Uitspraak oor Coligny-twee se appèl voorbehou

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die hooggeregshof in Noordwes het uitspraak voorbehou in Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se aansoek om verlof tot appèl nadat dié twee mans van Coligny vroeër vanjaar tronkstraf opgelê is vir die moord op ʼn tienerseun van dié dorp.

AfriForum het die mans bygestaan om die aansoek in te dien.

“ʼn Aansoek om verlof tot appèl is Vrydag in die hof aangehoor. Die regter het uitspraak voorbehou,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, Dinsdag gesê.

Dit is nie duidelik wanneer die hof uitspraak oor die aansoek sal lewer nie.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard (28) en Schutte (35) in Maart onderskeidelik tot effektief 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat het beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel. Die twee mans het tydens die verhoor egter voet by stuk gehou dat Mosweu self van die bakkie afgespring het.

Die mans is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Mosweu.

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte by te staan om teen hul skuldigbevinding te appelleer nadat daar beweer is dat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die saak, glo teenoor twee mense erken het dat hy in die hof gelieg het toe hy gesê het hy het gesien hoe die twee mans vir Mosweu van die bakkie afgooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jive ·

Hulle sal seker na die verkiesing hoor, tot dan is hulle daar om indirek stemme te werf.

HPV ·

As hulle aan die meerderheidsgroep behoort het, was hulle lankal vrygelaat.

christine ·

Hulle is wit sal nooit wen met ons velkleur .Sterkte aan hulle.

Hennie ·

Ons moet ophou om ons vel kleur voor te hou want ons het net so veel soos enige ander kleur n bestaans reg ons moet dit uit ons sisteem uit kry genade man

PJC ·

Dit was te wagte dat dit sou gebeur want dit is ń maklike manier om die wêreld moeilik te maak vir hulle.

Johan ·

Hulle vonnis sal nooit ter syde gestel word nie. Want dan is daar erkenning dat die regter duidelike onsinnige liegstories geglo het. En natuurlik behoort hulle tot die verkeerde bevolkingsgroep…. Ek bevraagteken sekere aspekte van ons regstelsel ten sterkste. Maar ek hoop regtig dat ek in hierdie geval verkeerd is….

Trol ·

Wat het geword van die wandelende paartjie wat by die seun verby gestap het sonder om hulp te verleen en op die bakkie afgekom het, met albei veroordeeldes binne in, besig om n u draai te maak?

Uilspieel ·

Kry vir Bonakele Pakisi en draai hom in watte toe. As hy nou skielik verdwyn of sterf is daai twee se doppie geklink. Wat dan??

Sakkie ·

Ek hoop daar is goeie nuus op pad. Dit kan wees dat die regter net wag dat die verkiesing verby is om onluste tydens verkiesing te vermy

Theoman ·

Hennie, ons almal het n bestaanreg in n regverdige SA maar wees nou eerlik ons bestaansreg word deur die EFF/BLF en selfs die ANC beperk met herhaalde praatjies dat indien ons nie aanpas nie ons moontlik nie nou nie maar wel eendag uitgemoor kan word.. woorde van Malema. So Hennie genaade man, ons word bedreig en wat is ons bestaansregte dan nou werd? dit gaan nie net oor velkleur nie dis die realiteit.

Jan Brand ·

Wanneer gaan die boere agterkom dat dit net nie die moeite werd is om enigiemand aan te rand nie?

Koos de Meyer. ·

Ek vra weer, as al twee hom afgestamp het, wie het dan die bakkie bestuur. Hoe siek het ons regstelsel geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.