Uitspraak oor politieke partyfinansiering voorbehou

grondwethof

Die konstitusionele hof. Foto: Wikimedia

Die konstitusionele hof het Dinsdag uitspraak voorbehou in die nie-winsgewende organisasie My Vote Counts se aansoek om politieke partye te verplig om die bronne van hul private befondsing openbaar te maak.

Die konstitusionele hof het ʼn aansoek aangehoor vir die bevestiging van ʼn bevel van grondwetlike ongeldigheid wat verlede jaar deur die hooggeregshof in Kaapstad gemaak is. Die hof het beslis dat die parlement wetgewing moet aanpas om voorsiening te maak vir die publiek om toegang tot politieke partye se befondsingsinligting te hê.

My Vote Counts het verlede jaar die hooggeregshof genader op grond daarvan dat bepalings in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) “grondwetlik ongeldig” verklaar moet word omdat Paia nie voorsiening maak vir die bekendmaking van inligting rondom die private befondsing van politieke partye nie.

Volgens My Vote Counts is hierdie weglating uit die wet ʼn skending van die grondwetlike reg op toegang tot inligting. Die organisasie het die hooggeregshof gevra om te beslis dat Paia gewysig moet word om toe te laat dat daar deurlopend rekord gehou word van politieke partye se private befondsingsinligting.

Die hof het beslis dat die wet inderdaad ongrondwetlik is omdat dit nie hierdie betrokke bepaling insluit nie.

Die saak is daarna na die konstitusionele hof verwys vir bevestiging van die hooggeregshof se beslissing rondom grondwetlike ongeldigheid.

Die DA, wat een van die respondente in die oorspronklike hofaansoek was, het verlede jaar gesê sommige van sy donateurs sal verkies om nie openbaar gemaak te word nie uit vrees vir diskriminasie. Die ANC was ook een van die respondente in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marous ·

En die OTM geld met die vlekke? Gaan iemand dit verklaar ?

Casper Labuschagne ·

Diegene wat of die VF+ of Cope befonds, sal dieselfde risiko loop dat daar ‘n sanksie teen hulle mag voorkom indien hulle identiteit bekend word. Maar sekerlik is die grootste risiko dat intimidasie sal plaasvind wat besighede sal verplig om vir of die EFF of die ANC geldelik te steun, want as jou naam nie verskyn as ruim geldelike ondersteuner van x-party nie…

Weereens: Die wet van onvoorsiene gevolge is sterker as enige wet op die wetboeke.

Johann ·

Imagine die wurmpies wat uit HIERDIE blik gaan klim as hulle gedwing word om uit te klim en hulle name te se…. DIE ELITE van die ELITE van sg NUWE BEMAGTIGDE “nuwe” SA.

Potlood ·

Wat doen ander lande?
die DA se punt is verstaanbaar, veral is vandag se toestande waar dinge net in een rigting na gekyk word… Maar ek is van mening dat as jy eerlik en opreg is in jou optrede en bedoellings, dan maak dit nie saak wie jou geld skenk nie… Jy hoef nie te lieg of te “Cover” nie.
As jy werklik anoniem wil bly, skenk dan jou geld sonder ‘n verwyssing nommer met die oorbetaling….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.