Uitspraak oor oproerige byeenkomste steun klagte teen EFF, BLF

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus en Marlene Steyn-du Toit, voorsitter van die VF Plus se federale regskomitee, maak ‘n strafregtelike klag aanhangig teen Julius Malema, leier van die EFF (Foto verskaf)

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat die Wet op Oproerige Byeenkomste wel grondwetlik is.

“Die beteken dat die klagte wat die VF Plus hierdie week ingevolge dié betrokke wet ingedien het teen die leier van die EFF, Julius Malema, geldig is,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê. “Dit sluit ook die klagte in wat die VF Plus in Desember 2018 ingedien het teen die leier van die destydse politieke party Black First Land First (BLF), Andile Mngxitama.”

Die klagte teen Mngxitama was haatspraak, aanhitsing tot geweld en die aansporing om ʼn misdryf te pleeg.

Maroela Media het vroeër berig die Grondwethof het Vrydag bepaal betreding bly ’n misdaad, in teenstelling met die aansprake van Malema en die EFF.

“Die Grondwethof-uitspraak beteken dat die klagte wat die party ingedien het kragtens die Wet op Oproerige Byeenkomste, kan voortgaan. Die klagte wat teen Malema ingedien is, sluit ook die Wet op Intimidasie in aangaande die intimidasie van lede van die polisie.”

In die klag teen Malema (wat deur Groenewald ingedien is), word onder meer gesê dat van die VF Plus se lede en ondersteuners lede van die polisie is, en dat hulle bedreig voel ná die uitsprake teenoor polisielede. Malema het na bewering onder meer gesê: “Indien die SA Polisie ʼn geveg wil hê, moet hy so sê. Ons sal dieselfde met hulle doen as wat ons in die tagtigs gedoen het”, ook; “ons sal nie net teen hulle in die voorste linies veg nie, maar sal na hul huise gaan en in hul eie huise met hulle en hulle families veg. Ons is nie bang vir die polisie nie”.. en; “ons sal hulle kry, een vir een…”.

“Die dreigement met betrekking tot die jare tagtig is kommerwekkend, aangesien die gevreesde ‘halssnoermetode’ wyd algemeen gebruik is om mense in die tyd van politieke geweldpleging te vermoor,” het Groenewald bygevoeg. “Niemand is verhewe bo die reg nie, ook nie Julius Malema of Andile Mngxitama nie en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om hulle tot verantwoording te roep.”

Groenewald meen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nou geen rede om nie voort te gaan met vervolging teen hierdie twee persone wat politieke platforms in die land misbruik om haat en geweld te verkondig nie. “Die tyd het aangebreek dat reg en geregtigheid geskied en dat dié twee persone verhinder word om rassehaat in die land aan te wakker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lee ·

Dit is hoog tyd, Suid Afrika met haar geskiedenis en lang pad wat sy gestap het, het nie meer plek vir EFF en hulle kamstige “leier” as mens hom dit kan noem nie.
Julius Malema is direk verantwoordelik vir baie misdade deur sy aanhitsing, hy hoort in n tronk.

Dup ·

Raai wat….die genoemdes sal net voortgaan met hulle uitsprake en optredes en daar gaan heel moontlik niks gebeur nie.Hierdie mense skrik nie vir howe,polisie en die weermag nie.”Mark my words”.

Persheks Adri ·

Tot hulle voor die verkeerde polisie man se huis staan my maat dan gaan hulle DALK skrik

Persheks Adri ·

Ontbind die klomp EFF’ers en gooi hulle in die tronk en gooi die sleutel weg ons is dik vir hulle rassistiese opmerkings, haatspraak en aanhitsing van geweld! Nie net daai 2 nie die hele pffft lot!

Pieter ·

Die tyd is die tyd, teen rassiste soos eff en daai ander karakters wat ek nie onthou nie. Sal help teen anc ook.

Sarel ·

Malemma hou julle almal besig tot Magashule met die koek weg loop.

Pieter ·

Hy sal niks oor kom nie tot ou cyril en ou hoed is bang vir die ding met sy groot bek

Samuel ·

Ek stem 100% saam dat die SP en die Minister van Polisie Malema vrees. Alternatiewelik keurhulle sy gedrag goed.

J ·

Onthou!

Daar was ‘n geskrewe, getekende, ooreenkoms tussen Piet Retief en Dingaan.

Die ‘stukkie papier’ het egter niks gehelp om Retief en sy manskappe se wrede moorde te verhoed nie.

Dieselfde ‘gees’ (mentaliteit) van Dingaan leef voort in die ‘nuwe SA’ … geen ‘stukkie papier’ gaan ‘n verskil maak aan die dreigende bloedbad in SA nie.

Geen grondwet of hofuitspraak kan daardie ‘mentaliteit’ verander nie!

Die ‘oorlog’ tussen uiteenlopende wêreldbeskouings word op die slagveld beslis.

Die uitspraak van die Grondwethof is ‘n futiele oefening!

JohanR ·

Ek wonder waaneer die EFF en BLF gaan vergeet van die hofe en die gereg en net tot algehele
wetteloosheid gaan oorgaan. Ek dink hulle kan nie wag om die land in vlamme af te brand nie. Voters……the EFF is supposed to be your representatives in parliament, there to build the country of South Africa up not destroy it!

J ·

Welgedaan VF+!

Kom ons probeer nou om die misdadige EFF te laat verwyder van die lys van wettige politieke partye.

Daardie ‘terroriste” moet eers ALLE GEWELD EN INTIMIDASIE staak voordat hulle weer toegelaat word om aan die demokratiese verkiesingstelsel deel te neem.

Coolbanana ·

Ek wonder hoeveel volgelinge sal opdaag as hy nie kospakkies uitdeel nie ?

Elsabe ·

Selfs al sit die EFF top klomp, sal hulle na buite hul dade voortsit. Die tronke is nie so dig dat dinge nie verder gebeur nie.

Swerkater ·

Lees asb Lesufi se kommentaar oor die Coligny 2 se vryspraak “Rassiste is breindood en nikswerd”. Is dit nie ook haatspraak?

Marina ·

En wat van destyds toe hy begin het met “kill the boer”??? Ongelukkig kan daar hoeveel klagte ingedien word, hy het dit klaar gese en sy “aanhangers” gaan defnitief nie terugstaan nie maar net aangaan waarmee hulle besig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.