Uitspraak gelewer in Kampsbaai-moordsaak

Diego Novella in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: ANA/Cindy Waxa

Die Guatemalaanse man Diego Novella is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind vir die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Kabrins Alban.

“Daar is by my geen twyfel dat die beskuldigde se weergawe verwerp moet word nie. Na my mening het die staat bo alle redelike twyfel bewys dat die beskuldigde die oorledene [Alban] vermoor het. Die beskuldigde word hiermee skuldig bevind,” het regter Vincent Saldanha in die hof gesê.

Novella is in hegtenis geneem in verband met Alban se moord nadat haar liggaam op 29 Julie 2015 aangetref is in ʼn kamer wat hulle by ʼn luukse hotel in Kampsbaai gedeel het. Sy is verwurg en met ʼn stomp voorwerp geslaan.

Saldanha het Donderdag gevra dat mense wat sensitief is vir ʼn grafiese beskrywing van die misdaadtoneel en die toestand waarin Alban se liggaam aangetref is, die hof moet verlaat. Alban se familie het onmiddellik opgestaan en uitgestap.

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Saldanha het daarna voortgegaan om sy uitspraak te lewer. Alban se gesig was met skyfies en ontlasting bedek toe sy gevind is. ʼn Nota is op haar liggaam gelos met die Spaanse woord “cerote” daarop geskribbel – dit beteken stuk gemors.

Die nadoodse ondersoek het aangedui dat Alban veelvuldige beserings in die brutale aanranding opgedoen het. Volgens forensiese kenners het dit daartoe gelei dat dit moeilik was om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel.

Saldanha het gesê hy is oortuig dat Novella ten tyde van die moord daartoe in staat was om tussen reg en verkeerd te onderskei.

Novella het tydens die verhoor beweer hy was deur demone besete en in ʼn abnormale geestestoestand omdat hy voor die aanval middels geneem het. Hy het ook in die hof beweer sy vriendin het in ʼn demoon verander en hom die oggend van die moord begin aanval.

Saldanha het hierdie weergawes verwerp en gesê Novella het presies geweet wat hy doen.

Lees alle vorige berigte oor Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stem 100% ·

Stem 100%, ek is ook siek & sat vir moordenaars wat ons land kies vir hul bisarre moorde. Ek stem ook 100% oor Regter Saldanha, goeie werk, gebaseer op feite. Niks sal haar terugbring, maar ten minste sal dit tog afsluiting bring sowel as herhaling van die misdaad keer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan ons nou vir die regering van Guatamala en die VSA rekeninge stuur vir die regskoste, ondersoeke, hospitalisasie, psigiatriese evaluasie en trunk uitgawes wat hierdie twee individue die belastingbetaler kos, of gaan ons hom ook nou in die tronk onderhou vir die volgende 25 jaar teen R140/dag?

Abe ·

Gemaskerde sopbeen,
Daar is internasionale protokol in plek wat sulke sake reguleer. Ons besluit nie sommer stuur n rekening nie.

Tammy ·

Is dit regtig R140 per dag om iemand in die tronk te hou? Genugtig dit is vreeslik baie geld. R4200 per maand van 30 dae en R51 100 per jaar. Nee raak ontslae van hulle, al klink dit hoe sleg, hulle wat so toegesluit word is buitendien niks werd vir die samelewing nie. Anders moet hulle gebruik word om ons paaie reg te maak en handearbeid te doen om hulle skade terug te betaal. As dit so n ernstige geval is waar die gevangene vir niks gebruik kan word die , soos byvoorbeeld n moordenaar…… dan weet ons almal wat die volgende stap vir hom is. Dit sal midaad tot die absolute minimum beperk want hulle sal weet wat om te verwag!

Nettie ·

@Tammy – ek stem! En om te dink dat in seker gevangenisse in die VSA word gevangenes vir $1.00 per dag aangehou. Dáár is hul lewens nie ‘n ‘luxury’ met lugversorging, goeie beddegoed, goeie kos, mediese sorg ens. nie. Hulle kos is maar ‘n vervelige “slop” van brood en sop, sop en brood, “corn” en “meatballs”. By sommige tronke gaan die gevangenes uit in “chain-gangs” waar hulle strate vee, langs nasionale paaie skoffel en vuillis optel, gate kap vir pale om geplant te word ens, ens. ens., opgepas deur opgeleide wagte met outomatiese vuurwapens, wat die wet neerlê, geen twak vat nie en nie sal huiwer om te skiet as dit nodig is nie.

Hulle is nie soos SA gevangenes (ek praat nie van verhoorafwagtendes wat hordes in ‘n sel aangehou word nie) wat toegang het tot TV, selfs Dstv, ontkleedansers, heerlike voedende maaltye, warm klere, lugversorgde enkel-selle, toegang tot internet en studie materiaal ens. ens. nie. En dit alles op die belastingbetaler se onkoste!

kas ·

Hallo Nettie,dit lyk vir my jy was al daar as jy hierdie gevangenisse so goed ken.

marous ·

Na vonnis gaan hulle aansoek doen dat hy in ‘n hospitaal aangehou moet word hangende appel . Hou maar dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.