Uitspraak in Renate Barnard-saak vandag verwag

Lt.kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Lt.kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Renate Barnard gaan Dinsdag, ná ʼn uitmergelende hofgeding wat nege jaar geduur het, uiteindelik die uitspraak van haar regstellendeaksiesaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontvang.

Die saak dateer uit 2005 toe Barnard vir die eerste keer vir die pos van luitenant-kolonel (superintendent volgens die vorige range) aansoek gedoen het.

Die uitspraak word Dinsdag om 10:00 in die konstitusionele hof in Johannesburg gelewer. Die saak word as ʼn baanbrekerhofsaak beskou teen regstellende aksie.

Klik hier om te lees wat Barnard oor dié groot dag te sê het.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.