Uitspraak in Duduzane Zuma-saak dán gelewer

Duduzane Zuma sal op 12 Julie hoor of hy skuldig aan strafbare manslag en roekelose bestuur is.

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, sal op 12 Julie hoor of hy aan strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur skuldig is.

Adv. Mike Hellens (SC), Zuma Jr. se regsverteenwoordiger, en adv. Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het vandag hul slotbetoë in dié saak in die Randburg-landdroshof gelewer.

Die saak spruit voort uit ’n voorval op 1 Februarie 2014 toe Zuma Jr. laataand met sy Porsche 911 op die M1-suid naby die Grayston-afrit in Johannesburg teen ’n minibustaxi gebots het.

’n Vrou, Phumzile Dube, is in die ongeluk dood. Daar was ’n aanvanklike geregtelike doodsondersoek, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het besluit om Zuma Jr. nie te vervolg nie. AfriForum se private vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel het tot die saak toegetree nadat die Dube-familie die organisasie om hulp genader het.

Die NVG het sy besluit om nie te vervolg nie daarna hersien.

Zuma Jr. se regspan het vandag aangevoer dat hy op albei aanklagte vrygespreek moet word omdat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy skuldig is nie.

Elias Maangwale, ondersoeker by die privaatvervolgingseenheid.

Hellens het gesê dit het die aand van die ongeluk gereën en daar was ’n plas water op die pad wat Zuma Jr. nie gesien het nie terwyl hy ook nie kon voorsien het dat sy motor op die pad sou gly nadat dit die waterplas getref het nie. Hy het voorts gesê daar is uitsluitsel dat Zuma Jr. en die minibustaxi min of meer dieselfde spoed gery het en niemand kan sê watter spoed Zuma Jr. moes gery het om die ongeluk te vermy nie.

Hellens het voorts gesê hy meen die saak teen Zuma Jr. moes nooit heropen word nie en dit wil voorkom asof daar baie druk was om hom te vervolg.

Hy het ook gesê Zuma Jr. was geloofwaardig en eerlik toe hy sy weergawe van die gebeure voor die hof gelê het. Zuma Jr. het homself boonop verder blootgestel deur persoonlik te getuig en nie sy swygreg te gebruik nie, het Hellens gesê.

Oudpresident Jacob Zuma het sy seun in die hof kom ondersteun.

Baba het op sy beurt namens die staat klem gelê op die getuienis van die taxibestuurder en passasiers wat vroeër getuig het dat Zuma by hulle verbygery het waarna daar ’n slag was toe hy hulle het getref het. Die impak was so erg dat albei voertuie in die teenoorgestelde rigting tot stilstand gekom het.

Die staat het ook vandag aangevoer dat Zuma Jr. nie sy Porsche se bande op aanbeveling vervang het nie en dat die hof nie dié getuienis voor hom uit die oog moet verloor nie. Landdros Tebogo Thupaatlase het egter vrae oor dié verwysing gehad omdat daar nie tydens die verhoor getuienis in die verband gelei is nie.

Baba het gesê Zuma Jr. het nie soos die redelike, gemiddelde persoon in die omstandighede bestuur nie en hy het ook nie spoed verminder gegewe die weersomstandighede nie.

Hy het gesê wanneer ’n mens deur ’n plas water ry en gly moet dit aan die optrede van die bestuurder toegeskryf word. Die staat is van mening dat Zuma Jr. skuldig bevind moet word.

Oudpres. Zuma was ook in die hof om sy seun te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zoom zoom ·

Middag Jan.
Die Guptas is besig Om troues Te rëel en dan is hulle bedrywig tussen Dubai en India om die rykdom wat hulle in SA versamel het te belê.

Daan ·

Hy gan seker met n glimlag wegloop nes sy pa destyds weg geloop het met n glimlag

Attie. ·

Arme ou bedorwe seuntjie. n Boete gaan hy nie eens voel nie want hy het reeds te veel. In die ou dae was ‘n goeie hofuitspraak …ses houe met n ligte rottang…daar in die polisieselle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.