Uitspraak oor #FeesMustFall-leier se appèl teen borgtog

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Woensdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn waar uitspraak gelewer is in sy appèl teen ʼn vorige hofbesluit om hom borgtog te weier.

Regter Ratha Mokgoatlheng het borgtog van R2 000 aan Dlamini toegestaan. Volgens Mokgoatlheng het landdros Albertus Roux fouteer in sy uitspraak toe hy Dlamini vroeër borgtog geweier het.

Mokgoatlheng het Dlamini egter gewaarsku om nie akademiese aktiwiteite by Wits te ontwrig nie. Hy mag ook nie met getuies kontak maak of by die ondersoek inmeng nie.

Dlamini (30) staan tereg op aanklagte van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer, nadat hy in Oktober by Wits in hegtenis geneem is.

Die staat het Dlamini se borgtogaansoek teengestaan en aangevoer hy is ʼn vlugrisiko. Volgens staatsaanklaer Steven Rubin kan Dlamini na Swaziland vlug, waar hy gebore is.

Dlamini het egter aangedui hy sal nie vlug nie, aangesien hy steeds ʼn student by Wits is en dat hy sy paspoort sal inhandig. Hy het verder ontken hy het ʼn polisiebeampte aangerand en sê hy was die slagoffer in die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Simo ·

Ek glo Dlamini se bel often soos en Namawhan se uit sprake glo

Buitestander ·

Die reg het sy gang gegaan maar ek hoop regtig nie hy vlug land uit nie.
Soos gewoontlik het die ondersoekkers behoordlik hul werk gedoen nie.

Theresa B ·

Amazing – R2000 borg en daar gaan hy alweer. Dis hoekom hulle ook doen wat hulle wil want hulle weet hul sal niks oorkom nie. Kom weg met alles en alles werk vir hulle!!

Hoop vir jou part nie ·

Hoop vir jou part nie, die slang kom pik jou aan die hakskeen nie, dan gaan jy darem lekker op jou neus kyk Regter Ratha. Albertus Roux Fouteer, Dlamini is ‘n Swazi burger…….. SA regering betaal sy studies……. Hy is ‘n 30 jarige student in regte ………. hy jok in borgtog om borgtog te kry dat hy eksamen moet skryf ……….. hy breek af, brand af, steek SA studente op, hy is voorbok….. Staat is in besit van bewyse dat dit die Dlamini is wat alles gedoen het …. Regter Ratha waar is jou lojaliteit vir Suid-Afrikaanse burgers, dit is die land waarin jy bly, ‘n burger is en die wet moet toepas, ‘n klein niksnut van ‘n buurland beskerm….. Ek hoop vir jou hy kry waardes en meng nie in, dit maak jou dan net so skuldig soos hy!

Aan Dlamini ·

Dlamini gaan net terug Swaziland toe, jy belemmer kanse vir Suid-Afrikaners en goeie mense.

Izolde ·

30 en nog steeds ‘n student. Maar nou ja. Nog steeds onskuldig – nooit die skuldige nie.

Leendert ·

Ek sien so pas in ‘n berig in die media, hierdie Dlamini, is sommer al klaar weer terug met sy ou streke, ook het hy sommer nuwe eise gestel. Hy vee hom net aan die reg en howe af. Almal het dit sien kom. Almal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.