Uitspraak oor rentekoerse op mikrolenings verwelkom

Rob Davies, minister van handel en nywerheid (Foto: ANA)

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het die uitspraak van die hoogste hof van appèl verwelkom om die aansoek van die bedryfsliggaam Mikroleningsvereniging van Suid-Afrika (MFSA) wat regulasies oor die vermindering van korttermynlenings te daag, van die hand te wys.

MFSA het in 2016 die regulasies in die hooggeregshof gedaag wat deur die departement en die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) ingestel is om verligting te bied vir verbruikers wat te veel skuld aangegaan het. Hierdie riglyne het die rentekoers op korttermynlenings verminder van 5% per maand op die eerste lening tot 3% per maand op daaropvolgende lenings in ʼn kalenderjaar, het Davies in ʼn verklaring gesê.

Korttermynlenings is lenings kleiner as R8 000 en moet binne ses maande terugbetaal word.

MFSA het aangevoer die vermindering van die rentekoers sal, onder andere, beteken dat mikroleners hul ondernemings moet sluit en verbruikers sal by geldskieters moet gaan aanklop. Die hooggeregshof het oorspronklik ten gunste van MFSA uitspraak gelewer. Die departement van handel en nywerheid het aansoek gedoen om verlof tot appèl in die hoogste hof van appèl. Dié hof het bepaal dat die departement appèl mag aanteken voor ʼn volbank van die hooggeregshof.

Die volbank regters het ten gunste van die departement en die NKR uitspraak gelewer en aanvaar dat die redes, wat die departement verskaf het om die rentekoers te verlaag, “verstandig en rasioneel” is. Die hof het bevind die riglyne moet van krag wees, sodat miljoene verbruikers van korttermynlenings verligting kan kry van hoër rentekoerse.

“Die rentekoers is verminder om (a) die koste van krediet vir verbruikers te verminder, (b) verbruikers te verhoed om in ʼn skuldkringloop te beland, (c) te verhoed dat korttermynlenings herhaaldelik herhaal word en (d) te verhoed dat verbruikers te veel skuld aangaan,” het Davies gesê.

Die MFSA het aansoek gedoen om spesiale verlof tot appèl teen die uitspraak, maar die hoogste hof van appèl het die aansoek van die hand gewys.

“Die vermindering van die rentekoers op korttermynlenings is tot voordeel van miljoene verbruikers, van wie talle in die lae-inkomstegroep van die bevolking val. Die groep verbruikers is blootgestel aan te veel skuld en die hoë koste van krediet,” het Davies bygevoeg. “Die uitspraak sal die pogings van die regering versterk om verligting te bring aan skuldbelaaide verbruikers.”

Die MFSA is ’n organisasie sonder winsbejag wat ongeveer 500 individue en entiteite verteenwoordig wat korttermynkrediet verskaf en in die omgangstaal as mikroleners bekend staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hoe leen mens geld as jy dit nie kan terug betaal nie. Met rente by besef die mense nie hulle gaan al dieper in die skuld en die geld wolwe gee nie ‘n flenter om nie.

Skroef ·

In SA floreer mense op geld wat hulle nie het nie, uitgee.

Staak saam ·

Hoe sal jy ooit n spaar kultuur kweek as rentes verlaag word om goedkool kridiet meer bekostigbaar te maak.

As rentekoers op lenings verlaag word dan verlaag die verdiensbare rente op belegging ook, en as rentes verlaag tot onder inflasie koers dan sal niemand geld meer bele nie.
Dit is die verkeerde ding om rente te verlaag.

AttieNo ·

Ja laat n kommunis nou regulasies skep oor hoe vryehandelstransaksies moet werk as dit by rentes kom. Baie mense verstaan rentekoerse nie so goed nie, om die waarheid te se party ekonome ook nie, maar n kommunis – Hy kop dit glad nie!

Bobby ·

Micro leanders are loan sharks. They strive on the poor and needy. This practice should stop in our country. The workplace should take over this lending and it should be regulated by pay masters that care more for their workers. Micro leanders should be banned and jailed.

Mikroleners ·

Daar is ‘n groot verskil tussen mikroleners en geldskieters (Loan Sharks). Mikroleners hou by die Nasionale Kredietwet (NKW), soos dat hulle by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) geregistreer is, die bepalings en voorwaardes van die NKW gehoorsaam, gereeld gereguleer word en belasting betaal.
Geldskieters is nêrens geregistreer nie en steur hulle glad nie aan die NKW nie. Die rentekoers wat hulle oor die algemeen vra is 50%/maand, vorder meestal geld in op onwettige maniere, betaal nie belasting nie en word ongelukkig bykans nooit deur die NKR ondersoek nie. Dis ongelukkig die geldskieters wat ‘n stigma van hierdie bedryf veroorsaak. ‘n Onlangse studie het bevind dat daar nagenoeg 40 000 geldskieters in Suid Afrika bestaan.

Arak ·

Ek stem 100% saam. Mikro leners vernietig lewens, en enige regering wat bietjie omgee vir mense sal enige vorm daarvan verbied. Ek verstaan dat ons nie van die ANC regering hou nie, maar in die geval steun ek hulle en ek hoop eintlik hulle wil nog verder gaan en dit totaal en al verbied. Om vir iemand geld te leen, teen die rente koerse, is niks anders as totale uitbuiting en enige redelike mens behoort dit te beveg.

Griet ·

Karolis,
Jy weet nie waarvan jy praat nie. Die Nasionale Krediet wet van 2007 bepaal dat ‘n GEREGISTREERDE mikrolener (‘n Finansiële instelling wat kort termyn krediet aan gebruikers verskaf), nie meer as 5% rente per maand MAG hef nie. Ongeveer drie jaar gelede het die wet weer verander en toe is bepaal dat ‘n gebruiker slegs op sy/haar EERSTE lening in ‘n kalenderjaar 5% rente betaal, enige daarop volgende lenings (by dieselfde instansie) se rentekoers is vasgestel op 3% per maand.

As GEREGISTREERDE Kort termyn leners, en met geregstreerde leners bedoel ek instansies wat in terme van die nasionale kredietwet geregstreer is en die reëls van die wet toepas in hulle besigheid soos voorgeskryf deur die Nasionale Kredietwet. As sodanige instansies hul deure toemaak, waar dink jy gaan die gebruikers dan leen? Agterstrate, “instansies” wat wel 30% per maand rente hef, want niemand en niks reguleer hulle nie. En by hulle mis jy nie ‘n paaiement nie, ek verseker jou! Dit kan gevaarlik wees…..

Maans ·

As’n persoon wat n mikrolener was en nou in die kosbedryf is, is daar nie n vergekyking in winste. Ek kan nie verstaan dat iemand in die mikro bedryf wil bly met sy hoë risiko’s .Daar’s baie ander besighede met minder risiko en baie hoër winste.

Adam ·

Die debat oor wat die term beteken is bloot semantiek en irrelevant. Stop die bedryf dmv wetgewing onmiddellik. Ek kan nie glo dat politici ‘n moreel bankrot industrie wil reguleer nie: raak eerder ontslae daarvan. Verwyder die oorsaak en hou op om simptome te dokter.

AttieNo ·

Regtig jy kan nie als verban waarvan jy nie hou nie. Vryheid is ook die reg om dom dinge aan te vang. Die probleem in ons land is nie onbelemmerde markte nie maar ‘n staat wat so oorreguleer en belas dat dit te veel markte dwing na swartmark bedrywighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.