Uitspraak dán gelewer oor appèl teen Walus-parool

Limpho Hani by die hof. Foto: ANA

Limpho Hani by die hof. Foto: ANA

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating aangehoor. Walus is die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani.

Regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het nadat sy voorleggings van die departement se regsverteenwoordiger, adv. Marumo Moerane SC, en die ander partye aangehoor het, gesê sy het geleentheid tot Donderdag nodig om haar uitspraak voor te berei.

Walus, wat aanvanklik die doodstraf opgelê is vir die moord op Hani, se aansoek om parool is aanvanklik deur Masutha van die hand gewys. Walus het hierna die hof genader om op parool vrygelaat te word. Die hooggeregshof het op 10 Maart beveel dat Walus binne 14 dae op parool vrygelaat word waarna die minister aangedui het hy wil teen die uitspraak appelleer.

Hani se weduwee, Limpho, het Dinsdag se hofverrigtinge bygewoon en dit duidelik gemaak dat die familie gekant is teen Walus se vrylating aangesien hy nie berou getoon of die rede vir die moord bekend gemaak het nie.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het gesê hulle hoop hul aansoek is suksesvol sodat hul opposisie tot Walus se vrylating op parool in ʼn hoër hof aangehoor kan word.

Lees alle vorige berigte oor Janusz Walus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Peter ·

Hoekom hom nie vrylaat nie. Hy is al meer as 20 jaar in die tronk. Wat van soveel ander politieke gevangenisse Wat vrygelaat moes word en ons moes dit net aanvaar. Wat is die verskil?

Lee ·

Hani se vrou soek net aandag. Build a bridge and get over it. Miskien as hy en Clive begin praat oor wie die opdrag gegee het gaan baie koppe rol. Ek dink nogsteeds iemand het die opdrag gegee. Die ou kan maar nou wragtig uitkom. Moordenaars loop op straat maar dis dalk net omdat hy die verkeerde velkleur het.

marieta ·

ek stem…hier is baie agter die storie….miskien moet sy familie en kaders ook ondersoek word….maar dan ons almal weet hoe maklik mense lieg wat met lieg…bedrieg en krimineel groot word

Piet Piper ·

Wil Mevr Hani nie ook by howe waar wrede plaasmoordenaars verhoor word, haar gewig en gesig bietjie gaan wys ?

m ·

Die hele bohaai is ma net omdat hy wit is. Hoeveel ander moordenaars kry nie borgtog nie en niemand maak enige bohaai daaroor nie.

Marietjie ·

Nelson Mandela was vrygelaat, deur n wit president en hy was soos n koning behandel (streng gesproke n terroris wat die wit mense wou dood maak), Walus het ook sy straf uitgedien, en
verdien om nou in sy huis tot rus te kom. Hanie se vrou klou aan die sensasie wat aan die moord gekoppel was vas.

My opinie ·

Ek stem saam, Marietjie. Terroriste wat bomme geplant het we opdragte vir geweld ter wille van die “struggle” is oncoorwaardelik vrygelaat en het presidente geword. Ander dien vandag in die kabinet en is openlik korrup en hits steeds geweld aan. Waar is die sogenaamde pogungs van versoening van dié uitgelese elite?

Karma ·

Hulle sal hom NOOIT vrylaat nie. Dit gaan lankal nie meer daaroor dat hy daardie kommunis vermoor het nie, maar oor hy van die verkeerde ras in SA is. Walus, sê tog jy is jammer (jy hoef dit nie te bedoel nie). Kyk of ‘n gelieg jou dan nie sal vry kry uit die tronk nie.

Loeis ·

Darby Lewis, sy mede aangeklaagde, is vrygelaat. Dit het ‘n hofuitspraak gekos, maar hy is buite, ten spyte van die geween en gekners op tande.

Walus sal ook vrygelaat word, as ‘n hof dit beveel. As hulle dit nie doen nie, kan dit interessante gevolge he.

Wonder tog net ·

Ek wonder rustig by myself….
Indien Walus dan nou wel “jammer sê” – sooswat daar “jammer gesê” is en word vir voorbedagte kriminele aktiwiteite met verwysing na selfverryking en korrupsie en die verkryging van ‘n +-R270miljoen landgoed – sal alles dan summier in orde wees en vergeef/ vergete word…

marieta ·

maar dan moet hy ook nog bribes betaal ens….. hoekom word die ‘Hanies’ gevra of hy losgelaat moet word……is hulle ook ‘guptas’???….. hoekom kon niemand anders se dat terroriste nie losgelaat moes word nie….. en al die moordenaars wat weer en weer moor…..wie gee ‘toestemming’ dat hulle loskom?….

Theresa B ·

Julle wat so septer swaai……….onthou net. ‘n Saak het twee (2) kante !!!

Scalla ·

Theresa, n saak het 3 kante, myne, joune en die regte kant

Vicus ·

En wat is die ander kant Theresa? Asseblief! Dit is net omdat hy wit is.

cv ·

julle almal verkeerd, hulle is bang hy word die volgende president!!!

Jan maak n Plan ·

En wat gaan gebeur as hierdie hof ook se dat Walusz vrygelaat moet word – gaan tannie Hani haar “toys ook uit haar prame gooi” of gaan sy n vloermoer gooi????? Klomp narre.

alida ·

Ag Maroela hou asb hierdie behepte vrou uit julle koerant. Sy soek aandag!!!

KP ·

Van wanneer af besluit die familie van die vermoorde wanneer die gevangene vrygelaat kan word.

Winston ·

Vandat reëls ignoreer word. Hy moes reeds al op parool vrygelaat gewees het.

Oom Kalahari ·

Dit is darem hartseer om te sien dat ‘n mens na 23jaar nog steeds haatdraend is en nie vrede in jou hart kan maak en berusting vind nie. Mevrou Hani, regtig Mnr Janusz Walus het sy straf regverdig uitgedien in die gemeenskap en is sekerlik geregtig op sy Vryheid. Jy mevrou Hani het baie goed finansieël voordeel getrek uit hierdie politieke spel van die vorige regime en daar was ook mooi na jou gekyk deur die Kaders. Janus skuld niemand enige verdere verduidelikings of om verskoning te vra nie, want hy het sy swyg regte en hou op om soos ‘n parasiet op te tree om in die kollig te wil bly, want niks gaan u man terug bring nie. Mev Hani weet natuurlik dat Janus haar laaste skakel is om in die kollig (Limelight) te bly en sodra Janus vrygelaat word is sy vergete en wil nou hard probeer om die regstelsel te manupileer. Baie politieke figure is al vermoor en nêrens was hierdie tipe van verwagtinge geplaas nie. Hoevele wat onskuldige plaas boere en families vermoor vra omverskoning en sê hoekom hul dit werklik gedoen het? Nee want dit is alles ‘n politieke spel. Mnr Walus ons wens jou voorspoed en sukses toe met jou parool aansoek en jy verdien jou vrylating na jy al die jare jou straf werklik sonder enige voordele werklik uitgedien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.