Uitspraak oor vuurwapenlisensies: Doen dít in die tussentyd

Argieffoto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse jagters-en-wildbewaringsvereniging het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om aan bestaande vuurwapenwetgewing te voldoen totdat die saak wat tans gevoer word rakende die grondwetlikheid van sekere wetgewing afgehandel is.

Regter Ronel Tolmay het verlede week art. 24 en art. 28 van die Vuurwapenwet in die hooggeregshof in Pretoria ongeldig verklaar. Volgens Fred Camphor, uitvoerende hoof van die vereniging, is hulle bekommerd oor die misleidende advies wat in die media en op sosiale media verskyn het ná afloop van die hofuitspraak.

Daar is onder meer op sosiale media gesê dat mense nie weer hoef aansoek te doen vir hul vuurwapenlisensies nie en dat hulle hul vuurwapens kan terugeis van die polisiestasie waar hulle dit ingehandig het.

Camphor het egter beklemtoon dat wetgewing nog nie verander het nie. “Die SAPD het aangedui dat hulle gaan appelleer – so die uitspraak is vir eers opgeskort. Ons wag vir die hoofregter van die konstitusionele hof om duidelikheid te gee oor die regsproses na aanleiding van die polisie wat wil appelleer.”

Camphor het ʼn beroep op vuurwapeneienaars gedoen om verantwoordelik op te tree.

Die vereniging het vuurwapeneienaars aangeraai om weer vir ʼn vuurwapenlisensie aansoek te doen indien die lisensie binnekort verval. “Vul die aansoek in, heg die nodige dokumente aan en dien dit in by jou naaste polisiestasie soos die wet dit vereis.”

Lede van die publiek wat reeds ʼn vuurwapen by die polisie ingehandig het, word aangeraai om die bewys daarvan veilig te bewaar. “Moenie die polisie versoek om jou vuurwapen terug te gee nie aangesien hulle dit nie sal doen nie.”

Indien jy in besit is van ʼn vuurwapen waarvan die lisensie reeds verval het, het die vereniging aangeraai dat jy dit veilig bewaar in ʼn kluis en liefs nie gebruik nie.

Die SAPD het vroeër in ʼn mediaverklaring gesê hulle sal nie enige persoon vervolg wat in besit is van ʼn vuurwapen waarvan die lisensie verval het nie en dat hulle ook nie enige vuurwapens in hul besit sal vernietig voordat die hof finaal uitsluitsel gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Will i am ·

Ek en my vrou wag nou al langer as ń jaar vir ons lisensie. Wat moet ons nou doen

Robert ·

Ek het aansoek gedoen vir n duplikaat nadat ek my wallet verloor met alles daarin. Ek het 2 wapens, een lisensie het ek binne 7 maande gekry, die ander een is “pending” op hulle sisteem, vanaf 2014 af tot nou toe. Intussen het die original verval, maar as ek stasie toe gaan om te hoor, dan se hulle hy is nog steeds “pending”. 3 jaar nou. Ek het al alles probeer, weet nie wat ek of wie ek kan kontak nie.

Cherokee ·

Dalk moet jy oorweeg om dit bloot te hernu asof dit verval het.

Dries ·

My aansoek is ook ingedien nadat dit verval het en nadat ek kennis gekry het dat dit nie goedgekeur is nie is ek aangese on my wapen in die kluis te hou tot verdere kennisgewing wat dan sou wees na Junie vanjaar. Alles goed en wel so ons wag. Intussen sit ek met n wapen wat ek nie mag gebruik.Ek is nog steeds in besit van my groen lisensie soos oorspronlik aan my uitgereik wat van my n wettige gebruiker gemaak het tot die nuwe wetgewing my n onwettige gebruiker van my eie wapen gemaak het sonder dat ek versoek was om my ou lisensie in te handig. Ek verstaan dat die ou lisensies nog steeds geldig is . Wat is volgende om my van n wettige eienaar tot n onwettige eienaar te maak. My huis my kar ens.

o ·

Verstaan ek dus reg; as lisensie reeds verval het, moet daar gewag word vir duidelikheid van die konstitusionele hof voor weer aansoek gedoen kan word. Die polisie wou nie die aansoek aanvaar nie.

popeye ·

Niemand behoort enigsins eintlik nou meer in besit van SLEGS ‘n groen- lisensie te wees nie. Onthou ons is nou na 1994 in die derde en vierde siklus van hernuwing. Dus as jy slegs ‘n groene het is dit omdat jou lisensie nog altyd afgekeur is of omdat jy net nooit die nuwe lisensieërings proses gevolg het nie. Laasgenoemde voel ek het probleme…..ignorance is nie ‘n verweer nie! In wese bly jou groen lisensie geldig in terme van dat SAPS jou wapen nie mag konfiskeer nie, maar wees gewaarsku. .sluit hom veilig toe, moenie gebruik nie (eina) bly asb aan die regte kant en kry jou “nuwe” lisensie in orde, gebruik wie ookal wat wettig jou kan help en wees bereid om te betaal vir ‘n diens! Vir die ouens wat nou al rol op die nuwe stelsel…doe so voort. As jou wapen ingehandig is maak seker jy het ‘n kwitansie. Moet net nie willens wetents ontwapen word nie!

Cherokee ·

Vuurwapenlisensie het nie verander in 1994 nie. Ek het van die ou lisensiestelsel oorgeskakel na die nuwe en is nou eers in die tweede siklus met hernuwing.

popeye ·

Mag ek ook asb vra by wyse van kommentaar lewer….wie koop nog ammunisie by ‘n verskaffer met ‘n groen lisensie? Kom julle reg daarmee of nie?

Maryna ·

Ons het n in raak gehad hele kluis gesteel met 3 wapens kontant en juweliersware – paar Maande later vuurwapens terug gekry maar ek het myne opgese as gevolg VD die wet … sou graag my vuurwapen wil terug kry maar dis seker al 18 jaar terug het geen papierwerk Meer nie WAT NOU GEMAAK ?

anton ·

Die groen kaart lisensie is steeds wettig en is so bepaal deur die hof n paar jaar gelede.
Dus kan jy nog ammunisie daarmee koop. Ek het dit al so gedoen.

Johannes Meintjes ·

As die SAPD tog net alle aspekte van die Polisiewet met soveel toewyding kon dien as wat die ontwapening van die bevolking bevorder word. Is die SAPD polities van aard?

Fanus Pienaar ·

Ek het vandag boodskap gekry dat my competency afgekeur is, dit na al 7 jaar se sukkel met my goed en my naam is totaal en al skoon, daar is geen kriminele rekords of niks nie…..maak mens so magteloos voel.

mynhardt beukes ·

My hernuwingsaansoek gister ingedien. Alles het vinnig en vlot verloop. Gister al sms gekry dat die aansoek hanteer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.