Uitspraak gelewer oor Covid-19-kwarantynkamp

Die rondawels is vervalle by die Zithabiseni-kwarantynkamp (Foto: Verskaf)

Regter Hans Fabricius het AfriForum se hofaansoek in die hooggeregshof in Pretoria in die saak teen die omstrede Zithabiseni-kwarantynkamp buite Groblersdal vanmiddag ’n bevel van die hof gemaak.

AfriForum het die hof genader in die lig van meer as 100 mense wat geruime tyd in haglike omstandighede in die kamp aangehou word.

Die hof het beslis die kamp moet onmiddellik sluit en die staat het tot 18 Mei tyd om met redes na die hof terug te keer oor waarom die kamp wel as kwarantyn-fasiliteit gebruik mag word. Dit laat die owerheid met twee opsies: om die aangehoudenes onmiddellik huis toe te stuur of hulle na ’n ander geskikte fasiliteit oor te plaas.

Voorts moet die persone wat by die kamp aangehou word en sedert gister vir Covid-19 getoets is, se uitslae so gou moontlik aan hul bekendgemaak word.

Dr. Leon Nel, ’n veearts van Midrand, was in ekstase ná die uitspraak. “Dit is fantastiese nuus en ek hoop ons kan vanaand in ons eie beddens slaap.”

AfriForum het by die kwessie betrokke geraak nadat van die persone wat in die kamp aangehou is die burgerregteorganisasie om hulp genader het.

Nel en sy vrou, Melanie, en hul twee kinders is saam met ander mense aangehou. Die gesin was vroeër vyf weke in selfisolasie in Mosambiek en wou na beraadslaging en gesprekke met die Suid-Afrikaanse owerhede terugkeer. Hulle is egter by die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika aangesê dat hulle eers na die kwarantynkamp moet gaan.

Nel en verskeie ander meen die geriewe by die kamp is glad nie op standaard nie en hulle het sedert hul aankoms gevrees dat hulle juis daar siek kan word. Die voedsel wat voorgesit is, het ook nie vir individue se siektetoestande soos diabetes voorsiening gemaak nie. Van die personeel het aanvanklik ook geen maskers of handskoene gedra nie en daar is nêrens enige bewyse dat die kamp aan die nodige veiligheids- en gesondheidsmaatreëls in byvoorbeeld die kombuis of waskamers voldoen nie.

Die departement van toerisme in Mpumalanga het egter volgehou dat die kamp se geriewe, wat hul betref, op standaard is.

AfriForum het op 3 Mei 2020 gereël dat ’n span privaat mediese dienste die kwarantynkamp besoek om die sowat 107 inwoners wat nié deur die staat vir Covid-19 getoets is nie, op eie onkoste te toets. Nie net is die privaat mediese span toegang geweier en van die perseel af verwyder nie, maar die SAPD het ook versterkings ingeroep om toe te sien dat hulle nie terugkeer nie.

AfriForum het die hofuitspraak verwelkom.

“AfriForum sal nie toelaat dat hierdie tipe magsvergrype deur regeringsamptenare plaasvind nie,” sê Monique Taute, bestuurder van AfriForum se Veldtogte-afdeling. “Dit is immoreel dat mense in hierdie kampe aangehou word en die owerhede vir so lank bloot geweier het om hulle vir die virus te toets. Dit is ’n skreiende skending van mense se basiese vryhede. Hierdie mense was vir alle basiese doeleindes gevangenes. Nie net voldoen die fasiliteit nie aan die nodige standaarde soos deur die WGO uiteengesit nie, maar word mense teen hulle wil daar gehou.”

Inwoners van die kamp reageer in dié video oor die nuus:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anel ·

Dankie Afriforum. Hoop die mense betrokke stel so ‘n stewige siviele eis teen die lot in. Teen almal betrokke. As dit nie gedoen gaan word nie gaan dit oor en oor met ons mense gebeur. Komunisme!!!

Andréas ·

Dankie aan almal wat betrokke was en hierdié in suksesverhaal omskep het. Volg asb nou die “geldspoor” op mbt aspekte gelys en gee terugvoer?
1. keuse van / besluit op hierdie plek
2. wie die eienaars
3. wie almal hierdeur sou baat ten einde te probeer dat “kwaranteindes” so lank moontlik moet bly

OW ·

Volgens die nuus is die eienaars die Mpumalanga Parkeraad maw Staatseiendom.Die munisipaliteit is die verantwoordelike owerheid wat die inpeksie en uitreik van ‘n geskikheidsheidsertifikaat vir voedsel hantering en voorbereiding betref.Indien so ‘n sertifikaat uitgereik is het die Ogp’s van die betrokke munisipaliteit nie hulle werk gedoen nie.Hulle kan by die Raad op Gesondheidsberoepe aangegee word.Die betrokke sertifikaat spreek nie net die voedsel aan nie,maar alle higieniese aspekte van die perseel.As hierdie saak verder geneem word gaan die koppe rol,daar is genoeg bewyse.

Frederik ·

Laat die koppe rol, dit is al taal en gebaar wat hulle verstaan. Slaan hom op sy wallet (geldbeurs)

Lizanda ·

Afriforum jou ou doring! As ek ‘n Bells gehad het ek vanaand een op jou gedrink maar my glasie Oros sal maar moet doen!

Michael 1 ·

Wat n skande dat jy jou tot die hof moet wend om basiese regte te kry in n land wat hulle roem op die feit dat hulle n demokratiese land is ,komunistiese regime sal nader aan die waarheid wees.

Fedup ·

I hope the small minded ministers can see this video. White and black can stand and fight together. That is one thing the government really hate to see. Okay, now you can stone me for this rare comment.

Sparky ·

Ek kan nie glo dat n mens eers hof toe moet gaan om n onregverdige behandeling reg te stel nie.Soveel geld wat verlore gaan as gevolg van hof sake.Hierdie lamsake wat geen menslikheid in hulle het nie gaan my verstand te bowe.

capie ·

Baie bly vir die mense. Ek was egter Dinsdag by ‘n plaaslike hospitaal. Geen hande ontsmet soos by winkels nie. Net gevra waar die saal is, ingegaan en klaar. Die toestand binne die hospitaal is nie beter as die konferensie sentrum nie. Ek was uiters geskok,

OW ·

Dit is een van jou basiese regte om te kla oor sulke toestande.Lê ‘n klag by jou plaaslike munisipaliteit.Elke stad/dorp het ten minste een of meer Omgewingsgesonheidspraktisyns.Dit is wet dat hulle jou terugvoering moet gee as lid van die publiek.Sterkte.

Susan ·

As die geriewe dan nou op standaard is volgens die personeel van die Dept van Toerisme, sluit hulle dan daar toe vir 14 dae sonder om iets op te gradeer en dan praat ons weer!! Dankie Afriforum!!

Emily ·

Dis n skande dat mense so behandel word. Kom ons wees eerlik, Die eens mooi land van ons, is nie meer ons land nie.

Johan ·

Ek sal graag van ons mede burgers wil weet wat is jou rede dat jy nie lid is van AfriForum nie? In tye soos waarin onself ons nou bevind, het geeneen van ons ‘n verskoning om aan te sluit by jou plaaslike tak van AfriForum nie!!

Hierdie mense sou nog vir ‘n maand in hierdie haglike omstandighede gesit het was dit nie vir AfriForum nie. Ons moet nou, meer as ooit, saam staan in hierdie land…….

TRP ·

Ek is so bitter bly vir hierdie mense, shame kyk daardie klein kinderdjies, breek my hart. Ek hoop hulle kan terugkeer na hulle huise toe en nie elders aangehou word nie.

Pandora ·

Baie dankie aan Afriforum!
Die vraag bly staan: waarom dubbele standaarde? Waarom die groep Wuhan repatrieer ten duurste maar die res van die gerepatrieerdes kry nie dieselfde blootstelling nie? Kan mens dan dus aanneem dat die Wuhan groep se repatriasie spesifiek gerig was vir die media dekking?

Estelle ·

Dis ons elkeen se plig om aan te sluit by Afriforum. Al gee mens net R10. Die ander in ons land sorg vir hul eie mense – ons behoort ook. Daar is geen verskoning nie. Wees versigtig vir die Solidarity Fund van die regering, dis nie ons SOLIDARITEIT Fonds nie. Die regering het verwarring geskep met daardie naam. Mense skenk nou en dink dis vir Solidariteit/Afriforum – maar daardie geld help nie ons mense nie. Dis die geld wat slegs die BEE besighede help. Ons moet wakker wees.

marius ·

Die departement van toerisme het volgehou dat die geriewe op standaard is . Laat hul minister en familie dadelik daar inboek , sonder dat daar ‘n vinger veroer is . Neem hulle dan af .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.