Uitspraak gelewer oor Roets se vlag-twiet

Ernst Roets buite die hof op ‘n vorige geleentheid.

Die gelykheidshof in Johannesburg het bevind Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het nié minagting van die hof gepleeg toe hy verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het nie.

Roets het ʼn foto van die vlag kort nadat die hof beslis het dat die vertoon daarvan in sekere kontekste op haatspraak neerkom, getwiet met die vraag: “Het ek nou net haatspraak gepleeg?”

Die Nelson Mandela-stigting het daarna ʼn klag van minagting van die hof teen hom aanhangig gemaak en die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê.

Roets se verweer is dat hy bloot ʼn akademiese vraag as doktorale student gestel het. Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

‘n Skermskoot van Ernst Roets se twiets.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê vanoggend se uitspraak bevestig net die burgerregte-organisasie se mening dat die stigting van die begin af geen voet gehad het om op te staan nie.

“Die [stigting] het geen saak gehad nie en is bloot op ʼn heksejag teen mense wat dit durf waag om van hulle te verskil.”

Kriel het die uitspraak as ʼn oorwinning vir burgerlike vryheid en teen die stigting se onverdraagsaamheid en sensuur bestempel.

Die klag is teen Roets én AfriForum aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

113 Kommentare

Basjan ·

Moenie te gou bly word nie. ‘n Blanke regter het uitspraak gelewer. Wag maar, die raskaart gaan een of ander tyd uitgepluk word.

Jimmy ·

Ag nee, die ou en nuwe Suid Afrika is dood en begrawe. Nou moet aan iets nuuts gewerk word.

Frank ·

Nee Jimmy, jy weet nie waar jy heengaan as jy nie weet waar jy vandaan kom nie. Geskiedenis is iets wat jy niks aan kan doen nie. Jy kan maar ignoreer, verdraai of afbreek (standbeelde ens) soos jy wil, geskiedenis BLY.

Hannie de Waal ·

Mooi! Dankie Ernst! Hierdie is en sal altyd ons land bly! Ek sal lewe ek sal sterwe ek vir jou Suid-Afrika!!!

Marius ·

Ek is baie trots om ‘n lid van Afriforum te wees. Geluk Ernst.

dewald ·

Ons vir jou Suid Afrika ja net so, Vir Volk en Vader land, ek het n soort van n uitspraak verwag, alhoewel deesdae kan n mens enige iets verwag

Frank ·

Tensy die manne nou die ding verder vat TOT hulle hoor wat hulle graag sou wou hoor. Die Konstitusionele Hof het ook al lekker klei getrap….

Manie van Worcester ·

nooit weer, nie vir dit wat nou sa genoem word nie. jammer

Bernard Hellberg ·

Bloedbek vir die Afro-Fascistiese “Volksgericht.”

Lollie ·

Pragtig! Ek hou van hierdie wen!
Hoekom word daar niks aan Malema gedoen vir dit wat hy verkondig nie?! Dit is haatspraak en rassisme! Omdat Mugabe dit kwytgeraak het en Malema dit nou versprei is dit so goed dit kom uit Malema sê mond uit. Beslis erger as om ONS vlag se foto te versprei!!!

Arak ·

Ek is dankbaar vir die uitspraak, maar ek kan nie anders as om te wonder of ek en jy (mense sonder al die hulpbronne van ‘n Afriforum agter ons), dieselfde uitspraak sou kry.

Pop ·

Nou sluit aan by afriforum dan kry jy ook al die hulpmiddels aan jou kant

Marius ·

Kom Nelson Mandele stigting julle gaan moet regsomkostes betaal kry vir julle.

Phillip ·

So bly daar oor nou moet julle net hulle dagvaar vir oorlaaide spaning en rassisties teen blankes

Willie ·

Wel gedaan! Hoop die sogenaamde stigting moet regs fooie betaal…

Lizzy ·

God slaap nie!!!! Trots Afriforum. #lank lewe die oranje blanje blou…!!! Amen

Spook op thaba ·

Wel dit beter gegaan as wat ek verwag het. Wel die regter was darem regverdig. NM stigting gaan nou speelgoed rondgooi

Derick ·

Kan die ANC en die EFF nie verstaan nie.
Hulle is bang vir n stuk lap. ( Die ou landsvlag)
Hulle is bang vir n taal. (Afrikaans)

Lana ·

Derrick, wat jy nie verstaan nie – hulle is bang vir die mense wat die vlag swaai en Afrikaans praat.

Magrietjie ·

Trots om deel te wees van so knap span…Ons vir jou Suid-Afrika

Essie ·

Onder die ou landsvlag ht meer mense werk gehad en dsar was minder stakings

Willie ·

Oranje blanje blou
Ernst ek hou van jou
Stigting word uit gejou
Julle vervolg is flou
Kyk hoe wapper die oranje wit en blou
Val in die gat wat julle grou
Hoop die stigting het berou

Realis ·

Wonder wat se die nuwe Afrikaner messias aka John Frederik Lee nou??? Het mos juis laas week vir Ernst verkleineer……..

KrokodilBotha ·

Hehe , die Mense van Afriforum en Solidariteit is flink verby. 100 %

Wesley ·

Ek is bly die hof het so beslis oor die saak, alhoewel mense moet nog versigtig wees, uit respek vir die greg, asook vir mede SA’ners, oor die vlag uit trotseer in die openbaar. Dit gee nie mense “carte blanch” om nou te maak soos hul smaak nie. Ernst het n vraag gevra oor die vlag, soos hierdie vrae moet gevra word, en nie die vlag gaan hang in die voorkamer venster nie.

Nico ·

Goed, minagting van die hof is nie gepleeg nie.

NMF gaan sekerlik nog ‘n saak van haatspraak aanhangig maak…

Realis ·

Wonder nou so in my stilte wat die nuwe Afrikaner Messias aka John Frederik Lee nou te se het?? Hy het mos juis laas week vir Ernst verkleineer………….sy videokie sal seker binnekort op Facebook op pop en dan gaan hy sy mond uitspoel vir die 13 mense wat hom ernstig opneem !!

Piet parys ·

Ek is seker mandela sou nie so verspotte aanname gemaak het dat die ou landsvlag haatspraak is nie. Mandela stigting word wakker en los julle rassistiese houding teenoor die wat die blankes verteenwoordig . Wonder wat mandela sou se oor hoe die anc die land in n afgrond in bestuur het

Wim ·

Die NMS het nou alle kredietwaardigheid ingeboet. Geregtigheid het geseëvier ????????

Louis leeu ·

Nou ja toe,ek hoop die stigting het n koste bevel teen hulle gekry

Liekie ·

Welkome oorwinning ! – nie dat ek enigsins fout daarmee kon vind nie ??
Alles wat na Afrikaans en Blank klink en lyk moet mos verguis en vertrap word.
Hoe SAD is dit net nie ??
Die HAAT is groot …. en die kleurverskil ook.

Christa ·

Baie Geluk Ons vir jou Suid Afrika Los ons Ou vlag uit
Julle net Mos n vlag en Los ons stem uit

Lapvlag ·

Derick, jy is so reg wanneer jy sê die vlag is ‘n stuk lap. Enige vlag is ‘n stuk lap, maar hoekom klou julle so aan die “ou lap”? Hoekom onnodige polemiek veroorsaak? Hoekom tyd en energie mors op goed wat geen ewigheidswaarde het nie? Die Here bly in beheer van alles en almal.

se net ·

Ek dink Mandela draai in sy graf om as hy sien hoe die meerderheid die minderheid behandel. Dink sy droom was regtig nie wat vandag aangaan nie.

Dink weer ·

Jy hoef net te gaan lees waarvoor hy tronk toe gestuur was dan sal jy jou storie hersien.

Ore ·

Ons land is besig om ‘n ashoop te word en die “anti- blankes” mors tyd en geld op dinge soos die.Beveel aan hulle bou skole,kry kinders van die strate af en moedig vrede aan.

leser ·

hoera vir afri-forum, ek hoop julle sal daaraan dink om die verbod op ONS VLAG as ongrondwetlik te kry

Osie ·

HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA @ Mandela Stigting! slaan hul naam met ‘n plank!

Jan Nel ·

Ernst, miskien moet jy maar weer die vlaggie en die vraag vir die stigting stuur, ek dink nie hulle het jou vraag al geantwoord nie.

WOW!!! ·

Well done!!! Mag daar nog uitstekende vrugte uit sulke gebeure voortspruit….

ap ·

Geluk , net jammer meeste anc,eff, bflf, narre kan nie lees nie , anders sou hulle ook die artikel kon geniet en deel.

Leon Gansbaai ·

Hou vol met die goeie werk; julle is ons laaste hoop.

Manie van Worcester ·

Leon jy weet nie hoe profeties jou woorde werklik is nie

Swannie ·

In “The Citizen” is alreeds gesinspeel dat dit dieselfde regter is wat nou die 2 de keer in Roets/Afriforum se guns beslis het.

Marius Olivier ·

My Vraag dan ,waarom kla die hof nie Malema en BLF se haat sprake en aansporing van geweld en moorde op plase en wit . Hulle kan n vlag as haat sprake veroordeel maar nie swart op openlike publieke moord drygmente nie . Waar trek mens die streep dan ?

Vintcent ·

Daar is GEEN demokrasie in ‘n land waar sekere groepe se kultuur en taal verag en ten alle koste aangeval en vernietig moet word nie. Die Grondwet van SA is ‘n klug in daardie opsig. Diegene wat die heksejag koordineer en aanblaas, sal altyd fout vind, by enige iets denkbaar. Daar word baie meer skade gedoen in die proses en haat word daardeur aangeblaas. Swak leiers en opportuniste is ‘n land se ondergang.

Koos de Meyer. ·

Ek is bly die regter was regverdig. Nou ja as dit ‘n ander regter was kan mens maar net dink. Willie mooi gediggie.

Jerry ·

Ek is n voorstander daarvan dat, net vir ingeval, elke keer as Ernst skoorsoek hy namens homself of Afriforum of Afriforum lede skoorsoek, nie namens witmense, die Afrikaner of Afrikaanssprekendes nie! n Aktivis wat skoorsoek moet eties korrek skoorsoek en namens homself of namens sy organisasie se lede skoorsoek sodat hy sy eie fight kan fight en nie verwag dat witmense of die Afrikaner of Afrikaanssprekendes sy fight vir hom of vir sy organisasie se lede moet baklei nie! Die meerderheid witmense, Afrikaners en Afrikaanssprekendes is nie lede van Afriforum nie en steur hulle dus nie aan die NMS, julius of foefie lesufi se idees en blatante rassisme nie. Ons pas aan en tree versoenend en verdraagsaam op, is wetsgehoorsaam, leef en laat leef, is van nature plesierig, “we make love, not war” klou nie vas aan aardse besittings en grond nie, as ons moet, dan verkoop ons alles en soos die Voortrekkers van ouds, dan trek ons na groener weivelde na al die vreemde lande waar ons weer n volk vir ons God kan wees, nie n volk vir n regse of linkse organisasie nie, ook nie n volk vir die Afrikaner of vir die Afrikaanses nie. Kom ons kyk of ons van nou af en sonder om aanstoot te neem, mekaar se sienings en keuses kan respekteer en nie probeer om mekaar by mekaar se fights te betrek nie! Julle bou julle mure namens julself en ons bou ons brue namens onsself!

Petrus ·

Almal is skuldig. Al die brûe is verbrand. Nou word vingers gewys. Die gevolge gaan rampspoedig wees, vir alle partye.

Manie van Worcester ·

ag vader, gaan was tog malema en kie se voete en glo jy is salig/ hartseer dat my eie volksgenote soblind is. My volk vergaan in onkunde

skurweberg ·

Ek glo ook aan die kole van Prediker: As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. 22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde. Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.
Dit is ons enigste gesindheid om te oorleef. Dis nie maklik nie, maar effektief.

N Lourens Reitz ·

Mooi so. Dankie Afriforum en Ernst. Pieter du Toit jy moet ook kennis neem en ja ek glo vir jou is dit ń bitter pil om te sluk of ń doring in die vlees.

Tino ·

Welgedaan en slim gespeel! Stadig maar seker draai die warwoel van ‘n skip om

George ·

Weer bewys hoe kinderagtig en kleingeestig die spul is! Baie geluk

Waardeer ·

Dankie, Jerry! Na al die na-pratery en opsweep en doemprofete, was dit weer ‘n plesier om jou te lees.

RS ·

Ons vir jou Suid-Afrika! Laat dit n stap in die regte rigting wees vir ons as wit Suid-Afrikaners. Ons Word om elke hoek en draai onderdruk. Dit moet beveg word. Welgedaan Afriforum!

Christa ·

Eenkeer is regte uitspraak gelewer. Die vlag is vir my Baie spesiaal. Dit staan vir vryheid Om in aand te Gaan stap. Vryheid sonder Om in tronk te sit, vryheid Om my kinders buite te last speel. Vryheid vir en Om my. Kleinlikheid oor vlag,

Naomi ·

Afrikaans is ‘n inheemse taal, soos isiZulu. Ek is trots op my taal en waar ek vandaan kom. Ek het ‘n groen ID boek. Die is my land, en as ek soos die boere van ouds moet maak, doen ek so. Ek weet dat Afriforum en Solidariteit vir my baklei. Nou hoef ek nie ‘n Voortrekker te word nie.

kolla ·

Ek is amper seker hulle gaan hom aankla van haatspraak, regter het ook gesê dis wat hulle eintlik moes doen.

jakes ·

Darem nog n regter wat kan dink voor hy uitspraak lewer. Welgedaan Afriforum,

N Lourens Reitz ·

Jerry as jy in is, is jy in – as jy uit is, is jy uit. Jy kan nie in die middel van die pad loop nie anders gaan jy getref of getrap word.

VanAfrika ·

Die MRK kommissie het nou net op NetNuus gesê dat Malema se uitsprake teenoor witmense as haatspraak aanskou en dat daar teen politici opgetree gaan word wat haarspraak aandryf. Die wiel draai baie stadig, maar hy draai. Nou gaan andile van blf en malema hulle woorde moet tel en bietjie hulle monde snoer.

N Lourens Reitz ·

Jerry as jy in is, is jy in – as jy uit is, is jy uit. Jy kan nie in die middel van die pad loop nie anders gaan jy getref of getrap word.

Josua Keys ·

Wie is die regter wat die uitspraak gelewer het want hy verdien ‘n opregte boer gebakte brood met appelkoos konfyt en lekker plaas botter daarop wat op die tradisionele manier gebak is. Dit is al wat SA gaan versoen, om alby kante van die saak aan te hoor en ‘n regverdige uitspraak daarvolgens te lewer, die weegskaal moet te alle tye balanseer anders gaan daar altyd gaos wees. Almal is gaande oor die oorwinning vir Afriforum maar dit moes in die eerste plek nie eens in die hof opgeeindig het nie, ek is bly die Nelson Mandela stigting het bloedneus gekry, die eerste regter wat die saak aangehoor het – het duidelik nie sy huiswerk gedoen nie en seker gemaak die skaal kantel net na die een kant toe. Hoe gouer ons regstelsel weer in balans kom, die (libra weegskaal) en ons regters weereens besef waarom juis daardie simbool gebruik word om ons regstelsel van ouds te beklemtoon hoe gouer kan ons en sal ons die land herbou, regters moet net ruggraad kry en vir eens die regte ding begin doen dan is daar beslis ‘n toekoms vir SA sonder haat en rassisme. Afriforum het dit vandag bewys, dankie manne!!!!

Klip inni Bos ·

Sommer alweer trots om n Afriforum lid te wees. Sluit aan, almal wat nog nie,het nie. Donasies help almal.

N Lourens Reitz ·

Jerry as jy in is, is jy in-as jy uit is, is jy uit. Jy kan nie in die middel van die pad loop nie anders gaan jy getref of getrap word.

Sowaar ·

Baie SAners is kleingeestig en onvolwasse. Ons moet oppas om nie in die strik te trap nie.

hercu ·

ek salueer jou regter Lamont!!

wel gedaan Ernst en regspan!!

daar kry die mensdom bloedneus!!

Manie ·

Die stinging is net soos die man wat hulle verteenwoordig n klomp selektiewe rassiste wat alles sal doen om die veroordeelde terroris se naam te probeer heilig hou

KietieKat ·

Baie geluk Ernst en Afrforum.
Met ons Damesoggend was een gasvrou
se kleurskema oranje wit en blou. Selfs haar kolwyntjies was oranje wit en blou. Sy het haar tafel so beplan uit solidariteit met Ernst. Wens so julle kon dit sien. Sal altyd aan Ernst dink as ek oranje wit en blou sien

Adam ·

Die uitspraak was gewis nie die einde van die sage nie en daar sal vir seker geappelleer word. Die uitslag sal waarskynlik ook nie weer met trompetgeskal aangekondig word nie. Hierdie insident was blote skoorsoekery en gaan ongelukkig nie op ‘n gelukkige einde afstuur nie.

Alida ·

Baie geluk….vir nou. Geen waarborg dat reg en geregtigheid gaan seevier in die toekoms nie.

Christa ·

Lapvlag, julle is so bang vir daardie lapvlag. Daai einste vlag wat veiligheid vir jou ook verseker het wat Nou nie meer bestaan nie. Daai lapvlag is my trots want dit het my vryheid verseker as EK saans wou Gaan stap en my kinders Kon veilig buite speel.

aj ·

Wie is die rassistiese hatige individu wat agter die Nelson Mandela Stigting wegkruip vanwaar hy sy haat veldtog teen Witmense voer?

Ontmasker daardie individu!

Wys sy /haar gesig!

aj ·

Al die donateurs wat finansiële bydraes maak tot die Nelson Mandela Stigting behoort hulle bydraes nou te staak. Omdat die Stigting sy oorspronklike visie en missie verloor het.

Stop die geld!

Bamsie ·

Ek kan nie verstaan dat hulle (die meerderheid) so baie oor die vlag of enige vlag te se het. Dit is mos n kolonalistiese ding, saam met van Riebeeck hier aan gekom.

Kraak ·

LOL- Willie jy slaan die spyker op die kop. welgedaan!!!!!As hulle dink die vlag is haatspraak, wat is MOORDE dan? Dit is ook n haat as iemand aangerand, verkrag en vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.