AfriForum het Lourens finansieel gesteun. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalkwessies, het AfriForum besluit om die saak te ondersteun omdat dié organisasie baie sterk oor taalregte oor die algemeen en Afrikaanse taalregte in die besonder voel.
“Tans word alle wetgewing in Engels en om die beurt in een van die ander tien amptelike tale gepubliseer. Dit kom op growwe diskriminasie neer. Vertalings van wette in die nege tale waarin dit nie verskyn nie, het geen amptelike status nie. Gevolglik hou enige regsargument wat op so ʼn vertaling gebaseer is, die risiko in dat ʼn verkeerde interpretasie of vertaling die persoon wat daarop steun, sonder verweer laat. Deur die ontkenning van taalregte word alle ander regte dus bedreig,” het Bailey gesê.
Volgens Bailey maak die Suid-Afrikaanse Grondwet nie voorsiening vir ʼn eersterangse of “super” amptelike taal (Engels) en tien tweedeklas tale nie. “Deur die tien tale ondergeskik aan Engels te stel in die amptelike beskikbaarstelling van wetgewing, word sowat 49-miljoen Suid-Afrikaners ontsê van toegang tot wetgewing in hulle eie tale.” Volgens Bailey ontneem dit Suid-Afrikaners van ʼn behoorlike kennis en begrip van hulle pligte en regte – ʼn toestand wat nie aanvaarbaar is in ʼn land wat voorgee om ʼn demokrasie te wees nie.
“Die praktyk beteken ook dat Afrikaans wat in die vorige eeu ontwikkel het tot hoëfunksie taal wat alle regsfunksies kan hanteer, stelselmatig agteruitgaan en dat die ander nege Suid-Afrikaanse amptelike tale nie bevorder word soos die Grondwet uitdruklik vereis nie.”
Volgens Lourens sal dit ʼn oorwinning vir Afrikaans en ons suster-Afrikatale wees as die saak suksesvol is. Die saak is voorberei om deur al die howe tot selfs in die VN se Menseregtekommissie geneem te word, sou daar nie aanvanklik sukses behaal word nie.
Lees ook:
Video: Taalaktivis hof toe vir wetgewing in al elf landstale
Goed!!
Iemand wat vir ons saak stry.