Uitspraak gelewer in Walus se paroolaansoek

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, se aansoek om op parool vrygelaat te word terwyl die saak by die appèlhof hangend is.

“Die aansoek word met koste van die hand gewys,” het waarnemende regter Tanya Brenner gesê. Die uitspraak is dié van regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen wat oorspronklik die saak aangehoor het.

Walus het aansoek gedoen om onmiddellik op parool vrygelaat te word hangende die uitslag van minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, se aansoek by die appèlhof dat Walus glad nie op parool vrygelaat moet word nie.

Walus, wat aanvanklik die doodstraf opgelê is vir die moord op Hani, se aansoek om parool is aanvanklik deur Masutha van die hand gewys. Walus het hierna die hof genader om op parool vrygelaat te word. Die hooggeregshof het op 10 Maart beveel dat Walus binne 14 dae op parool vrygelaat word waarna die minister aangedui het hy wil teen die uitspraak appelleer.

Masutha se appèl is egter van die hand gewys. Hy het hierna aangedui dat hy die appèlhof gaan nader. Walus se regsverteenwoordigers het hierna die aansoek ingedien om hom op parool vry te laat tot die appèlproses afgehandel is.

Lees alle vorige berigte oor Janusz Walus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Edward James Shawe Snr ·

Hoogs onregverdig! Terwyl die moordenaars van ons Boere en van witmense net n paar jaar tronkstraf uitdien en dan net vrygelaat word.

Andrea van Vuren ·

Hani se dikbek eggenoot gaan seker nou lekker lag… as sy daartoe instaat is!

johan ·

Een moet sit vir moord, terwyl swart moordenaars ons strate vol loop, so lyk n Kommunistiese Regering

Dubbel Standaarde ·

DUBBEL STANDAARDE

DIT WAT NOU GEBEUR IS ONREGVERDIG!
Sal eerder nie die res wat ek wil se, se nie!! Stem 100% saam met Edward!!!???

Jacomien ·

Wonder hoe sou die reaksie gewees het as Mandela nie vry gelaat is nie-hy was ook n moordernaar

Theuns ·

Praat van dubbel standaarde! Die witman in Bronkhorstspruit se hy gaan Zuma skiet
Hy word gearresteer en aangehou! Borg word geweier! Malema se basies die selfde ding. Hy loop nog vry rond?

Sputnik ·

Jacomien, verfris net asb. my geheue – vir wie het Mandela vermoor?

Veritas ·

Sputnik jy gee jou onkunde weg. Gaan lees bietjie op oor die Rivonia verhoor. Dalk gaan jou oë oop.

Gerd Lourens ·

Miljoene ongebore babas met sy aborsie-wetgewing, onder andere!!!

Xa ·

Die rede aangevoer is omdat dit so polities sensitief is, maar dis reed an geleentheid vir sy regsspan: politieke motief is reeds versagtend, nie verswaerend nie!! Die wat die reg ken of wat die saak volg, sal hierdie redenasie nie dalk kan help nie?

m ·

Hierdie spul moet net onthou “practice what you preach” so ek hoop die reels gaan ook toegepas word op die swartes wat wittes vermoor het.

amanda ·

En wat vd flippen moordenaars wat Eugene uitgehaal,ht… om nuus te lees is 10 x erger as om n horror movie te kyk….of hule wrd vrygelaat mt R500 bail….maar hey ons is in SA dinge sal nooit verander ni

E ·

Kyk nou net hoeveel wonderlikke, vreedsame politieke figure kom vanuit robin eiland ens…

hans ·

Kan Maroela Media dalk n regsgeleerde kry om n artikel oor die aangeleentheid teskryf.

Theo ·

net om sputnik se geheue te verfris, mandela het sy seën uit gespreek oor die kerk straat bom, dit maak hom medepligtig aan moord en hy het geweet en nie die polisie in kennis gestel nie. Een van my vriende se vrou was, daardie spesifieke dag, met siek verlof.

Wendy ·

23 jaar is n bitter lang tyd om oor jou misdaad te dink. Eks seker hy het spyt oor wat hy gedoen het. Gun die man sy vryheid. Watse skade sal hy nou aanrig as hy vry is?

Johan 2 ·

Nicolene kan dalk haar miserabele werk verloor? Wat anders? Die arme “vry denkende” tipe is tog so bang hul oorheersers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.