Uitspraak gelewer in Oscar-appèlaansoek

Regter Thokozile Masipa. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Regter Thokozile Masipa. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Regter Thokozile Masipa het Vrydag uitspraak gelewer in die staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis.

“Ek is nie oortuig dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom nie,” het Masipa gesê voor sy die aansoek met koste van die hand gewys het.

Die staat het versoek dat die 29-jarige voormalige Paralimpiese atleet swaarder gevonnis word vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria. Pistorius is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar die skuldigbevinding is later na moord omgekeer.

In Julie vanjaar het Masipa Pistorius tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Masipa het tydens die vonnisoplegging gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie en dat dit onwaarskynlik is dat hy weer ʼn oortreding sal begaan.

Oscar Pistorius op 15 Junie in die hof. Foto: eNCA

Oscar Pistorius op 15 Junie in die hof. Foto: eNCA

Die staat het vroeër Vrydag aangevoer die hof het fouteer deur te bevind dat lang tronkstraf nie geregtigheid tot gevolg sal hê in Pistorius se geval nie. Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het gesê die hof moes meer klem geplaas het op die voorsienbare gevolge van Pistorius se dade en die dolus eventualis-aspek in die saak. Volgens Nel moes Pistorius geweet het indien hy vier skote deur die toiletdeur skiet, sal dit waarskynlik of selfs voor die hand liggend wees dat hy die persoon agter die deur sal doodskiet.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het in antwoord op Nel se betoog gesê hy beskou dit as ʼn belediging teenoor die hof dat die staat meen die hof het fouteer in sy uitspraak. “Die staat is bevooroordeeld teenoor die beskuldigde,” het Roux gesê. “Deur te sê die beskuldigde het ʼn ‘mate van spyt’ oor sy optrede terwyl Pistorius erg gehuil het en duidelik gebroke was, wys net die staat se vooroordeel.”

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Yvonne ·

ASB kan ons nou net klaar kry met die Oscar stories, hoe minder ek nou van hom hoor hoe beter

Paul Jhb ·

Ek stem saam. As die staat net dieselfde entoesiasme kon wys met gewone misdaad en vervolging, sou ons seker wonderlik geleef het! Gerrie Nel is besig met ‘n persoonlike vendetta en “power trip”. Kan jy nou net op hou!

Griet ·

Kan die stomme Gerrie Nel nie nou maar net terugklim in sy hok en al die betrokke partye in die sage kans gee om met ‘n helingsproses proses vordering te maak nie. Ek dink Reeva se ouers moet, elke keer as hierdie sensasie soekende aanklaer ‘n draai in die hof gemaak het vir nog ‘n strofe van SY sage, weer al die seer en verlange van voor af probeer verwerk……..

Franna ·

Gerrie is allermins ‘n sensasiesoeker. Hy wil net graag reg en geregtigheid laat geskied in ‘n moordsaak. Die regter in hierdie saak was duidelik nie opgewasse vir die taak nie. Sy het bitter min ondervinding. Sy het ongelooflik baie foute in haar uitspraak gemaak. Hy word deur die staat ‘n salaris betaal. Dit help nie om hom persoonlik aan te val nie. As dit iemand na aan jou/julle was wat vermoor is dan praat ons weer.

Piet Snot ·

Franna, jy’s 100% reg.
Tog is ek bly oor hierdie beslissing. Die proses moet nou daar gelaat word.

Piet Snot ·

Franna, jy’s 100% reg.
Tog is ek bly oor hierdie beslissing. Die proses moet nou daar gelaat word.

Marthie P ·

Ek stem, gun al die betrokke partye nou kans om te genees.

KarooKlong ·

Jeeeeee..haaaaaaaaa ons gaan nou eers weer oor ses jaar hiervan hoor. Dankie tog.

alet ·

dankie tog,nou kan almal bietjie op ander gebeure fokus,los asb nou vir Oscar uit en gaan aan met jul eie lewens

Ian ·

Kan hierdie Gerrie net karaktertjie asb nou van sy perdjie afklim? Daar is belangriker sake om aan te werk soos Zuma se korrupsie klagtes. Toe Gerrietjie, spring aan die werk en hou op aandag soek soos n stout kind.

Marlien ·

Kan almal nou asb met hulle lewe aangaan. Daar is baie onopgeloste moorde.

Kobus ·

Van wat ek verstaan, het die regter nou, ook soos met haar hiersiende uitspraak van 6 jaar tronkstraf, toe sy by die minimum van 15 jaar moes begin het, enigsins uitsluitsel gegee hoe sy toe by daardie 6 jaar uitgekom het nie, het sy nou ook geen redes verskaf nie, sy het net Nel se aansoek afgeskiet, buiten vir daardie paar woorde. Sy is self veranwoordelik vir Nel se ongelukkigheid. So my voorspelling is dat Nel nog nie nader aan ‘n antwoord gekom het nie en hy gaan verseker die saak nie net hier los nie.

Die probleem is die regter wat haar nie toé wou verbind om enigsins te beduie hoe sy by daardie 6 jaar uitspraak gekom het nie, so wil sy haar ook nie nou verbind om te beduie hoekom Nel se versoek geweier word nie. Dus gee sy net elke keer geen redes nie.

Hendrik ·

Ag regtig Kobus. Kry ‘n lewe. Genoeg is genoeg. Ek kan eerlik nie dink aan enige ander saak waar die staat so verpestelik aanhoudend aangaan op die selfde trant nie. Gerrie Nel en jy moet nou regtig oor dit kom.

Louis ·

Jammer Hendrik maar ek moet ongelukkig met Kobus saam stem. Die regter versuim haar pligte. Sy het dit al op die eerste rondte gedoen toe sy besluit het op manslag…. nou weer. So ek het my bedenking of die saak sal gaan le ten spyte van die wekroep van sommige dat alles tot ruste moet kom

Kobus ·

Louis, die regter het net haar voet nou al dieper daarin gesit. Dit lyk of sy halstarrig is. As Nel na dese direk Appelhof toe gaan en die uitspraak word daar verander, dink nou net met wat se eier op haar gesig sy gaan sit. (En natuurlik is Sandra hier onder korrek, dit gaan oor baie, baie meer as Oscar. Ek twyfel of die regter dit besef.)

Gironki ·

Kobus, ek stem saam met jou. Regter Masipa se vooroordeel jeens Oscar Pistorius is ooglopend. En die feit dat haar eerste bevinding van manslag deur die appelhof omgekeer en na ‘n klag van moord verander is, het haar net nog meer vasbeslote gemaak om nie in te gee nie. Sy is duidelik nie opgewasse vir die taak nie. Indien sy toestemming gegee het aan Gerrie Nel om wel die vonnis weer op appel te neem na ‘n ander hof, wat bes moontlik ook teen haar vonnis van 6 jaar sou beslis, sou dit haar in ‘n slegte lig gestel het. Solank sy die besluite moet neem, het Gerrie Nel-hulle nie ‘n kat se kans nie.

Pieter ·

Dankie vir regters soos regter Masipa wat nie soos ander net wil verguis nie. Oscar is nog ‘n kind wat reeds alles verloor het en min vooruitsigde het om ooit weer ‘n normale lewe te ly. Hy het ‘n lewe geneem, maar daar is soveel onbeantwoorde vrae wat nou met rus gelaat moet word. Afleidings is nie genoeg om hom dalk onverdiend verder te wil straf nie. Wil net sê ek het ook ‘n dogter, en weet nie hoe ek sou voel as so iets met haar gebeur het nie, maar ek weet ook niemand is volmaak nie en die oordeel kom ons nie toe nie – laat ons berus by die billike regstelsel, en liewer na ons eie lewens en optredes kyk.

Sarie ·

‘n Wors het 2 ente & ‘n saak het 2 kante… Ek het self 4 kinders, waarvan die jongste 44 is. Ek het pàs ‘n agterkleindogter op ‘n onnatuurlike wyse verloor. Èk glo, Oscar is noual deur genoeg tystering & vernedering. Sý lewe was sedert geboorte ‘n stryd & dit sal vererger met die jare… Hy het nie meer veel om voor te leef nie & tòg kry “diè hond wat rèèds lê”, kort-kort ‘n sydelingse skop, of ‘n dwarshou teen die kop!” Reeva se ouers is in pyn, maar sý het genadiglik gèèn pyn nie. Die Pistorius famlie is òòk in pyn & Oscar, sal vir die res van sý lewe herrinner word aan die afgryslike gebeure; & nèt sodra daar ‘n effense rofie oor daardie wond wil-wil vorm, rùk Gerrie Nel dit weer af. Hý wil ten àlle koste as die wenner uit die stryd tree… Règ & geregtigheid is niè hier ter sprake nie; eerder ‘n soort van ‘n vendetta… Nìks kan dit wat gebeur het, ongedaan maak nie.. Laat diè aangeleentheid nou in die hande van ons Vader, sodat HÝ, die finale woord kan spreek…

Ronel ·

Orcar is al 29 en lank nie meer n kind nie. Sy lengte het niks met sy ouderdom of sy brein te doen nie.

erica ·

nou kan ou gerrie n vakansie vat en aandag aan ander sake gee.sterkte oscar ons dink aan jou.

Diana Moolman ·

Jipeee. Genoeg is genoeg!!! Nou kan Gerrie Nel dalk meer aandag aan ander sake gee.

Bloues ·

So gedink ja. Eers verkeerde vonnis, Toe word sy reggehelp, en nou weer loop sy terug op die ou spoor. Onbevoeg sou ek sê.

Celia ·

Nee sy is nie onbevoeg nie! Sy is n MENS.
Nel is besig met net een ding en dis n heksejag in sy eie belang.
Was daar al ooit iemand in SA so uitmekaar geskeur en geslag soos Oscar. En ja mag die regter dit nou stopsit!
Nie elkeen wat n sneller trek is n moordenaar nie! Net God weet die waarheid wat daar gebeur het en as daar iets is wat moet stop is dit mense se oordeel- dis genoeg. Hoekom glo die meeste mense net alles voor die voet wat opgedis word?
Oscar is nie n moordenaar nie. Punt.
En ek wil byvoeg: Die Steenkamps- hul doen hul eie dogter meer oneer aan as enigiets. Dis so duidelik soos daglig hul het hul bron van inkomste verloor! Waar is die res van hul ander kinders?
Intussen loop daar n regte moordenaar rond daar buite- drie mense met n byl dood gekap en een vir dood agtergelaat. Sidder eerder hieroor.

Carel ·

Ek sou ook verkies dat hy n baie swaarder straf opgelê word. Ons weet almal dat hy presies geweet het wat hy doen toe hy die sneller ‘n paar keer gedruk het

Anoniem ·

Ek stem Carel…Hy moes swaarder gestraf word….Ek gaan n voorspelling maak en ek gaan gekruisig word hiervoor…Hy gaan dit weer doen……………………….

wringer ·

Anoniem, ek is beslis nie ‘n Oscar-aanhanger nie, maar ek dink jy gaan te ver. Gaan jou ook nie ‘kruisig’ nie, net vra wat jou spesialis-kwalifikasies in die betrokke verband is en indien geen, alternatiewelik of jy ‘n ‘siener’ is. Of dalk die ‘anonieme’ alter ego van Gerrie Nel?

Francois ·

Ek is so bly dit is finaal opgelos, Hoop Gerrie Nel gaan hom met beter dade bemoei en wie moet nou die onnodige koste dra ? belastingbetaler !!!

Regverdig ·

Dalk moet Gerrie hom direk tot die Appelhof wend vir regverdigheid !

E ·

Gaan maak liefs ń draai by Nkandla en kyk of jul iets daar uitgerig kan kry.

Johan ·

Net ‘n mors van geld – wie betaal vir al die regskostes??? Gerrie Nel is so bang die mense vergeet van hom – hy sal aanhou en aanhou – om almal kort-kort te herinner dat hy bestaan en sy naam in die pers sien –

Loeis ·

Adv Roux redeneer dat dit ‘n belediging vir die hof is om te se dat die hof in sy uitspraak gefouteer het. Ek wil graag die slim mannetjie daaraan herinner dat ‘n vol bank regters reeds presies dit bevind het met verwysing na Regter Masipa se aanvanklike skuldigbevinding van Oscar aan manslag.

Oscar kon homself al sy besittings en bietjie verdriet gespaar het as hy van die begin af skuldig gepleit het op die moord aanklag, verskoning gevra het vir sy optrede daardie aand en sy straf begin uitdien het.

Sandra van der Merwe ·

Ek weet almal is nou al keelvol vir hierdie saak, maar Gerrie Nel baklei vir ‘n baie goeie rede. Hierdie saak se lae vonnis het ‘n groot “president” in die regstelsel geskep. Toe die “closing arguments” aan die gang was, het Gerrie Nel verwys na vorige sake wat min of meer in dieselfde katagorie gepas het as die Oscar saak, en die hoeveelheid tronkstraf die kriminele opgele is. Nou is Oscar se tronkstraf 6 jaar en dit moes 15 gewees het. Nou kan enige advokaat die saak as ‘n voorbeeld gebruik om vir sy klient ‘n ligter tronk straf te kry, maak nie saak hoe ernstig dis is nie. Dit is die rede hoekom Gerrie Nel nog so baklei. Hy probeer vermy dat moordenaars nie ligter daarvan sal afkom agv die vonnis in hierdie saak nie. “There is reason for the madness”. Gerrie Nel baklei nie vir sy eie “pride” nie hy baklei vir elke suid Afrikaner sodat ander kriminele nie vinniger op die strate terug kan kom nie.

Nel ·

Dankie Sandra, jy slaan die spyker op die kop. Vir die res wat aanvoer dat Gerrie Nel hom by Nkandla en ander sake moet bepaal. Dis sake wat nie aan hom gegee is om aan te werk nie, ten minste is hier ‘n staatsamptenaar wat nog sy werk doen. Ons loop almal , elke dag, en kla dat mense tog net hul werk deeglik moet doen. Hier is iemand wat sy werk deeglik doen en die ‘agterplaas’ regters kla daaroor. Nee wat, skoenmaker hou jou by jou lees.

Pieter Ruthven ·

Gerrie Nel laat my aan die ou Columbo speurder dink, veral as hy die brilletjie so afhaal en byt.
Genoeg is genoeg, hy kan nou maar sy aandag beter aanwend, daar is belangrike probleme in ons land wat aandag moet kry.

Karma ·

@Liew heksie (êrens hierbo) – hoekom gaan kruip jy nie eerder agter jou groot hoed weg nie? Sandra is heeltemal korrek oor die presedent wat hierdie saak geskep het en die verwysings wat gemaak is in die sluit-betoë oor soortgelyke sake wat tot veel swaarder strawwe gelei het. Ek sê weer (Maroela plaas mos nie mens se kommentaar as jy sekere woorde gebruik nie): ek het nie in die minste gedink dat Regter Masipa sou teruggaan op haar vonnisopleggingsbesluit nie. Dit sou wees asof sy haar fout erken en sy haarself oor die vingers tik nadat ‘n volbank Appèlhof regters haar reeds tereggewys het oor haar manslag-skuldigbevinding en dit omgedraai het na moord. Ek sou dink dat die Appèlhof die appèl-op-vonnis na ‘n ander regter sou verwys, wat dalk meer neutraal sou wees as Masipa. Maar ja, dit is ook tyd dat die saak nou laat gaan word – Gerrie Nel het sy 15 minutes of fame (meer as dit!) gehad en moet nou ander sake aanneem. OP moet sy gevangenisstraf uitdien en Huisgenoot moet ophou op die saak uit te buit vir sensasie.

Bloues ·

Watter pad kan daar nog geloop word om regverdigheid hier te kry. Ek kan nie verstaan hoekom die vrou vir Oscar so beskerm nie. Iets klink nie reg nie.

Koos ·

Dankie tog. Nou is ons verlos van hierdie nikseggende storie

Lelani ·

Ag dankie tog is nie weer lus vir snot en trane nie!!! Gerrie neem asb nou ander sake aan soos bv Zuma en kie!!!

Klaas ·

Julle almal wat Gerrie so afskiet wat sou julle gse het as dit julle dogter was? Ons almal sal rus as oscar net die waarheid praat.

Anoniem ·

Ja nee, Gerrie Nel is nou die skurk in die verhaal omdat hy ‘n regverdige vonnis wil kry.

Niemand se iets teen Barry Roux nie, die man is ‘n engeltjie. Hy probeer ‘n skuldige man uit die tronk hou, maar Gerrie Nel is nou verkeerd omdat die mense nou “genoeg” van die storie gehoor het.

Thea Gerber ·

Klaas hoekom kan jy nie ‘rus’ nie? Is jy naby familie? Ek weet ook nie die ‘waarheid’ oor die hofsaak nie, en ek is rustig. Slaap soos ‘n klip in die nag. Nuuskurigheid is blykbaar nie net ‘n vroueprobleem nie. Wees rustig as jy nie betrokke is nie

Sandra van der Merwe ·

Wat Gerrie Nel doen op hierdie stadium is baie belangrik. Daar is nou ‘n “president” in die “regstelsel” geskep. In die “closing arguments” het hy terugverwys na vorige sake. Dit is baie belangrik vir die vonnis oplegging. Hy het verwys na min of meer dieselfde tipe sake en die vonnise wat opgele is en die hoeveelheid tronkstraf die kriminele gekry het. Die feit dat Oscar slegs 6 jaar in pleks van 15 gekry het, kan die advokate nou terug verwys na die saak om vir hulle kliente laer vonnise te kry. Dit beteken die kriminele kom baie vining terug op straat. Hierdie is baie ernstig en DIS waarvoor hy baklei, nie vir sy eie ego nie. Ek dink mens moet baie trots wees dat daar nog iemand in ons staat regstelsel het wat sulke goeie werk oplewer om mense wat dit verdien van die straat af te kry.

Henk ·

Dankie Sandra jy is die enigste een wat die saak in perspektief sien.

kokkie ·

Bring die doodstraf terug dan sal die probleme opgelos word

Alida ·

Hoekom probeer jy nie die doodstraf terugbring nie. Jy weet mos dit sal nie gebeur nie!

Johanna ·

In hierdie land is ons vreeslik “star struck”. Omdat Oscar op ‘n stadium glorie beleef het, moet hy nou ligter van moord afkom as ander. Hy was altyd maar ‘n outjie met ‘n humeur en grootheidswaan. Ek sou ook wou sien dat sy kierings vir 15 jaar ipv 6 jaar braai. Maar gaan 6 jaar hom van sy houding genees en gaan hy leer wat regte berou is? Nie die show met trane en al wat vir die kameras opgesit is nie. Hy gaan in elk geval nie volle 6 jaar sit voor ons hom buite gaan sien.

Alta O'Kelly ·

Ek stem saam met Sandra van der Merwe. Dit gaan nie oor Oscar nie, dit gaan oor geregtigheid. Ons land sit alreeds met soveel moord en doodslag, en hierdie uitspraak maak maar net dat alle moordenaars nou op dieselfde meriete beoordeel moet word. So Hoera baie meer moordenaars wat op vrye voet gaan beweeg.

Lynni ·

As dit nie vir Oscar was nie het niemand van Gerrie Nel geweet nie. En terloops ek het ook nog nooit van Reeva gehoor terwyl sy gelewe het nie. Oscar het die mense bekend gemaak.

Jean Oliver ·

With regards to Oscar Pistorius I believe that the case should rest and people need to move on with their lives. I agree with the Judge Masipa and Oscar defence attorney. He is a broken man he has nothing do not push him down further he is paying his debt to society.

Daan ·

Gerrie Nel is magsbehep. of dalk het hy ‘n minderwaardige gevoel. Hy kry, of het nou al die aandag gekry en sal poog om so lank moontlik daarmee aan te gaan om in die kalklig te kan bly. Hy gee nie om op wie hy trap nie solank hy die krediet kry. Is hy nie dalk ook besig om Oscar so af te breek nie, dat geen genesing by hom kan plaasvind nie en as hy uit die tronk kom, dalk ‘n groter krimeneel sal wees.

Niks kan Reeva terugbring nie, wat nou oorbly is wat die Bybel ons leer, Vergewe en vergeet. Die Bbel stel dit baie duidelik as jy dit nie den nie sal jy nie die poorte van die Hemel sien nie. Kom ons vergewe vir Oscar wat hy gedoen het, of jy 1 jaar of 50 jaar sit, dit sal nie Reeva terugbring of hartseer in die families verander nie. Om die las met jou saam te dra en haat in jou te hê, maak jy net die lewe vir jouself sleg, vergewe die mense, vergeet daarvan en sien vir ‘n slag die mooi in die lewe raak. Haat en vergelding gaan jou nêrens bring nie.

Johan ·

Die mense wat Gerrie Nel so aanval kry eers tog asb julle feite agtermekaar. Gerrie Nel tree op in opdrag van die Nasionale Vervolgings Gesag – hy doen dit nie uit eie inisiatief nie. Gerrie Nel is uiters bekwaam as staatsaanklaer en hy moes lankal as n regter op die regbank opgetree het.

Gerrie Nel se kennis van die REG is ongelooflik goed en hy het dit onteenseglik bewys toe hy die Appelhof oortuig het met sy vertoee dat Oscar inderdaad skuldig bevind moet word aan moord en nie Strafbare manslag nie – seer sekerlik n klap in die gesig van Regter Masipa. En ons het nog nie die laaste gehoor van Gerrie Nel in Oscar se saak nie

Wilma Visser ·

Net soos Gerrie Nel namens ander optree, so tree regter Masipa ook op, het sy nie ook ‘n groepie wat sy moet gaan sien om die bevinding te kan oorweeg nie? ek ken nie die stelsel nie…

Ronel Steenkamp ·

Wie is ons as mense om ander te oordeel? Hou tog net op. God slaap nie!

Martie ·

Ek kan wragtag nie GLO daar is mense wat se Gerrie is besig met n persoonlike vedetta nie, liewe aarde..!!! Die man het n koelnloedige MOORD gepleeg en moet daarvoor GESTRAF word, moord BLY moord al is jy n bekende paraplegiese atleet…Gerrie ons is duisende wat agter jou staan ….jy is nou die enigste stem vir Reeva…!!!! (asseblief)…!!!!!!!!

M'Lady ·

Oppas wat jy se Martie. Daar is geen bewys dat hy koelbloedige moord gepleeg het soos jy beweer nie.
Wat mense nie verstaan nie is dat daar heelwat versagtende omstandighede was. Koelbloedig volgens my beskeie mening is waar die moord beplan en uitgevoer is sonder enige emosie deur n geharde misdadiger wat geen berou toon nie. Dit was nie so in Oscar se geval nie. Gaan nou asseblief aan met julle lewens. Die saak moes nooit op TV gewees het nie.

Nico ·

Hopenlik kom Gerrie oor sy klein-mannetjie-sindroom, en kan ons nou die betrokkenes in beide families kans gee om tot berusting te kom.

Cara ·

Wie is ons om ander te veroordeel? Ja, dis nou genoeg van die Oscar storie. Soos meeste mense aangaan sal mens sweer hy is die HEEL EERSTE person wat n moord gepleeg het. Ag kom nou, hoeveel ander misdadigers wat natuurlik moord gepleeg het, het net n skrale 2jaar vonnis uitgedien nie, maar ek hoor niemaand skreeu hul moet terug gaan nie. Almal kan maar rerig net vir Oscar en Reeva se familie kans gee om oor dit dit kom. En 6jaar is n lang tyd indien jul dit nie weet nie……

jaco ·

Ek verstaan nie hierdie saak nie. Die NVG behoort aan die Staat, Gerrie Nel werk vir die Staat en die regter werk vir die Staat. Maar die NVG en Nel het die regter se aanvanklike uitsprake gekritiseer en selfs daarteen geappeleer. Dan kom die ras ding ook nog by: Nel is n wit Afrikaanse man en hy kritiseer die swart regter. En dan kom hy nog weg ook daarmee. As ek regter Masipa was, het ek hom lankal van rassisme aangekla.

Daan ·

Hene Jaco, nog nooit so daaraan gedink nie. Kom ons kyk positief, ras maak nie meer daar saak nie, dit gaan oor die mens, so een plek waar daar nie rasisme is nie

Alida ·

Kan die Gerrie Nel “bewonderaars” nou asseblief tot ruste kom. GROOT ASB.

Johannes ·

Ek stem ook saam met Sandra van der Merwe. Sy beskik oor die nodige perspektief en het goeie insig oor die regsimplikasies van die Regter se besluit. Dit klink vir my asof almal wat die saak nou tot ruste wil laat kom die saak soos ‘n sepie gevolg het, en hulle is nou moeg vir hierdie sepie. Van die kommentare is uiters platvloers en beledigend, sonder enige sinvolle beredenerings. Hierdie tipe kommentare dra niks by tot die gesprek nie, maar dit spreek boekdele van die mense wat dit geskryf het. Dis jammer, maar ons sal seker maar altyd hierdie tipe mense tussen ons he. Dis mos maar die lewe, ne! En vir Gerrie wil ek net se, vat dit maar van wie dit kom. Gelukkig is daar darem ook ordentlike, opgevoede mense wat nie ‘n ander mens van wie hulle verskil, se persoon aanval nie. Dit is ‘n teken van ‘n swak karakter. Sterkte met wat jy ookal besluit om nou te doen

Alida ·

MM sluit asb die kommentare af. Genoeg gehad van GN en Oscar. Die mense is behep met die saak. Berig eerder oor Pravin se saak wat in ons almal se belang is.

Columbiana ·

Die enigste Oscar waarvan ons nou wil hoor:
1. Oscar die goue beeldjie
2. Oscar van Oscar en Knersis.
Verban asseblief alle stories oor Oscar Pistorius, die Pistorius clan ens.
Asb tog genoeg is genoeg

Rynhardt ·

Gerrie Nel het soos n besetene aangegaan in Oscar-sepie wat Days of our Lives en die patetiese 7de Laan oortref!Nel wou vir almal wys hoe “tough guy” hy is.Nel,ek het n uitdaging vir jou!Vat Zuma en sy trawante aan,dan kan jy vir land en wereld wys hoe “tough guy” jy werklik is.Dalk bied Hollywood jou n kontrak aan om die nuwe superheld te wees van wereld!!

Pieta ·

Ai, waar is die doodstraf tog! Die vonnis is myns insiens ‘n klap in die besig van geregtigheid, en ons kan niks sê of doen nie, dan is ons skuldig aan minagting van die hof. Hier word geregtigheid verkrag, maar ons moet stilbly as die hof dit doen! Gevoelens moenie hoër geag word as geregtigheid nie.
“Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.
LEVITIKUS 19:15 AFR83

Johanna Botha ·

Columbiana jy kry n Oscar vir daardie ene …dit regtig geniet

Anette ·

Gerrie Nel het met wat tot sy beskikking was n wonderwerk verrig. In my beskeie opinie was Regter Masipa van die begin af amper onnatuurlik simpatiek met Oscar en kan ek nou nog nie glo dat sekere feite en getuies sommer uitgegooi is nie. ALMAL kan tog nie jok/die waarheid verdraai nie en om watter rede? Nee Adv Gerrie byt vas en veg voort iewers is iets baie verkeerd.

Kobus ·

Ek stem, in hierdie land moet jy jou vingernaels tot in die lewe in veg voor geregtigheid geskied. Daar is omtrent nie een saak wat nie in die hoogste hof opeindig nie. dit is proses na proses, dit is nimmereindigende sepies. Geen konsekwentheid nie, die een hoofman of kaptein het selfoon verbinding met die ander een verloor.

Lance ·

Botswana het die doodstraf en daar is geen probleme nie ….bring net die doodstraf terug ….problem solved !

Weston du Plessis Snr ·

Die woorde Liefde , Deernis en Vergewingsgesindheid is ongelukkig nie tersake in meeste van die kommentare nie.
Griet, Pieter en nog ‘n paartjies dankie daarvoor.
Loeis , jou sogenaamde ” slim mannetjie ” het gedurende die hofsaak soos ‘n
mens- mens opgetree sonder die agressie en die arrogansie van jy weet wie.

Kobus ·

As alle regters en die samelewing, ook die wat nie gelowiges is nie so was, was daar niemand in die tronke nie en het ons daagliks in vrees bly leef. Dis egter nie waaroor dit gaan nie. Jy mis die hele regstelsel en weet nie waarom dit op aarde ingestel is nie.

Kobus ·

Terwyl ons dan godsdiens bysleep: Omdat die mens sondig was en nie wou luister nie, het God aan Moses wette gegee waarvolgens die mens moet leef.

Lizette ·

Hoekom sal n lang straf nie geregtigheid tot gevolg he ni???? Celia 4 skote deur n deur rerig??? Ok kom ek gaan vanaand en skiet 4 skote deur n deur “oeps” ek het nie gevra wie agter die deur nie. Hoepie ek gaan vry kom ” o nee ek het vegeet ek het twee bene en ek is ni n celebrity nie” gerrie gaan vir goud. Hy kan sy gat dank dit was ni oorsee ni want dan het hy nie minder as 25 tot lewe even death row gekry ni. Miskien moet hierdie vertraagde regstelsel van ons n paar tips oorsee gaan vang. Misdaad sal aansienlik met 50% val is ek redelik oortuig. Maar nou ja welcome to south safrica die beste land om in te bly whahaha jip!!!

Lizette ·

Gerrie jy is n adv duisend SA kort meer van jou tipe jy sal nie ophou tot jy jou punt bewys het nie. Trots op jou. En so by the way Zuma het nie vier skote deur n deur geskiet nie. I rest my case.

Alrea ·

Gerrie Nel verteenwoordig die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy voer opdragte uit, en dis wat hy ook in die OP saak doen. Die vonnis het die hele wet situasie in SA gaffekteeer. Laas week is n man skuldig bevind aan moord. Hy en sy vrou het gaan pensioen trek, by die huis gekom, hyt haar aangese om hoendersslewers gaar te maak en gaan slaap. Opgestaan, die lewes was nie gaar Har doodgelaaan met n knopkierie en agt jaar gekry. HAAHAAAAA. So, my lewe is nou hoogstens agt jaar werd, en as jy n pinkie missing het, kry jy ses……………… Gerrie Nel, as dit my kind was, sou ek self geregtigheid wou sien geskied. Doen wat jy moet doen….. T veel mans kry nog te veel reg en kom weg daarmee……..

Alrea ·

Hoekom altyd Godsdiens insleep…. Ken enige van julle die landswette?

alrea ·

Hoekom kan Oscar nie net die waarheid praat en skoon kom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.