Uitspraak gelewer oor appèl teen Walus-parool

Foto: ANA

Foto: ANA

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer rakende die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating. Walus is die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani.

Regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het minister Michael Masutha se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys. Die minister sal nou ‘n petisie tot die appèlhof rig. Walus se regsverteenwoordiger sal intussen ook ‘n aansoek bring vir sy tydelike vrylating.

Walus, wat aanvanklik die doodstraf opgelê is vir die moord op Hani, se aansoek om parool is aanvanklik deur Masutha van die hand gewys. Walus het hierna die hof genader om op parool vrygelaat te word. Die hooggeregshof het op 10 Maart beveel dat Walus binne 14 dae op parool vrygelaat word waarna die minister aangedui het hy wil teen die uitspraak appelleer.

Hani se weduwee, Limpho, het Dinsdag toe die aansoek aangehoor is, dit duidelik gemaak dat die familie gekant is teen Walus se vrylating, aangesien hy nie berou getoon of die rede vir die moord bekend gemaak het nie.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het vroeër gesê hulle hoop hul aansoek is suksesvol sodat hul opposisie tot Walus se vrylating op parool in ʼn hoër hof aangehoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theuns ·

Baie bly om weer te sien die Howe laat nie toe dat besluite beinvloed word deur ‘n klomp onsamehangende kaders nie.

Julius ·

Ek weet nie of hulle gaan regkom met hulle eise nie ,want Wallus het volgens wet die reg om te swyg. Dit gaan beteken dat hulle hom van sy reg ontneem wat teen die wet is.

Arno ·

En hoeveel moorde en geweldsmisdade word nie gepleeg teenoor blankes agv opruiende praatjies en aanhitsing van zuma nie? Sy berugte “we will kill them they will run….we will kill them with our machine gun” en malema se “kill the farmer kilk the Boer” As hulle Walus in die trink wil hou moet zuma en malema ook maar tronk toe gaan en lewenslank opgesluit bly sónder parool. Walus was cerantwoordelik vir 1 persoon se dood – wat verkeerd is – zuma is verantwoordelik vir báie meer moorde – al het hy dit nie self gepleeg nie. Sy aanhitsing lei daartoe. Blankes se lewens beteken níks vir hom nie, maar hy wil lekker leef van hul belasting geld

Weskaper ·

Weer ‘n vermorsing van ons belastingbetalers se geld. Het dit verwag want Zuma het dan alreeeds gese ons regstelsel is te ingewikkeld, so hul regsadviseurs verstaan duidelik nie die wette nie.

StopTheMadness ·

Onthou mense, die Romeins Hollandse regstelsel is n westerse konsep! Net soos korrupsie, die parlement en die regstaat.

charmaine ·

Maar die hele kabinet is dan jare terug vrygelaat en kan nie onthou dat daar toe so n optog gehou is nie…..velkleur!!

pop ·

Al die bomplanters en moordenaars is vrygelaat(dink maar kerkstraat.) Onskuldige mense!!!!!
Walus moes laaaankal uit gewees het.

Amanda ·

Ons land sal eers regkom as almal kan vergewe, my siening is, die man het moord gepleeg, hy het sy straf uitgedien, hoekom nou nog die verlede gaan haal?? Ek glo daar is baie ander wat al vrygelaat is…maar dit lyk my die haat en rassisme sal aanhou. Hoe kan ons as nasie saam leef?

John ·

Dit was polities gedrewe en ander misdadigers wat selfs ‘n klomp mense se dood veroorsaak het, het kwytskelding en afslag gekry. Om na soveel jaar na nog donker geheime te soek, is nogal vreemd. Opsweping so voor die verkiesing is duidelik op die kaarte.

CHRISTA ·

Wat weet hulle in elkgeval van waarheid? Heeldag staan hulle blatant en lieg in die parlement. Kyk net na Zuma wat kamma nie geweet het watter verbeterings aan sy huis gebring was en hoeveel dit gekos het nie!! HAHAHA!! As hy nie eers weet wat in sy eie agterplaas aangaan nie, hoe kan hy weet wat in die LAND aangaan? Waarom word die moordenaars wat die boere so vermoor nie ook LEWENSLANK gevange gehou nie? Ons is mos kamma geregtig op “equal rights”!!! Of is dit maar net nog ‘n LIEG VAN DIE ANC?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.