Uitspraak in Oscar Pistorius-moordverhoor verwag

Oscar Pistorius. Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius. Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Familielede van Reeva Steenkamp sal Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria wees wanneer regter Thokozile Masipa haar uitspraak begin lewer in die moordverhoor van Oscar Pistorius.

“Die familie sal daar wees. Reeva se ouers sal daar wees,” het Michael Steenkamp, Reeva se oom, Woensdag gesê. Michael sê hy, sy vrou en dogter sal ook die hofverrigtinge bywoon.

“Die familie trek swaar in die moeilike tyd en ons wil net hê dit moet tot ʼn einde kom. Ons los dit in die Here se hande,” het hy gesê.

Pistorius het Steenkamp op 14 Februarie verlede jaar in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Pistorius voer aan dat hy Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het. Die staat voer aan dat Pistorius die moord met voorbedagte rade gepleeg het.

Pistorius se suster Aimee, broer Carl en oom Arnold het amper elke hofverskyning bygewoon sedert die verhoor op 3 Maart begin het. Dit is nog nie duidelik watter familielede van Pistorius Donderdag se verrigtinge sal bywoon nie.

Lees ook:
Regskenners sê oor Oscar Pistorius-uitspraak

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.