Uitslag van US se ‘persgesig’-ondersoek bekend

Poekie Briedenhann se pers gesig wat aanvanklik as "blackfacing" aangesien is. Argieffoto

Poekie Briedenhann se pers gesig wat aanvanklik as “blackfacing” aangesien is. Argieffoto

Die uitslag van die onafhanklike ondersoek na die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid by die Universiteit Stellenbosch (US) vroeër vanjaar, is bekend gemaak.

Die ondersoek het bevind dat hoewel daar tekortkominge was in die studente dissiplinêre (SD)-eenheid se ondersoek na die saak, geen personeellid van die instansie onregmatig opgetree het nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn kommissie van ondersoek is aangestel om die manier waarop die omstrede saak hanteer is te ondersoek. Christine “Poekie” Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19), albei inwoners van die Heemstede-dameskoshuis, is vroeër vanjaar van die universiteit geskors nadat ʼn foto op sosiale media versprei is waarin dit voorkom asof hulle hul gesigte swart gesmeer het. Briedenhann en Cloete se skorsing is later opgehef nadat dit aan die lig gekom het dat hul gesigte eintlik pers geverf en met blinkertjies bedek was met die oog op ʼn partytjie met ʼn sterreruim-tema.

Die US het egter onder fel kritiek deurgeloop oor sy hantering van die saak en is daarvan beskuldig dat die twee studente onregmatiglik geviktimiseer is. Mathew Smorenburg, verbonde aan die universiteit se sentrum vir studentestrukture en -gemeenskappe, is ook gekritiseer en het selfs dreigemente ontvang nadat bewerings aan die lig gekom het dat hy, kort nadat die foto opslae gemaak het, glo geweier het om na Briendenhann en Cloete se verduideliking oor die foto te luister en ook aan hulle ʼn SMS gestuur het met ʼn “verskoning” wat hulle glo verplig was om op hul persoonlike Facebook-blaaie te plaas.

Dit het daartoe aanleiding gegee dat die raad van die universiteit adv. Renata Williams as onafhanklike kommissaris aangestel het om die gebeure en die universiteit se hantering van die saak te ondersoek. Die universiteit het Vrydag die verslag beskikbaargestel waarin Williams ʼn deeglike uiteensetting van die gebeure, asook aanbevelings aan die universiteit gee.

Volgens Williams kon sy nie bevind dat enige US-personeellid onregmatig opgetree het nie, maar het sy wel leemtes uitgewys waarop die universiteit in die toekoms kan verbeter. Sy het ook genoem dat eensydige beriggewing in die media verder tot die ongelukkige gebeure bygedra het.

Williams het gesê sy glo dat Smorenburg bloot deur sy aksies gepoog het om die “toenemende storm” rondom die saak te demp en dat hy probeer het om in die beste belange van al die betrokkenes op te tree. Sy noem ook in die verslag dat die universiteit meer kon doen om Smorenburg en ander beamptes van die universiteit in die publieke oog te verdedig en om die publiek op die hoogte te hou van verwikkelinge, veral aangesien personeellede volgens universiteitsbeleid nie toegelaat word om direk met die media te praat nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat ʼn beampte in die spervuur beland, maar protokol verhoed die beampte om hom- of haarself te verdedig. Die feit dat mediaverklarings van hierdie aard eers deur die mediakantoor [van die universiteit] moet gaan is geheel en al skadelik teenoor die grondwetlike reg op vryheid van spraak,” lui die verslag.

Williams het ook bevind dat die skorsing van Briedenhann en Cloete hangende ʼn ondersoek na die voorval logiese optrede deur die universiteit was en dat dit boonop in die belang van die twee meisies se veiligheid was aangesien hulle in daardie tyd talle dreigemente ontvang het.

“Christine het haar en Jo-Anne se vrese vir hul veiligheid beklemtoon. Dit is onhoudbaar dat hulle in hierdie tyd in hul koshuis kon bly; hul tydelike skorsing hangende die ondersoek word dus ondersteun. Christine het in haar verklaring bevestig dat rassisme en ‘blackfacing’ onaanvaarbaar is. Indien hulle nie uit hul koshuis verwyder is nie, kon dit die woede van die ander studente nog verder laat opvlam het en kon dit gelei het tot verdere voorvalle by die koshuis of elders op die kampus. Voordat hulle tydelike skorsing aangekondig is, het die gemoedere by die universiteit hoog geloop.”

Williams het wel in haar verslag aanbeveel dat die universiteit ʼn sosialemedia-beleid moet opstel en dat studente ingelig moet word van die gevare daarvan om omstrede inhoud in enige vorm op die verskillende platforms te deel. Sy het ook aanbeveel dat US-personeellede beter toegerus moet word om soortgelyke situasie te hanteer en dat personeel meer ondersteuning van die universiteit moet kry as net die tydrowende proses om altyd deur die mediakantoor te moet werk.

Sy het ook aanbeveel dat die universiteit ʼn sentrale aanmeldingseenheid op die been bring waar sake wat moontlik skadelik vir die US se beeld kan wees onmiddellik en ten alle tye aangemeld kan word.

“Onenigheid tussen die personeel was duidelik tydens die ondersoek. Hulle sal baat vind by een of meer sessies waar enige slegte gevoelens, verskille ensovoorts gelug kan word en, indien nodig, gefasiliteer kan word,” lui die verslag. “Ek is bewus daarvan dat berading aan sekere personeellede beskikbaar gestel is, maar dit moes ʼn private sielkundige of psigiater gewees het en nie enigiemand wat verbonde is aan die universiteit nie.”

Williams het ook gesê meer kon gedoen word om Smorenburg te beskerm. Sy het ook aanbeveel dat die US se dissiplinêre kode hersien moet word.

Die volledige verslag is op die US se webtuiste beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Liesl ·

Alles net oor die “arme” personeel. Wat van n duidelike jammer aan die arme studente asook kompensasie vir hoe hulle behandel is… moeg vir almal wat altyd agter die stelsel wegkruip en nie verantwoordelikheud vat vir hoe die sitasie swak hanteer is nie

Loeis ·

Maar van studente gepraat. Die meisies se gesigte van pers geverf, nie swart nie (en as dit swart was beteken dit nie dat hulle ‘n rassespel probeer speel het nie.

Daar is kwaadwillig vertel dat hulle gesigte swart geverf is om op een of ander manier rassisties te wees. Daar is selfs berig dat fotos ge-photoshop is om hulle pers te laat lyk.

Het Williams iets daaroor bevind? Optrede is sekerlik daaroor nodig? Net die slagoffers word geskors. Dit is tyd dat dit met die hele dekselse Open Stellenbosch moet gebeur!

Johann ·

Soveel van toesmeer het ek lanklaas ervaar! SKANDE ! Maar laat dit nou nie n blanke student wees nie…dan guil en ween en jammer en toemaar en en en die slapgat bestuur onmiddelik! Bv die huidige anagie op ons universiteiete. Daars WESENLIKE bewys van BESLISDE persone wat beand en breek en verwoes en intimideer maar iets doen?

M'Lady ·

Nee adv. Williams, die twee studente moes in die eerste instansie nie aan hierdie tipe vernedering onderwerp gewees het nie. Alles net oor die personeel, niks oor twee onskuldige studente nie. Power.

Pietman ·

Beskerm ‘n student deur haar te skors? Is dit ‘n grap? Die persone wat haar met geweld gedreig het. Ook geskors? Lyk my ‘n pers gesig is ‘n groter sonde as geweld. Lekker Stellenboch logika.

DD ·

Nou praat jy waar Piet. Wat is gedoen om die meisies te beskerm en geen optrede teen diegene wat hulle gedreig het nie. Verslag is eensydig en subjektief. Sies Maties !!!!

Speedguard ·

Soos Petrus het sy ook seker die haan hoor kraai ( 3 keer) wat ‘n skande!

KOBUS ·

n Baie eensydige verslag. Glad nie onafhanklik nie. Dis nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Boetman ·

Wie betaal hierdie Advokaat? Sekerlik nie die twee meisies nie.

SkarrelKind ·

Op ‘n ligter noot – ek hoop nie Adv Williams moet my ooit, ooit, ooit vededig nie!! (-;

Jordaan ·

Die studente is skuldig bevind terwyl daar nie eers ‘n oortreding was nie, daarom was hulle bedreig. Hierdie is ‘n tipiese oor reaksie van mense wat so graag rassisme agter elke bos uitskop. Waarom moes Smorenburg beskerm word? Hy het dan die dames gedwing om verskoning te vra, waar daar geen oortreding was nie!

Gerhard ·

Baie powere ondesoek uitslag deur advokaat Renata Williams

Gerhard Burger ·

Nie net die spreekwoordelike ‘dun ys’ nie, maar ook gebreekte ys. Soos wat dele van die verslag, volgens die artikel hierbo, wel sinvol is, so is dele van die bevinding hoogs debateerbaar. Sodanig so dat dit waarskynlik as verkeerd uitgewys sal kan word. Ons kan ook aanvaar dat die universiteitsowerheid tevrede is met die uitslag van die ondersoek, aangesien dit hulle in alle wesenlike opsigte pas.

hans ·

Stem saam dit is n eensydige verslag. Vertrou dat die twee studente en hul ouers n siviele eise teen die universiteit en die individuele personeel in hul persoonlike hoedanigheid ingestel gaan word. Vertrou dat die studente wie in die huidige onluste benadeel is ook eise sal instel.

Jacobus Krynauw ·

‘n Mens kan onmoontlik nie Maroela daarvan beskuldig van onware beriggewing nie. Allermins.

Ek wonder hoeveel klagtes daar al by die Menseregtekommissie gelê is oor swart mense wat hulle gesigte wit smeer en probeer geld kry deur soos ‘n pop op te tree by openbare plekke, verkeerskruisings en dies meer?

Daar is natuurlik redes hoekom niemand van die US nie skuldig bevind kan word aan wangedrag nie. Ons weet dit almal.

‘n Paar jaar gelede was hier in ons dorp ‘n (vermoedelik) Nederlandse kunstenaar op besoek en het onder andere die Taalmonument besoek. Hy het by ons besigheid hulp gevra om sy een kunswerk te vervaardig. Dit was vir ons ‘n eer. Die kunswerk is ‘n swart en wit (ek steek nie draak nie) foto van ‘n vark se karkas wat aan ‘n vleishak hang. Die foto is deur hom onderteken met hierdie aanhaling daarby: “Het is ons erns”. Hy het gesien dat die land “voor de swyne gewerp word”, om uit Nederlands aan te haal.

Jammer van die meisies wat soos gemors behandel is. Veel erger is wat nog op die kampus van die US aan die gang is om kulture te vernietig…

Annette ·

Wat ‘n teleurstelling moes dit nie wees om uit te vind dit was eintlik PERS nie! As jy ‘n hond wil slaan – kry jy maklik ‘n stok. Niemand gaan hof toe as iemand met ‘n wit gesmeerde gesig by die robot staan nie? Ons sin vir humor is net te goed, en ons is nie onnodig sensitief nie. Jammer meisies. Dit was veronderstel om heerlike pret te wees, en toe die helse bohaai oor niks! Belagtlik

Justitia ·

Die verslag lyk vir my oppervlakkig en die bevindinge verdag. Ek hoop dr. Briedenhann gaan voort met ‘n skade eis. Die verslag behoort in die hof ontbloot te word vir wat dit is; so-ook SlimWim en Smorenziel.

Pippa ·

Jy het my opinie oor hierdie aangeleentheid perfek verwoord!

Winston ·

Stem saam. Hier sal meer antwoorde moet kom in n siviele geding. Ek hoop hulle eis genoeg sodat hulle verder “gratis” kan studeer. Dit sal nie verniet wees nie!

Gerhard ·

Ek stem ook van harte saam met Justitia. Ek hoop dat ‘n siviele eis sal volg.

Theuns ·

Behalwe dat die verslag bekook is was die verslag ook seker in die amptelike taal “Vrot Engels” geskryf? Sal interesant wees om te weet!

chris ·

En dan noem sy haarself ‘n advokaat ??? Wat van deursigtiheid, regverdigheid en onpartydigheid ??

Jean ·

AG nonsens, die ondersoekspan was net so eensydig gewees. Hoekom is die SR lid van Tuks wat gese het hy gaan sy Bazoeka kry en ALLE witmense uitmoor en afmaai nie eers geskors nie? Kan universiteite werklik so verskil? Hy is net as SR lid geskors na BAIE druk van buite! Geen doodsdreigemente teen hom nie .. te vreemd. Dis regtig ‘n verskoning ..die ou storie van die veiligheid, hoe dom dink julle regtig is ons? Julle maak asof die meisies dit eintlik so verkies het. Blackfacing, dis eintlik PURPLE FACING, dis eintlik ‘n groot grap dat mense tyd hieraan spandeer om studente te vervolg en nog ‘n ondersoekspan ook aan te stel. Julle wil maar net polities korrek wees. Ek wed jou as dit andersom was het julle absoluut NIKS daaraan gedoen as mense hulle gesigte wit geverf het nie. Groot tjol hierdie. Dis ‘n tragiese dag as blankes hulle eie mense benadeel en veroordeel… ten minste staan ander etniese groepe saam.

Jan ·

Lyk my Smorenburg het die verslag geskryf, Wim het die resensie gedoen en Williams het dit geteken (met ‘n lekker vet tjek aangeheg). Smorenburg en US personeel is nou die slagoffers, regtig? Hoe belaglik kan jy raak?

Andries Erwee ·

Dit is jammer dat die berig nie ook verwys na die feit dat die pers ombudsman reeds bevind het dat Rapport se beriggewing oor die voorval vals was en dat die koerant reeds verskoning gevra het nie.

Die feit is dat daarde beriggewin g vals was en op n manier mense beinvloed het. Hulle het reeds bevind dat die Universiteit reg opgetree het, dat die studente nooit geskors was nie maar bloot beskerm was..

Voorts het die Rapport reeds verskoning gevra vir hulle vals berigte.

Ronnie ·

Andries, jou woordkeuse “pers ombudsman” pas so reg by hierdie artikel.

Grassie ·

Sulke blatante toesmeerdery het ek nog selde in my lewe teëgekom.

JJ ·

Wat gaan hier aan !!! Die betogers moet hierdie advokaat kry om hulle te help in tye van ‘n kriesis

E ·

Ag dis sommer simpel!
Vir wat bemoei die howe hul nie met moordenaars, verkragters en korruptes nie?
Nou moet daar geld gemors word op pers verf en pieppie.

Columbiana ·

Wat ‘n klugspul!!!!!!!!!!!!!!!

Foeitog siestog die arme gek wat dit aangegee het het net sy werk gedoen.! Bog man. Dit was oorgereageer in die ergste graad. Dis tipiese geval van iemand wat dom skaam is (skaam oor sy dade maar te dom om te erken hy het aangejaag)

Theo ·

Onder gemiddelde algemene verslag, wat niemand werlik aan te vat nie. Die kanker in ons samelewing. Die slapgat houding om skuldiges aan te spreek, wie hulle ook al mag wees.

peanut ·

Ag siestog shame…..
En skielik gaan alles oor die arme personeellede en hul gevoelens en veiligheid.

Wat van die trauma van die arme studente, wat NIE jare se lewenservaring agter die blad het, of n ondersteuningsnetwerk net om die hoek.

Ek dink die agbare advokaat Williams sit die pot heeltemal mis, of miskien probeer sy net haar pos beskerm deur so polities korrek moontlik te klink.

Siestog, mens moet haar seker jammer kry.

Bosbok ·

Ek sal maar liewer nie sê wat ek eintlik wou nie, sal dan dalk self n saak teen my kry….. Maar ja, swak , swak, swak en belaglik !!!

PERS GESIG ·

kommentaar sonder benadeeling van ons regte.
Theo jy slaan die spyker op die kop !!!
Wees bewus :
Huidig is daar dieselfde kanker orals aan die gang !!!
Onder gemiddelde veralgemene verslag doening wat die waarheid toesmeer.
Doening wat niemand in die howe wil aanvat nie en op grondvlak !!!DIe tipe kanker is so vrot orlas in ons samelewing die tipe kanker word dag in en dag uit ervaar!!!
Die slapgat ruggraatloose houding om skuldiges aan te spreek!!!
Dis n Skande hoe onskuldige goeie mense hanteer en benadeel word.
Ons kinders lui onder hierdie verdrukking ons regte word van ons ontneem sonder eers om oog te knik !
Teleurgesteld en onanvaarbaar
Laat die waarheid geskied!!!

Mike ·

ek wonder net wat het van die student geword by TUKS wat gese het hy wens hy kan blankes skiet ondermeer met n AK – die voorval het maar n stille dood gesterf en hy kom niks oor nie

Ernie ·

kopskuddend ; swakste ondersoek van nogal n ”geleerde” person. Is die n voorbeeld van die standard op Suid Afrikaanse universiteite se akedemici ? Ons moet regtig begin bekommerd raak- baie bekommerd.

SêMaarNet ·

Ja nee, hieroor word n hengse bohaai opgeskop.

En die persone wat die grootste bohaai hiervan maak breek die universiteite af, maar o nee, dit is sekerlik hulle reg, wie is ons nou om iets te sê, want sê ons iets is dit mos nou weer rassisties teenoor die bohaai-makers.

Ek is siek en sat vir die korrupte blerrie gemors in hierdie land.

Buitestander ·

Wat van die studente het is hulle regte nie ook aangetas nie.

Speedguard ·

Vra ek ook??? Hoop die kinders se ouers dagvaar hul , hul moet net vinnig optree anders is daar NIKS meer oor van “Maties of is dit nou Kaders )nie!!

abba ·

Wat ‘n klugspul van die US af.
Dit is totaal skandelik en onaanvaarbaar.
Wie “cover ” nou vir wie? Rugraatlose Bestuur. kry die lot nie skaam nie wonder ek.

Gert ·

As die advokaat bevoeg is om die verslag op te stel, is Hlaudi bevoeg om by die sabc te werk.

Henrietta Klaasing ·

Skokkend eensydig. Ek sien Afriforum Jeug en in hakies Afriforum word ook in die verslag genoem. As ons almal wat hierbo gereageer het SO voel, sal hulle ook en sekerlik nie die saak daar laat nie.

Noxthefox ·

Wim de villiers , Max price ,Smoreburg, en al daardie RUGRAATLOSES van julle spotprent vandag kom almal uit julle kassies asseblief!

willem ·

Ek dink die titel: Prof. moet vetwyder word want hulle is dit nie werd nie. Dink hulle nou ons is onnosel? Dit neem n ekspert in onnoselheid om n kleintjie raak te sien. Blatante leuens en dit van Proffesore. Hulle klap hulself in die gesig en skend hulle name net nog meer. Hulle is al so beklad dat daar nie een oop skoon plek oor is nie.

Renier Lubbe ·

Sleep die spul na die hof.

Ek hoop dié advokaat hanteer dan ook die verdediging van die universiteit.

Drikus ·

Die agteroor buigende US skuld daardie twee dames ‘n openbare verskoning. Die lamsakke wat die aanvanklike klugtige klag gelê het des te meer.

Skryf die dames se klas- en losiesgelde af vir die res van hul studies. Ek skaam my vir US. Totsiens liggewig Wimpie!

Gerhard de V ·

Daardie voorsitter van US se “bestuur” moet sy goed vat en loop.

Johann Holzapfel ·

Hier gaat ons!!!! Maande word gewag vir ‘n verslag. Nadat sommer tjop-tjop kragadadig ingegryp is deur Skelmbos se kleurinspekteur “in chief” Mathew Smorenburg om sy spiere te bult teen die euwel van rassisme. Dis nou tipies van politieke korrektheid: ‘n teelaarde vir leuens, misleading en sommer net bedrog! Per is mos eintlik die nuwe swart. Geen word oor daai “studente” watHeemstede (onwettig) binnegestorm, student op die vloer sitgemaak en hulle as rassiste uitegedinges het. Hulle is tot vandag toe nog nie eens uitgewys nie. Ook die rol van Nicon Koopman, die teoloog en vise-kanselier, in die hele onsmaaklike debakel is net eenvoudig by die agterdeur uit!!!

Danie Prinsloo ·

Sulke uitsprake openbaar maar net die dienswilige, slap kruipers wat deesdae die brose agtergeblewenes by universiteite ter wille wil wees, se lewensuitkyk.
Dag universiteite is waar “hoër ” opvoeding deur PERSONEEL moet geskied, nie laer opvoeding deur oorsensitiewe lafaards nie

Louise ·

Waarom kan swart mense (let op die twee woorde) nie vrede maak met die kleur van hul vel nie? Waarom die minderwaardigheids kompleks? Daar is mense met geel velle, bruin velle, swart velle. Dis net n vervlakste kleur. Dis tyd dat ons almal vrede maak met die kleur vel waarmee ons gebore is. Die hele rassisme ding raak nou belaglik soos duidelik bewys is deur die Persgesig gedoente!!

Persgesiggie ·

Hieruit kan julle aflei hoe ver hierdie instelling al geval het. Niks en niemand kan dit meer keer nie. Daar sal ook nooit weer uitnemende Afrikaners of Afrikaanssprekendes aangestel word nie. Dit is verby. Hulle word deur Blade betaal en die stelsel beskerm hulle. Help liewer bou aan Akademie, ons private Afrikaanse universiteit.

Andre ·

Snaaks dat dit aanvaarbaar geword het om die Universiteit aan die brand te steek en geen optrede teen jou te kry, maar summier geskors word indien jy jou gesig pers verf

Adam ·

Moeilik om te glo dat n geleerde advokaat sulke gemors aan n vooraanstaande universiteit voorgelê het en nog erger is dat hulle dit nou verkoop as die ware feite Vra my volgende keer en julle sal waarde vir julle geld kry

popeye ·

Poekie se fotos is gephotoshop…..dis nie eg nie nooit nie! Gaan aan meisie,hou jou kop hoog altyd! Mim mense kan E=MC (2) verduidelik!

Rupert Ashford ·

Gerrie Nel? Dream on. Hy word deur dieselfde ouens as die advokaat en die universiteitsbestuur betaal.

Luister ·

Ja-nee, die arme personeel kry berading. Nie ‘n woord dat die meisies enige berading of verskoning gekry het nie. Red nou ‘n volk!

WTF ·

“Onafhanklike kommisaris” nogals ewe? Jy kan my omtik met ‘n veer!!!! Ons arme blankes is so pateties.. hoe kan een volk mekaar so te na kom?? En al hierdie twak probeer goed praat? Kyk.. ‘n blinde kan met ‘n stok aanvoel wie daai kastige onafhanklike advokaatjie se rekening betaal het vir haar ou voorbeoordeelde leunagtige verslaggie! Sy het seker gemaak sy kry al hul toekomstige “rassistiese voorvalle” instuksies! Ek wil net weet wat gebeur met daai Tuks student wat op sy facebookblad geskryf het hoe hy witmense haat en hul almal moet doodgeskiet word?? Aangesien Mev Sparrow ‘n R150 000 boete moes betaal en gevorseer was om in openbaar omverdkoning te vra!!!!! ?

John ·

Die crux van die saak is dit: Meisies, moet tog asb nie eens die voordeur oopmaak, as julle ‘n gesigsmasker/skoonheidsroom aan het nie. Dit kan julle duur te staan kom. Dit is veel erger as vir ‘n vrou om sonder haar burka in ‘n moslembuurt op straat te verskyn… veel erger.

Lance ·

Nie almal kan verkeerd wees en so sterk oor die verslag voel nie …renate jou reputasie is nou geskaad en ongelukkig koop mens nie jou reputasie terug met geld nie …mens verdien dit deur eerlike en opregte verslaggewing temidde en tenspyte van wat as populisties en polities korrek beskou word …so gee mens gewig geloofwaardigheid en egte waarde aan jou werk en word mens gesien as iemand met intergriteit wat gesag verdien en kan afdwing ……dit gaan vir wim ook wat so beginsel en rugraatloos voorkom.

jos ·

Dis so maklik soos dit: ‘n advokaat werk vir die een wat hom/haar betaal. Dit is lagwekkend, nes al die ander Wim de Villiers stories. Dink mense nou regtig hulle gaan al hierdie strooi in die verslag in die toekoms toepas.

Pieter van Zyl ·

Soos gewoonlik word alles maar net toe gesmeer onder die naam van onpartydige ondersoek. Watter klug?

Griet ·

En gaan die haan kraai as daar gesigte is wat witgesmeer is? Arme fyngevoeliges!?

Louis Lubbe ·

Die bestuur van die universiteit besuit eers op iemand onafhanklik om die voorval te ondersoek nadat hulle alreeds die meisies skuldig bevind het en toegelaat het dat hulle verguis word. Ek hoop dat almal wie toegelaat het of daaraan aandadig was se gewete hulle sal dwing om die rug graag te he om in die openbaar om verskoning te vra aan die meisies so nie sal julle eendag aftree en terugkyk op een van jul lafhartigste dade in jul memoirs.

Sputnik ·

Beide my pa, twee van my broers en my suster het aan US studeer (my pa baie, baie jare gelede). Wat ‘n wonderlike instansie was dit nie, sonder opstande, toi-toi, klipgooi en brandstigting! Studente was gefokus op die doelwit. Daar is wel opgetree teen oortreders (ek weet van ‘n student wat geskors is omdat hy poedelnakend teen ‘n vlagpaal voor ‘n dameskoshuis probeer opklouter het). Daar was egter nie dié soort van belaglikhede nie. Ek sê altyd, as jy genoeg skuim van die samelewing bymekaar het, het jy moeilikheid.

Daphne Jordaan ·

As n ouers met kinders in o.a. graad 12 en 10 moet ek se dat alhoewel ons in VS bly, gebeure en eensydige besluite soos hierdie gemaak het dat my kind volgende jaar in Pretoria gaan studeer. Ai UV hulle laat kinders in die steek.

Sputnik ·

Daphne, dié belaglike heksejag het by US plaasgevind en nie in die VS of by die UVS nie.

Koos Karoo ·

Die hantering van die persgesig skandaal is simptomaties van die minagting waarmee Wim de Villiers en kie omgaan met die US se sake, insluitende die brutale wyse waarop hy Afrikaans uitgerangeer het as onderrigtaal aan die US. Ek hoop van harte dat Gelyke Kanse se hofgeding oor die taalbeleid hulle tot hul sinne sal bring. Watter kompensasie is daar vir die twee vrouesteudente wat, sonder om hul kant van die saak aan te hoor, deur Smorenburg en kie uit hul koshuisverblyf gesmyt is en vir ‘n week verhoed was om die verblyf waarvoor hulle betaal het, te mag gebruik?

André Badenhorst ·

Vir persgesig whitewash, gebruik Wim. High power Vim is effective against grease dirt and stains, removing germs to leave surfaces clean. WARNING Causes serious eye irritation. Keep out of reach of children. Wear eye protection. Always read label.

se net!!! ·

en wat van die straatkinders wat hulle lywe wit verf???? dis alles siek,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.