Uitspraak in waterskeidingsaak oor DKD se regstellende aksie

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof lewer Vrydag uitspraak in die vakbond Solidariteit se geskiedkundige hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeaksieplan.

Die hof sal onder meer uitspraak lewer oor die grondwetlikheid van die DKD se huidige regstellende aksieplan. Solidariteit het in November verlede jaar in die konstitusionele hof aangevoer dié plan, wat die nasionale rassedemografie as enigste maatstaf vir bevorderings en aanstellings daarstel, op ʼn kwotastelsel neerkom wat strydig is met die bepalings van die Wet op Diensbillikheid.

“Hoewel die arbeidshof en die arbeidsappèlhof albei vroeër bevind het regstellende aksieplanne moet ook ʼn bepaalde streek se rassedemografie in ag neem by aanstellings en bevorderings, het dié howe versuim om die DKD se regstellende aksieplan, wat juis die teenoorgestelde daarstel, ter syde te stel. Ons het daarom die konstitusionele hof genader om hierdie plan ongeldig te verklaar om die DKD se onbillike toepassing van regstellende aksie in die kiem te smoor,” sê Van der Bijl.

Die hof sal voorts beslis of daar individuele regskostebevele aan die tien DKD-werknemers wat Solidariteit in die hofsaak verteenwoordig, toegeken moet word. Dit moet gedoen word nadat die arbeidsappèlhof in April verlede jaar aangedui het daar is nie ʼn duidelike bewys dat die lede wel in die genoemde poste aangestel sou word indien die DKD ook die streeksdemografie as riglyn gebruik het nie. Solidariteit het hierdie deel van die uitspraak ook in die konstitusionele hof betwis.

Solidariteit tree op namens tien werknemers van die DKD wat almal vir bevordering oor die hoof gesien is vir bevordering weens hul velkleur. Dit sluit Andre Jonkers, Christo February, Deidre Jordaan, Deric Wehr, Desiree Merkeur, Geo-nita Baartman, Jan Kotze, Linda-Jean Fortuin, Pieter Davids en Theresa Abrahams in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kleintjie ·

Dankie weereens Solidariteit.
Los ASSEBLIEF die DA hieruit.

Cherokee ·

Ek stem met Kleintjie saam. Los die DA uit wanneer geveg word vir ‘n belangrike saak soos wat hier van gepraat word want die DA is useless. Die DA sal eerder saam met die DKD staan.

plaasjapie ·

Baie mooi….hou daarvan dat die mense wat kan in lyn staan vir bevordering ☺

A E van den Berg ·

In alle ander lande waar “regtellende aksie” toegepas was, het minderhede teen meerderhede daarmee geslaag. In Suid-Afrika het 91% dit teen 9% ingestel. Dis niks anderste as n verfynde vorm van roof nie,

Lollie ·

Ja weet ook nie waar sien KLEINTJIE IETS VAN DIE DA NIE!!!!

Anoniem ·

VAN HARTE GELUK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Solidariteit het die hofsaak gewen! Die departement moet die werknemers bevorder en hul salarisse terugwerkend regstel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.