Uitspraak in ‘grootste regstellendeaksie-saak nόg’ dan gelewer

Van die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Van die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof sal Vrydag uitspraak lewer in die vakbond Solidariteit se geskiedkundige hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeakieplan.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sal hierdie uitspraak as ʼn rigtinggewer in Suid-Afrika se demokrasie opgeteken word.

“Solidariteit se hofsaak teen die DKD is sonder twyfel die grootste regstellendeaksie-hofsaak in Suid-Afrika se geskiedenis. Hierdie uitspraak sal nie net reuse-implikasies vir die DKD inhou nie, maar sal ook die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die hele staatsdiens se toekomstige toepassing van regstellende aksie bepaal,” sê Van der Bijl.

Solidariteit se saak teen die DKD het reeds in 2012 begin toe die vakbond ʼn aantal sake oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan gekonsolideer het. Volgens dié plan moet alle posvlakke die nasionale rassedemografie weerspieël, ongeag die demografiese profiel van die provinsie of streek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Connie ·

Doen so voort Solidariteit en baie sterkte en glo julle gaan hulle nail. Sterkte.

Wern ·

Die bruin mense gaan veral baie sleg geraak word deur hierdie beleid, so laat die bruin mense dit besef voor die verkiesing, lig hulle in op sosiale media en verkiesingsboodskappe, sodat hulle weet wat die ANC aan hulle wil doen.

Hannes ·

Baie dankie vir wat julle doen en sterkte met die hofsaak.

Basson ·

Soos gesien in die hofsaak en bevinding van regter Dikgang Moseneke (Fedsas vs. Dept van Onderwys) – word die reg al hoe meer gedryf deur ideologie en NDR – maar ons hoop vir die beste!

Cherokee ·

Ek herken name van kommentators wat nou Solidariteit gelukwens maar in ander skrywes erken het dat hulle by die DA vir regstellende aksie stem. Jy kan nie wipplank ry in politiek nie.

Pendoring ·

Ongeag die uitslag; hulle gaan nog steeds maak wat hulle wil. Sien al die ander hofuitslae en reaksies daarop. Daar is te veel om op te noem. Hulle vee hulself net eenvoudig af daaraan.

JoeV ·

Bietjie vroeg vir geluk wense, maar sterkte, die uitslg sal almal beinvloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.