Die landdroshof in Kaapstad sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer in die sanger Arno Carstens se saak nadat hy van dronkbestuur aangekla is.
Landdros Nasha Banwari het tydens Carstens se vorige verskyning slotbetoë aangehoor waarna die saak tot 4 November uitgestel is.
Hy het vroeër onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik om met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20% te bestuur. Die staat het deur sy ondersoek die 0.20%-vlak bepaal. Die wettige perk is 0.05%.
Carstens is in Desember 2010 in hegtenis geneem nadat ʼn verkeersbeampte hom afgetrek het.
Van 2010 tot nou kon hulle nie besluit of Arno skuldig is. Amper 4 jaar. Taxi bestuurders wat daarna goed gesuip was, ongelukke veroorsaak het waarin mense dood is, is al lankal op vrye voet. Hoe verstaan jy dit?