wou nie. Afrikaners, behou die geloof !!!
Die nag is op sy donkerste net voor die son opkom. Wanneer ons by die pakke gaan neersit en hoop verloor, is daar geen toekoms meer nie. Vir die ANC is daar, gelukkig vir ons, nie meer hoop nie. Hou moed !

Vermeende ·

En nou sal die ANC moet gee wat hy nie het nie om steun te wen, jou grond!

Frans C ·

Dit is nie die uitslag wat my verras het nie,maar wel die gebrek aan insig wat ANC lede geopenbaar het.Een na die ander het die lof van die ANC besing,so ook politieke kommentators op TV.
Hulle kan eenvoudig nie ;n onderskeid tref, tussen die regering,die ANC en die President nie.
Vir hulle is alles dieselfde.Die President mag ‘n lid van die ANC wees, maar hy is die President van Suid Afrika,wat moet toesien dat die regering so regeer dat dit tot voordeel van alle inwoners van Suid Afrika is en nie slegs tot voordeel van ‘n party of individue nie,soos tans die geval is.

In 1994 is daar mos belowe is ‘n nuwe skip gebou,groot genoeg met plek vir alle passasiers
(inwoners),met ‘n nuwe kaptein en bemanning en bestemming.Ons weet dat daar op die see daar ander groot skepe en storms is en ook seerowers,wat ‘n mens moet vermy.

Maar hierdie kaptein het die seerowers aan boord toegelaat en het aan sy bemanning opdrag gegee of toegelaat dat hul met ‘n groot deel van die vrag wegkom en tot eie voordeel en nie die ander passasiers,gebruik.

Ja die kaptein het selfs met hulle om die tafel gesit en fees gevier en selfs al het van die bemanning muitery gepleeg, nog steeds met behulp van die res aan bewind gebly.
Sprokie of werklikheid?

lynni ·

Die beste was toe speaker aankondig 375 het gestem. 177 daarvoor. EFF spring op en juig. Hul moet volgende keer calculator saamneem.

pie in the sky ·

Soveel vir ons sg ‘demokrasie’; iets wat nie meer die papier waarop dit geskryf is werd is nie. SA HET NIE MEER TYD TOT 2019 NIE, VRINNE – DIE LAND IS MOREEL BANKROT
Te min, te laat – hierdie skippie is reeds meer as halfpad onder.

Lotte ·

Mense, laat ons dankbaar wees vir die opposisie wat die stryd vorentoe neem teen Duduzane se pa ?

Daan ·

Jy is reg Verlig,ons staan bankvas agter Zuma om die ANC te sink.Hy is hulle grootste vyand.Met hom aan hulle kant gaan die DA in 2019 die verkiesing wen.

Avokado ·

Die opposisie het nie rekening gehou met die agterbankers wat net daar sit en salaris trek nie. Daardie name wat ek vir die eerste keer gehoor het Dinsdagaand. Dit is hulle wat die wa deur die drif getrek het vir Zupta.

m ·

Almal nou in rep en roer maar kom 2019 dan hardloop hulle om vir die ANC te stem.

Daan ·

Frans C,toe Pres Mandela teen die seerowers geveg het, het hy altyd ‘n rooi baadjie gedra sodat, indien hy gewond sou word,sy manskappe dit nie sien en moed verloor nie.Pres Zuma dra altyd ‘n bruin broek…

Naaaidoo ·

As die ANC ooit mag sal laat gaan, vat die EFF oor, die ANC amptelike opposisie, en die DA af na derde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.