Mortimer Saunders, die man wat bely dat hy die kleuter Courtney Pieters vermoor het, het Dinsdag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Regter Babalwa Mantame het Dinsdag deur die getuienis en verklarings gelees wat tydens die verhoor aan die hof voorgehou is. Mantame het verwys na die getuienis van Courtney se ma Juanita Pieters, patoloog prof. Johan Dempers en Marsha Wenn, Courtney se niggie wat naby die gesin in Elsiesrivier gewoon het.
Die uitspraak hervat Woensdag.
Saunders is in Mei verlede jaar in hegtenis geneem ná die liggaam van die driejarige Courtney in Epping Industria gevind is, nege dae nadat sy as vermis aangemeld is. Hy ontken dat hy haar verkrag het voor sy dood is, maar het skuld beken op aanklag van nekrofilie. Hy beweer sy is dood nadat hy haar miergif ingegee het omdat sy hom gepla het in die huis wat hy saam met die gesin gedeel het.
Lees alle vorige berigte oor Courtney Pieters op Maroela Media.
Siek ! mens.
Ek wonder hoe regverdig hy sulke dade? Sy het hom geïrriteer, daarom het hy vir haar miergif ingegee. En die gebeure daarna?
Dis asof van die kriminele (ek sit maar ordentlike woorde in), probeer kyk wie die mees sielsiek kan wees.