Uitspraak dan verwag in saak teen Gerhard Ackerman  

Gerhard Ackerman (Foto: Twitter)

Uitspraak in die saak teen Gerhard Ackerman, die man wat teregstaan op aanklag dat hy ʼn netwerk bedryf het vir die seksuele uitbuiting van kinders, word in April verwag.

Slotbetoë in die saak teen Ackerman, wat op meer as 700 aanklagte teregstaan, is gister in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor. Die saak is tot 18 April uitgestel vir uitspraak.

Ackerman staan onder meer tereg op aanklag van verkragting, die verspreiding van kinderpornografie, mensehandel en seksuele aanranding.

Tydens die verhoor het Ackerman aangevoer dat hy ʼn masseersalon bedryf het en tienerseuns ouer as 16 opgelei is en behandelings sou gee wat met seksuele dade sou eindig. Volgens Ackerman het hy nie gedink hy doen iets verkeerd nie aangesien 16 die wettige ouderdom is om toestemming vir seks te gee.

Die staat voer egter aan dat Ackerman die tienerseuns aan volwasse mans uitgehuur het om seksuele dade teen ʼn fooi uit te voer, dat baie van die seuns jonger as 16 was en dat hulle nie toestemming vir Ackerman gegee het nie.

Daar word verder aangevoer dat die beskuldigde seuns gewerf het, hulle geakkommodeer het en aan verskeie kliënte verkoop het. Hy het die seuns glo mislei en sy mag misbruik om hul kwesbaarheid uit te buit.

Volgens die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA), wat die verhoor bygewoon het, het Ackerman aangevoer dat hy nie ʼn misdaad gepleeg het deur met van die seuns seks te hê nie aangesien hy gedink het hulle is ouer as 16 en ontken hy dus dat hy hulle verkrag het. Die staat het egter aangevoer dat daar bewyse was dat van die seuns jonger as 16 was maar dat Ackerman dit geïgnoreer het.

Rakende die aanklag van kinderpornografie het die staat aangevoer dat Ackerman ʼn groot rol gespeel het in die vervaardiging van die materiaal deur vir die seuns te sê wat om te doen. Adv. Paul Kennedy, wat saam met Ackerman aangekla is maar sy eie lewe geneem het voor die aanvang van die verhoor, was glo die hoofkliënt vir die pornografie en het glo Ackerman daarvoor betaal.

Ackerman is op 29 Januarie weer in hegtenis geneem kort nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is nadat hy nie vir sy hofsaak opgedaag het nie.

Ackerman is in 2021 deur die Johannesburgse landdroshof borgtog van R6 000 toegestaan op voorwaarde dat hy hom daagliks by die naaste polisiestasie aanmeld, nie Gauteng mag verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie, en nie toegelaat word om in besit van ʼn skootrekenaar of selfoon te wees om toegang tot die internet te verkry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Janine ·

Walglik! Hoe kan enige normale persoon aanneem dit is aanvaarbaar om kinders so te misbruik? Ons samelewing is besig om in ‘n vrot put te verval.

Nicholaas ·

Nou gaan hy betaal met die lyf na 5 in die tronkselle, hy gaan nou dubbel en dwars terug betaal wat hy aan ander gedoen het.

Renier ·

Laat hom eerder suffer in die selle,die dood is n uitweg vir hom,soos sy klient Paul.

Axel ·

Sieker kan jy nie kry nie! Mag jy ‘n goeie tydjie ervaar in jou nuwe nuwe Oranje tuin oorjassie.

Yolandie ·

Dis om aan naar te word. Mens kan jou dit net nie indink dat daar sulke siek mense in hierdie wereld bestaan nie. Hy behoort nie eers lewenslank te kry nie want dan sit hy op belastingbetalers se rekening en eet elke aand ‘n bord kos in die tronk en slaap in ‘n bed. Verder kan hy gratis studeer…….you name it – ja dis reg tronke is al lankal nie meer ‘n plek van straf nie. Die mense het nog die reg om te stem ook.!!!

Koos 100 ·

Maritza, ja ons almal voel so, maar nee asb nie nou nie. Wil jy werklik die huidige regering vertrou om oor lewe en dood te besluit?

bolletjie blom ·

Een siek mal mens. Al hierdie walglike goed wat jy die kinders laat doen het gaan terug kom na jou. Jy gaan dit net in ‘n baie erger manier in die tronk ervaar.

melaney ·

Ek sal baie graag die een wil wees wat die tronksel agter hom toesluit. Gee my net die sleutel. Kan nie belowe ek sal die sleutel êrens gaan ophang nie. Dalk sweis ek die slot ook toe voordat ek wegstap.

Koeksuster ·

Suid-Afrika se eie Jeffrey Epstein..?
Sy “kliënte” moet ook vervolg word. Daar is beslis meer (skuldiges) agter die storie as net hierdie man alleen.

Leon ·

Hoop van harte hy moet sy vonnis by leeukop gevangenis uitdien. Daar wag mede prisioniers met n glimlag en ope arms vir hom

Sandra ·

Glibberige vent die. Maak of hy nie geweet het hulle is onder ouderdom nie. As hulle was of nie, dit gee geen mens die reg om ‘n ander teen hulle sin te verkoop aan ander, of om hulle uit te verhuur vir seksuele dade nie. Ek hoop die tronk verloor die sleutel van sy hok as hulle hom opsluit. Hy gaan nie ‘n goeie tyd daar he in elk geval nie, want sulke dade word nie deur die ander gevangenes goedgekeur nie.

Mariaan ·

Absoluut skokkend…ons wette te slap met die tipe goed..niks word gevrees…straf vir die tipe skokkende goed moet so swaar wees dat mense dit nie eers sal waag om sulke walglike goed te doen nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.