Uitspraak gelewer oor ‘spioenasiebande’-appèlaansoek

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die presidensie het Vrydag gesê hy neem kennis van die konstitusionele hof se weiering om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se appèl teen ’n vorige bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof, wat 783 klagtes van bedrog, rampokkery en korrupsie teen pres. Jacob Zuma heringestel het, aan te hoor.

Die NVG het in Julie aangekondig dat hy die konstitusionele hof direk sal nader oor die hooggeregshof uitspraak wat bevind het dat die besluit om die 783 aanklagte teen Zuma te laat vaar, irrasioneel was. Die aanklagte hou verband met die sogenaamde spioenasiebande-saak.

Zuma het ʼn aansoek om verlof tot appèl teen dieselfde uitspraak by die appèlhof ingedien. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het Vrydag gesê die president wag op die uitspraak van appèlhof oor die saak.

Die DA het Vrydag in reaksie op die konstitusionele hof se uitspraak gesê die hof se weiering om die aansoek aan te hoor plaas net weer eens klem op die feit dat die NVG en Zuma enigiets sal doen om te verhoed dat Zuma sy dag in die hof kry. James Selfe, voorsitter van die DA se federale komitee, het gesê die party hou vol dat die appèl geen redelike kans op sukses het nie en dat daar geen ander dwingende redes is waarom dit aangehoor moet word nie.

“Ons is oortuig dat die appèlhof tot dieselfde bevinding sal kom. Dit is tyd vir Zuma, en sy gekaapte staatsinstansies, om op te hou om die onvermydelike uit te stel. Zuma, soos enige ander Suid-Afrikaner wat van ʼn misdaad aangekla word, moet sy dag in die hof kry en antwoord op die 783 aanklagte teen hom. Die grondwetlike beginsel van die reg hang daarvan af,” het Selfe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Het nie kon dink dat daar steeds ‘n gàp sou wees waarna hulle sou gryp nie! Ons was almal verlig toe die konstitusionele hof geweier het om sy appèl aan te hoor. En gedink dit was die finale besluit. Nou wag almal weer in spanning om te hoor of (dieselfde besluitnemers?) by die oorspronklike besluit gebly gaan word. Zuma (nie zoempies of al die heldevererings name wat sy aanhangers hom gee nie maar bloot Zuma) het gesmeek om sy dag in die hof. Ter wille van alles wat hy vir (of aan!) die land gedoen het tydens sy termyn, gun hom dit.

Lance ·

Hoekom neem dit so lank om diewe voor stok tekry …kyk net watse skade het die zuma en die anc aan die land gemaak …onherstelbaar in sekere opsigte of dit gaan jare neem vir herstel ….maklik om te breek maar oppbou is verseker nie deel van die anc of eff se planne nie …

Rapes ·

Dit wil my voorkom of Zuma half bo die wet verhewe is. Indien dit een van ons was, was die saak al lankal afgehandel.

Tambotie ·

Is daar dan 2 stelle wette in ons land ??.
Kry die misdadiger in die hof en tronk waar hy hoort .
N mens kry skaam om sulke korrupte mense as ons lands leiers te kan he .
En dit is soos n grap ???. Onwerklik.

Jan maak n plan ·

Al wat nou nog sy bas gaan red is as daar algemene amnestie in die parlement aan hom en sy maatjies toe geken word deur die ANC. En onthou hulle is by magte om dit te doen.

callie ·

Verstaan een ding. Hy sal als probeer en as hy hof to moet gaan sal hy amnestie kry as hy bedank as staatspresident. Maklik, gerieflik en kom weg met alles. Lag weer vir ons wittes .

Sarel Strydom ·

Laat my dink an die tyd met die saak rondom die Wapenskandaal, voor hy nog President geword het. Ek het nog nooit beleef dat ‘n man wat onskuldig is so bang kan wees vir sy dag in die hof nie. Dit is waarom hulle hom daar hou, die dag as hy van die Presidentskap afstand doen is die dag wat hulle hom toesluit.

GES ·

Hy gaan nie lankgenoeg leef om sy volle tronkstraf uit te dien nie al loop die vonnisse gelyktydig.

John ·

As dit waar is dat Malema nou wil terugkeer na die ANC dan gaan hulle nader beweeg na ‘n 2/3- meerderheid en ons onaantasbare president vir nog termyne die grondwet laat herskryf. Malema glo hy is gewild, dis net sy partylede wat hopeloos is. Dat hy binne die ANC sal vorder. Maar die ou jakkals sal hom net gebruik. Hoekom sou Zuma ‘n nuwe grandieuse vliegtuig naarstiglik najaag as hy eintlik dit oorweeg om die septer en die nuwe luukse aan iemand anders te oorhandig? Ons sit met ‘n turksvy vol yslike dorings en duistere travante vuur hom aan. Buite die beskerming van sy amp sal hy ook summier vervolg word.

Arie ·

Em stem saam John, Zuma sal nooit uit sy eie afstand doen van sy pos nie en ek dink nie daar is enige leier huidiglik in die Anc om te help nie

Johanna Botha ·

783 aanklagte …kan jy glo ! Tog nie al die 783 kan opgemaak en onwaar wees nie …kan die man asb so gou moontlik sy dag nou kry in die hof want SA is al naar verby vir hom en sy skelm trawante wat alles so plunder en vernietig ….” just GO!

Viss ·

Die enigstes wat voordeel trek uit al hierdie hofsake, is die regsmense wat aan weerskante betrokke is. En hoeveel kos dit nie die belastingbetaler nie, want daardie kostes kan baie duisende rande beloop. Zuma het net een keuse: Hy moet trap, en sommer vinnig ook. Dan kan hy in ‘n luukse-sel op Robbneiland gaan sit, en hy kan ‘n speasial;e hamertjie kry om mee klippe stukkend te kap,.

Griki ·

Maak al hierdie klagtes teen hom nie van hom ‘n gewoontemisdadiger nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.