Uitspraak in vlagsaak voorbehou

Die appèlhof in Bloemfontein. (Argieffoto: ANA)

Uitspraak in AfriForum se appèl teen ʼn vroeëre beslissing wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied, is Woensdag in die appèlhof in Bloemfontein voorbehou.

Die gelykheidshof het in 2019 beslis dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is. AfriForum het in die gelykheidshof aansoek om appèl gedoen, maar dit is van die hand gewys.

AfriForum het egter in Mei 2020 verlof tot appèl bekom om die gelykheidshof se uitspraak rakende die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag as haatspraak in die appèlhof te beveg.

Die organisasie sê hy neem hierdie inisiatief ten spyte daarvan dat AfriForum self nie die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon nie.

Volgens Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, skep die volslae verbod op die vertoon van die vlag die gevaarlike presedent dat enigiets wat aanstoot gee, verbied kan en moet word, selfs al is daar nie ’n oproep tot geweld of om skade aan te rig nie.

“As jy in vryheid van spraak glo, verdedig jy dit as dit aangeval word, selfs al is die verdediging daarvan omstrede. AfriForum glo vas in vryheid van spraak en uitdrukking, daarom sit ons hierdie saak voort.

“AfriForum se standpunt oor die ou Suid-Afrikaanse vlag doen nie afbreuk aan die organisasie se teenkanting teen ware haatspraak nie. Haatspraak is die propagering van haat teen ’n groep mense op grond van hul identiteit (byvoorbeeld hul ras, etnisiteit of geloof) en aanhitsing om die groep skade te berokken.”

Van Zyl meen die wet kan nie aangewend word om mense te beskerm teen alles wat aanstoot gee nie aangesien die spektrum van wat verskillende mense aanstootlik vind, byna eindeloos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marius ·

Die ou RSA vlag het niks te doen met haatspraak nie. Dit is op hierdie stadium net ‘n stuk lap uit die verlede. Hy word ook nêrens vertoon op politieke byeenkomste en begrafnisse soos sekere mense van ons bevolking gereeld met hul ou vlae doen nie. As ek hom egter in my huis vertoon is dit persoonlik en het dit niks met enigiemand te doen nie. Ek is trots op my herkoms en hoef my nie te skaam oor enigiets wat my voorsate gedoen het nie.

Jr ·

Wel ek kan julle iets vertel, die nuwe vlag beteken sweet fanny adams vir my. Ek is glad nie aangeheg of trots op dit. Dit beteken vir my neer drukking.

Deon ·

Daar is geen respek vir die nuwe vlag nie, die vlag word op matte gedruk en mense trap daarop, dit word op onderklere gedruk, “halwe” vlae word op voertuie en dies meer geverf.

KaRoOkWaGgA ·

Ek stem 100% saam. Sou Faf De Klerk 3 jaar gelede in die oranje, wit en blou sy dans passies uitgevoer het na die wereld beker oorwinning?

Marcello ·

So wil jy nou sê: Die nuwe vlag nie onderdrukking beteken nie, gaan kyk wat gebeur met mense wat nie werk mag kry nie, oor kleur. En dan lewer jy weer kommentaar.

Philip ·

Wat vir my aanstoot gee is die vertoon van die kommuniste se hamer en sekel en is ook deel van die landsregering ek vermy enige produk daarom wat die MEYER/RAMAPHOSA bontspul vertoon .

Anel ·

Nou kyk, hierdie bont lap wat nou ‘n vlag genoem word, beteken nou net mooi niks nie. Ons ou vlag, wat ons kultuurvlag is beteken soveel meer. En het ‘n ryke geskiedenis. Ons het hom nooit, maar nooit vervlenterd aan ‘n paal sien hang nie. Altyd skoon en nietjies. En ons het respek gehad vir ons vlag. Kan defnitief nie dieselfde sê van die bont ding nie. En vir my, beteken dit onderdrukkig, van my taal, my menswees, my velkleur, my kultuur, my Godsdiens.

Dries ·

Die nuwe vlag gee derduisende mense ook aanstoot. Dit herhinner ons aan n land van korrupsie en plaasmoorde

KaRoOkWaGgA ·

Vir my persoonlik is daar ‘n wan-indruk oor die ou landsvlag en oor Bok Van Blerk se liedjie De-La-Rey. Die vlag is simboliseer die onafhanklikheid nadat ons onder die diktatorskap van die engelse se moets en moenies verlos is (net jammer nou het die anc daardie rol by die engelse oorgeneem) en die lied De-La-Rey is ‘n lied om die boerevolk te lei in die oorlog teen die engelse…….

Gerhard Adriaan ·

Die ou landsvlag het die totstandkoming van 4 verskillende lande onder een vlag uitgebeeld. As ek reg onthou, Nederland, Britanje, Vrystaat en die Transvaal. Ek wonder watter gedeelte het met haat na enige iets verwys? Simbolies het dit ook aangedui dat die landsoppervlakte wat deur die Kaap, Natal, Vrystaat en Transvaal gekaarteer is onder een vlag val. Merk geen haat teenoor enige iets of iemand nie.

Mrs H ·

Snaaks hoe SABC / Enca die vlag beskryf en uitbeeld as ‘appartheids vlag’ op hul nuus skerm, asof hulle die haat aanhits en graag petrol op die vuur gooi. N mens sal sweer die werkers daar is almal ‘black empowerment’. Dit is net die ou Suid Afrikaanse vlag. Nie ‘appartheid’ vlag nie. N Vlag vir wie baie mense geveg en gewen het teen die wrede Britte en vryheid vermag het. N vlag van n tyd waar alle infrastruktuur, staat entiteite en publieke parkies en swembaddens gewerk het. Meeste mense het werk gehad, insluitende swart mense. N vlag wat Suid Afrika trots verteenwoordig het van onafhanklikheid met tonne reserves van menigte vorms. N vlag wat ons herhinner hoe n land gelyk het sonder letterlike en figuurlikke ‘potholes’ en n tyd wat kriminaliteit nie die oorhand gehad het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.