Uitspraak in saak teen Parys-boere begin

Die beskuldigdes in die hof tydens die verhoor in November 2017. Foto: Mariné Lourens

Meer as drie jaar sedert Samuel Tjixa en Simon Jubeba dood is nadat hulle op 6 Januarie 2016 op ʼn plaas naby Parys in die Vrystaat erg aangerand is, sal uitspraak vandeesweek gelewer word in die saak teen die ses mans wat van die moord op die twee oorledenes aangekla word.

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren word aangekla van die moord op Tjixa en Jubeba. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die verdediging beweer Tjixa en Jubeba was dié dag deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr. se plaas, Biesiesbult. Van der Westhuizen sr. is deur die loop van die verhoor (aan onverwante oorsake) oorlede.

Van links is Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren. Foto: Mariné Lourens

Die ses beskuldigdes se verhoor het reeds in Mei 2017 begin, maar is deur verskeie gebeure vertraag, onder andere twee landdroste wat hulle op die staat se aandrang aan die verhoor onttrek het, die beskuldigdes se regspan wat in Mei verlede jaar onttrek het, adv. Hans de Bruin SC vir die verdediging wat hom in Mei 2017 aan die saak onttrek het, adv. Nico Dreyer (vir die verdediging) wat in Januarie verlede jaar oorlede is en ʼn aansoek om ontslag vir Prinsloo wat in Mei verlede jaar ingedien is.

Regter Corné van Zyl sal vandag met haar uitspraak begin. Die verrigtinge is tot Vrydag op die hofrol geplaas.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Judge Dredd ·

So 2 landdroste het hulle op die STAAT se aandring onttrek.
Klink vir my daars ‘n slang in die gras.

Boerboel ·

Stem saam Judge Dredd, ek wil nie spoke opjaag nie maar ek dink hierdie mans het probleme, ek hoop regtig nie so nie.

Thinus ·

As die mense net kan leer om nie fotos en videos te neem nie… ai tog.

Stiks ·

Dit het tyd geword dat plaasmmoordenaars ook in die media geparadeer word en “ gename en shame word”

Helena. ·

Ek stem 100% saam..wys vir almal wie en wat die boef is en hoe hy lyk..en verklaar hom sommer voël vry net ingeval hy vry kom.

Dries du Toit ·

So kon van der westhuizen snr vermoor gewees het as dit nie vir die mense was nie. Dan sou die rowers weg gekom het en dalk nog menige ander plase beroof en gemoor het.

humor ·

Dit gaan hier moontlik oor gereg in eie hande neem. Hoe dikwels neem ons kennis dat swart gemeenskappe reg in eie hande neem en dat mense gesterf het maar nog nie eenkeer het gehoor dat figure in hegtenis geneem is en vir moord aangekla is nie.

Jan ·

Wanneer gaan die boere agterkom dat dit net nie die moeite werd is om mense aan te rand nie? Hoeveel van hulle het nou al in die hof en tronk beland. Leer hulle nie?

Koos ·

Indien die staat helfte van die moeite sou doen om die werklike misdadigers vas te trek, as wat hulle doen om mense vas te trek wat reg in eie hande neem OMDAT DIE STAAT SY PLIG VERSUIM , sou hierdie tipe goed nooit eers gebeur het nie.

anna ·

As dit nou die witmense was wat Vermoor ens was sou dit nie Eers die nuus ge haal het nie.

Anna ·

Hoekom paradeer Hul nie alle moordenaars nie. ???? Snaaks ne ???

Heksie ·

Maar ons wit boere word op strepe vermoor en wat kom daarvan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.