Uitspraak in modelbaas-saak uitgestel

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANAie

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat teregstaan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, gaan nog ʼn ruk moet wag om sy lot te weet.

Uitspraak in die saak teen hom het Woensdag hervat nadat dit in Desember uitgestel is.

Regter Cassim Moosa het in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, voortgegaan om die getuienis van 27 getuies voor te lees van die aanklagte wat terugdateer tot 2010.

Moosa het die getuienis van ʼn 22-jarige vrou voorgelees wat beweer sy is deur De Villiers verkrag toe sy 15 jaar oud was. Hy het ook die getuienis gelees van ʼn vrou wat beweer De Villiers het onbetaamlik aan haar gevat en onvanpaste boodskappe gestuur. Hy het ook die getuienis van ʼn vrou wat beweer sy is met R50 000 ingedoen voorgehou.

Die uitspraak het na Donderdag oorgegaan, maar kon nie voortgaan nie aangesien Moosa siek was. Die saak is met twee weke uitgestel en word op 8 Februarie hervat. De Villiers se borgtog is verleng.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

natalie ·

dis die oudste trick in die boek. ‘n Model kry nie die lekker kontrakte nie en verkla dan die agentskap se baas aan van verkragting. I’ve been there. I know how it works.

Cherokee ·

Roekelose woorde natalie, om te sê ‘jy was daar en weet hoe dit werk (en dit dan te probeer verbloem in Engels). Julle moet dit nie doen nie wanneer dit onregverdig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.