Uitspraak gelewer ná uitlatings oor wit mense

Velaphi Khumalo. Foto: Via Facebook

Die gelykheidshof het uitspraak gelewer in die saak teen Velaphi Khumalo, die man wat gesê het die land moet van wit mense gereinig word nes Adolf Hitler met die Jode gemaak het.

Die hof het die saak in Julie aangehoor en uitspraak is voorbehou. Regter Roland Sutherland het Vrydag sy uitspraak gelewer en beslis dat Khumalo se uitlatings haatspraak is ingevolge artikel 10 (1) van die Gelykheidswet en dat Khumalo verbied word om weer dié uitlatings te maak.

Sutherland het verder beslis dat Khumalo enige verwysigings na sy uitlatings van alle sosialemediaplatforms moet verwyder indien hy dit nog nie gedoen het nie. Khumalo moet ook binne 30 dae ʼn geskrewe verskoning publiseer wat aan alle Suid-Afrikaners gerig is en waarin hy bevestig dat sy uitlatings haatspraak was, dat dit verkeerd was en dat hy dit nie weer sal doen nie.

velaphi-khumalo-facebook-post

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Sutherland het ook gelas dat ʼn afskrif van die dossier en sy uitspraak aan die nasionale direkteur van openbare vervolging gestuur word om te besluit of Khumalo strafregtelik vervolg moet word. Khumalo is ook beveel om die Menseregtekommissie (MRK) se regskoste in die saak te betaal.

Die ANC het Khumalo reeds in 2016 voor die gelykheidshof gedaag vir haatspraak en onbillike diskriminasie. Khumalo is gevolglik ʼn boete van R30 000 opgelê en moes gemeenskapsdiens verrig. Die MRK het egter gevoel dié straf is nie swaar genoeg nie, waarna die kommissie Khumalo weer voor die gelykheidshof gedaag het.

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Khumalo het in Januarie 2016 in reaksie op die Penny Sparrow-debakel op sy Facebook-blad gesê dat hy “die land van wit mense wil reinig” en dat daar teen wit mense opgetree moet word soos Adolf Hitler met die Jode gemaak het. Hy het in ’n tweede inskrywing op Facebook gesê wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word.

Die MRK het versoek dat Khumalo se uitlatings as haatspraak verklaar word en hy onvoorwaardelik om verskoning moet vra. Die MRK het ook versoek dat Khumalo skadevergoeding van minstens R150 000 moet betaal wat aan ʼn instansie geskenk sal word wat versoening en sosiale samewerking bevorder.

Sutherland het egter gelas dat daar reeds ʼn vergoedingsbevel (die R30 000) teen Khumalo gemaak is en dat dit onvanpas is om nog ʼn bevel in die verband uit te reik. Sutherland meen geregtigheid geskied egter in die geval aangesien Khumalo die MRK se regskoste moet betaal aangesien die MRK deur belastingbetalers gefinansier word.

Khumalo werk steeds vir die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, en het ná ʼn interne ondersoek oor die aangeleentheid deur die departement ʼn finale geskrewe waarskuwing ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Jaco Jacobs ·

Hierdie sisteem is ‘n grap!!! Regtig as dit ‘n blanke persoon was is dit reguit tronk toe,nou omdat dit ‘n nie blanke man is moet daar net ‘n briefie geskryf word

SA is 'n Grap ·

Lekker SA!! Net as jy wit is kry jy tronkstraf maar as jy ‘n ander ras is moet jy net omverskoning vra. Wraggies pateties!!!

Eish! ·

Ja…nee. Die hele land is ‘n grap. Gaan sê jy dit nou net andersoms, dan is die EFF en ANC op die hof se voorstoep met plakkate en vieslike slagspreke. En jy wat wit is, word gevonnis. In hierdie land moet jy maar eerder jou mond toehou.

Chantall ·

Dis lekker so hy kom weg met n tik op die vingers? Stem saam dubbel-standaard

Casper Labuschagne ·

Ek sal eerder teen die stroom wees en sê dat dit veel beter is dat sulke opinies uitkom en gelig mag word as wat dit onderdruk word. Ek self wil baie goed oor sekere aangeleenthede sê, maar ondervind eerstehands die effek van ‘n drukkoker wat nie kan stoom afblaas nie. Ek ek kan net wonder of ander nie dieselfde ondervind en dat die onderdrukking van opinie inderdaad nie die effek het dat die politieke temperatuur daardeur opbou nie.

Isabel ·

Inderdaad Casper, dit bereik al kookpunt… Rasseverhoudinge is tans op ‘n laagtepunt. Die huidige politieke klimaat maak dit nagenoeg onmoontlik om dit te herstel….

Vra maar net ·

En hoekom gaan hy nie ook tronk toe nie, dubbele standaarde as jy my vra.

Lizzie ·

Ek sterm volmondig saam. Dubblede standaarde. Wat goed is vir die een moet goed wees vir die ander.

Elsa ·

Nou kan Vicky appelleer teen haar von is en n baie goeie voet hê om op te staan. You

SoosDitIs ·

So hy moet net se jammer en dan is als vergete? Tipies. En die feit dat die saak so min media aandag gekry het tot nou toe, is net so teleurstellend. Seker maar die land waarin ons bly.

Wim ·

Werk nog steeds vir die Departement. Witte was dadelik afgedank. Moeg vir die dubbelse standaarde,

Adam ·

Wim, die feit dat die blanke in die privaatsektor werksaam was, het sy ondergang veroorsaak. Geld draai die rpivaatsektor se wiele en die staat se wiele word deur politiekery gedraai en dit is hoekom die man sy werk behou, iets wat totaal onaanvaarbaar is.

Jana ·

Nou ja, hy is nie afgedank nie. Dit op sigself sê dat sy uitspraak nie totaal afgekeur word nie.
Blanke Suid-Afrikaners moet hulle somme noukeurig begin maak.
Die tyd is m.i. ryp om elders n heenkome te soek.

Sophia ·

Voorwaar ‘n klap in die witmense se gesigte, en onderdrukking in die ergste graad! Die drukkoker gaan binnekort ontplof!!

HPV ·

Grap van die jaar! Opsweping en aanhitsing tot ‘n menseslagting en hy word net so effens berispe. Dit is wat mens naar maak in die helhool, die land is reeds verby die punt van herstel met sy siek dubbel standaarde. Die ergste rassisme ooit!

Sandy ·

So laat ek nou reg verstaan. As ‘n wit mens haatspraak lewer, word hy summier afgedank. Maar die man kry ‘n waarskuwingsbrief? Waar is die geregtigheid dan nou skielik heen. So wat vir wit mense geld, geld nie vir swart mense ook nie. Double standards.

Gerhard ·

‘n Blanke hoef nie eers haatspraak te lewer nie, jy hoef net iets te se wat op een of ander manier as rassisties gesien kan word dan is jy in jou kanon in.

MJ ·

Sal graag wil sien wat gebeur met Sasha Martinengo nadat hy die aap uit die mou gelaat het oor ‘n sekere politieke party.. Hy is reeds afgedank.. wat gaan volgende gebeur met hom? Ook ‘n tik oor die vingers (soos hierdie), want hy het darem nie so erg aangegaan soos Vicky Momberg nie. Ek kry sommer dubbele visie!

Hou moed ·

Apartheid omgekeer. Ons dae is getel in die pragtige land. Al wie ons kan help is die Here. Daarom moet ons so versigtig wees wat ons doen en wat ons sê. Dink 10 keer voor jy jou gedagtes spreek, skryf of tik. Gelukkig dien ons ‘n regverdige God wat al hierdie onreg teen ons sien en dit sal nie ongstraf verby gaan nie. Hou moed mense die Here is ons rots.

ZIS ·

Dis `n grooooooot Grap,die land se wette is mos net vir wittes gemaak,so lyk dit vir my. ek wonder of die regsbanke nie skaam kry nie of slapelose nagte kry nie.

Ore ·

Adv Gerrie Nel is baie stil,dalk reeds besig met voorbereiding vir die saak

Aster ·

Ja nee hy moet ook maar ‘n stewige ou bedraggie betaal…nes die ander.

Blommie ·

Aitsa!!!! Toeword hy net weer oor die vingers getik…
Maar HEY WIT mense in SA het mos NIKS om oor te worry nie.
BELAGLI man

Renè Dames ·

Ek voel dat hy moet ten minste ook af gedank word by Departement Kuns Kultuur……

GC ·

Mooi man, maar wittes gaan tronk toe oor n woord wat hulle se.

Oom Kalahari ·

Daar is vele van ons mense wat se drukkoker al lank botrel rn dan is daat ‘n paar eat se kleppie alreeds uitlating gegee het wat negatiewe gevolge gebring het. Ek myself het al menigte kere tot die uiterste geborrel, maar is beter om terug te hou, want ons is mos geleer om op te offer, aangenaam, respekvol en dienend te wees. Daarom kan ons mense nie onsself vereenselwig met die geweldadige optogte, beskadigings en dreigemente nie en daar mag dalk net lewendige ammunosie in plaas van rubber koeels gebruik word.
‘n Groot hartseer punt is die onnodige moorde op boere. Wie het “Aparyheid” destyds geprokklameer, hierdie onskuldige boere en mense of Regerng van die dag en Britse koloniale en waarom dra hierdie noe die nagevolge van hul optredes nie. Nee hul lewe lekker in hul afgetrede paleise en die gewone burgers moet die moord gevolge en diskriminering verdra.

Snip ·

Dis te lekker…. Dat n swarte so uitlaating kan maak en skot vry daarvan af kom, MAAR n wit vrou moes tronk straf uit dien…. Lekker in S.A.

JK ·

Hy moet gefire word, al daai geld moet na n WIT organisasie toe gaan, hy moet vervolg word en ook tronkstraf kry van minstens 8jaar. As n woord jou 2jaar kry, is die mos soveel erger?

Theresa ·

WHY only R30 000? compare it to others whom had to pay for much less atrocious remarks!! WHY still employed?? Others were given notice for lesser remarks!! Is he going to be sent to jail as others whom did less??? If not, this is not fair play at all. He propagated torture and murder. And read his remarks again – please people trying to get rid of violence – read it: children to be used as fertiliser for this land. If this man is not given a righteous sentence in comparison with others which actually did not propagate torture and murder – the justice system in this case, has failed the nation because of this man’s absolute hatred and what he called others to do to certain citizens of this country. How is it possible that he could keep his job? How is it possible not going to prison or/and a much bigger amount to be paid? Why is this asked? Because of what happened to others, not even implying murder or torture. So how can this ever be explained as being fair? Send this outcome overseas, please. Most certainly necessary to be taken note of across borders.

Amelia ·

He still has his job as ek lees van Theresa hierbo – hoe de vrieken hel het hy nog sy werk? Hy moet tronk toe gaan stem ek ook saam. wat ek al 1000 keer se is hoe bewys ons hulle die pienkes is rassisties – hulle kan se wat hulle wil – hulle se vir mense “whities” you whities nou wanneer wanneer vra ek weereens kan ons as wittes opstaan en se julle is rassisties. Kyk na Malema hy kan se wat hy wil en doen wat hy wil maar hy loop nog daar buite rond en niks maar absoluut niks word aan hom gedoen nie….

Tokkolos ·

Regtig
Wat van tydjie in tronk
Nee wag laat ek niks verder sê nie want ek verloor dit nou hier
En my MA het altyd gesê as jy kwaad is moet liewers niks sê nie

Siek en sato ·

As dit niu n witman was was hy lankal agter tralies en het hy sy werk verloor. Hierdie man sal dit weer en weer doen want hys n rassis.

Henk ·

Selfs die regsbank diskrimineer teen die wittes! Maar vrees nie, van ons sal julle waaragtig nie ontslae raak nie en ek kan julle waarborg – Afrikaans en die Afrikaner sal vir ewig voort bestaan

Gerhard ·

As Afrikaner sal jy altyd ‘n tweedeklas burger wees in Suid-Afrika. Daar is net een oplossing en die Afrikaner instellings moet nou besig raak daarmee. Ons moet ons eie land kry.

Smirre ·

Afrikaner lankal nie meer ‘n volk nie. Eerder ‘n kultuurgroep wat ‘n taal en geskiedenis deel. Wat sal die tuisland ekonomies onderhou ? Orania is daar vir die wat desperaat is. Wees Afrikaner waarookal jy jou in die wereld bevind. Ons het baie om by te kan dra.

ne ·

Verstaan julle nou hoekom die meeste blankes nie welkom voel in SA nie? As jou vel swart is is daar dubbele standaarde. Die swartes is RASSISTE! Tot ons howe is ook rassiste.

L Ras ·

Wat te hel!?
Blankes word in die tronk gesmyt en die vent word oor die hand geslaan.

1+1 ·

Kom ons behou die morele hoegrond. Ons oorwinning le beslis daarin.

Foxi ·

Met geknersde tande probeer n mens jou kommentaar so lig as moontlik hou anders word jou kommentaar nie geplaas nie. Maar hoekom skynheilig wees en nie sê hoe n mens voel nie. So word ons witmense verdruk en moet net ligloop en bekhou. Hoe lank gaan die witmense dit nog uithou?

Michelle ·

Wat d ou se is baie erger as enige naam wat mens iemamd kan noem, dis diep siek, ja visa versa dis rasisme om gekeer erger as en baie snaaks dat hy sy werk behou en geen tronkstraf kry nie. Dan draai mens maar jou ander wang, maar daar is duidelik dubbele standaarde. Ek het die fliek Kroetoeas gekyk baie onstellend ons is almal mense en die tiepe spraak teen oor enige een of kleur bly siek. Mens moet mense hanteer soos jy graag hanteer wil word daar is menslik en onmenslik…. kleur het niks uit te waai met mens wees nie. Ons land is beautifull maar siek…

Soufie Geel. ·

Hoop hy onthou kom my ook skriftelik omverskoning te vra.

Wiki ·

Regter Roland Sutherland is seersekerlik lig van vel. Kan julle dink hoe hy as rassis uitgemaak gaan word as ene Khumalo tronk toe moet gaan. Dat tot die reg bang is om hulle werk te doen…

Hans ·

En jou gedorie waar die man werk nog steeds as openbare staats amptenaar as sy van vannemerwe was ……..

Elsa ·

Hy het darem nie heeltemal skotvry gekom nie, maar moes ook afgedank gewees het. Ek wonder net wat die MRK se regskostes gaan beloop, want dit moet hy betaal en dan kan die DOV ook nog besluit om hom strafregtelik te vervolg. Ek sal maar wag en sien, voordat ek heeltemal negatief hieroor gaan wees. Miskien is ons blankes gelukkig en word daar ook van hom ‘n voorbeeld gemaak.

Nel ·

Dis nie goed genoeg nie! Tronkstraf en ‘n stewige boete – ‘Penny Sparrow; what’s sauce for the goose is sauce for the gander’.

Christa ·

Dit is onnatuurlik dat ‘n mens nie mag sê wat jy voel en dink nie. Met ander woorde: ons almal in die land dink en voel sekere dinge (en sê dit in elk geval waar jy “veilig” voel om dit te sê). Maar om darem ander dood te wens is eens te erg … en dan om net met ‘n verskoning daarvan af te kom? Dis waarom die kookpot besig is om in SA oor te kook. Dis reeds ‘n komplekse land en die situasie word nou met mag en mening aangeblaas deur ‘n klein minderheid – en hulle slaag ongelukkig in hul doel. Daar is net te veel onpraktiese aspekte in SA om te bestuur, soos bv. 11 amptelike landstale. Natúúrlik sou dit nooit kon werk nie! Ek voel ons moet maar gewoond raak aan wat ons as “dubbele standaarde” ervaar, want vir sekere bevolkingsgroepe is dit nou “pay back” time. Met ander woorde, daar word gevoel: aanvaar die situasie of kry vir jouself ‘n ander heenkome. Dalk is dit tog tyd dat ons vir Tannie Liesbet van Brittanje nader hark dat sy en haar “establishment” om verskoning vra vir wat die Britse aandeel in hierdie tameletjie in SA is. Terwyl alles nou ‘n lekker allegaartjie is – dat ons dit maar tot groot hoogtes dryf en klaarkry.

Emma ·

Nou toe eff hoekom is julle dan so stil. Waar is die optogte dan nou .Hoekom word hy nog in sy pos aangehou? Die man van die radiostasie het nie eers so oortree soos die man nie.

Joel Hitchcock ·

Dubbele standaarde. Hierdie is regte haatspraak. As in een geval ‘n persoon wat skuldig bevind word van haatspraak tronk toe moet gaan, dan moet dit ook in hierdie ander geval gedoen word, indien ons ernstig is oor haatspraak en rassisme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.