Uitspraak in 100 sake sloer al maande

Argieffoto

Deur Liezl Human, GroundUp

Aan die begin van verlede jaar se vierde kwartaal was meer as 680 uitsprake in Suid-Afrikaanse howe uitstaande, waarvan 103 reeds langer as ses maande uitstaande is.

Dit aldus ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse regbank wat aan die einde van September uitgereik is.

Die getal uitsprake wat langer as ses maande sloer, het boonop met 87 sake toegeneem sedert Desember 2018.

Die verslag lui: “Regterlike beamptes het die keuse om uitsprake [met geen datum] voor te behou indien omstandighede van so ’n aard is dat die uitspraak op ’n vasgestelde datum nie moontlik is nie. Volgens die norme en standaarde moet die regterlike amptenare wel moeite doen om voorbehoude uitsprake nie later as drie maande ná die datum van die laaste verhoor te lewer nie.”

Luidens die verslag het die hooggeregshof in Pretoria ten tyde van publikasie die meeste uitstaande uitsprake gehad, met ’n totaal van 105, waarvan 31 ná ses maande steeds nie gelewer is nie. Dié hof het teen die einde van Desember 2018 agt uitsprake gehad wat langer as ses maande gesloer het.

Dit beteken dat die aantal sake wat in 2019 gesloer het amper vier keer meer was as in 2019.  Die uitspraak wat die langste uitstaande is, dateer van 6 Augustus 2018.

Die hooggeregshof in Durban het op sy beurt 16 uitsprake gehad wat ná ses maande nie gelewer is nie, met die vonnis wat die langste uitstaande is wat al langer as vier jaar sloer: sedert 20 Januarie 2015.

Regter Nomsa Khumalo van die Pretoriase hooggeregshof het alleen 13 voorbehoude vonnisse wat ná ses maande nog nie gelewer is nie. Regter Nare Frans Kgomo van die Limpopo-afdeling in Thohoyandou is kort op Khumalo se hakke met 12 voorbehoude uitsprake.

GroundUp het in April verlede jaar berig dat regters Anton van Zyl, Siraj Desai en Jacqueline Henriques by die Regterlike Klagtekommissie aangegee is weens die groot getal uitstaande uitsprake in sake wat hulle hanteer.

Die arbeidshof in Johannesburg het die tweede hoogste getal uitstaande uitsprake– 96. Slegs 13 van dié uitsprake is egter ná ses maande nog nie gelewer nie.

GroundUp het die berig oorspronklik gepubliseer. Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koos ·

Dit kos miljoene rande ook. ‘n Familie lid van my moes bykans ‘n jaar op ‘n uitspraak wag. In die tyd moes hy hordes van sy bates teen soveel as 50% minder as markwaarde verkoop om sy besigheid aan die gang te hou en nie van 100de werkers ontslae te raak nie. Hof het wel in sy guns beslis en hy kon weer voort gaan.

jaco ·

waarom sloer alles en waarom is daar nie genoeg mense om die werk te doen nie? daar is dan regstellende aksie en BEE. Met hierdie 2 “towerspreuke” behoort daar einlik GEEN werkloosheid in SA te wees nie, OF dit behoort nie op meer as die huidige 7 miljoen te staan nie, maar op 2 miljoen, want dis die totale ekonomies aktiewe wit bevolking.

Schalk ·

Land van 20%ters wat verwag julle 100 is n slaag syfer vir die 20 persenter.

Nico ·

Regters en magistrate het ‘n stokperdjie gevind van net uitstel, uitstel en nigmaals uitstel. Waarom sal hulle omgee as hulle met vet salasisse huistoe gaan.

Pottie ·

Welkom in afrika die regters is mos deel van die ANC hulle werk mos vir die regering

Asmain ·

n Dag in die hof:
9.00 begin werk
10.15 – 10.30 teetyd
13.00 – 14.00 etenstyd
16.00 huis toe gaan tyd
G’n wonder niks kom klaar!

Schalk ·

Asmain stem 20%werksdag eet en tee lekker ons is n 20% land so dis ons maatstaf.Wees dankbaar sê kommuniste dit kan 10% raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.