Uitspraak oor Zuma-spioenasiebande verwag

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag uitspraak lewer oor die DA se aansoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit te laat hersien om sewe jaar gelede die 783 strafregtelike aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.

Die DA het gesê indien die hof in sy guns beslis, kan die besluit wat die weg gebaan het vir Zuma om weke later as president verkies te word, omgekeer word.

“Ons glo die besluit wat Mokotedi Mpshe, die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, geneem het, was irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn versteekte politieke motief. Dit kan beteken die aanklagte teen pres. Zuma kan weer ingestel word,” het James Selfe, die voorsitter van die party se federale uitvoerende komitee, gesê.

Mpshe het die saak uitgegooi op grond van die sogenaamde “spioenasie-bandopnames”, bandopnames van telefoonoproepe tussen senior beamptes in die regering onder Thabo Mbeki. Hy het gesê die bande manipuleer die tydsberekening om Zuma van bedrog, korrupsie en rampokkery om politieke redes te beskuldig.

Die DA hou vol dit is nie genoeg rede om die aanklagte terug te trek nie en Selfe het Donderdag weer gesê ʼn hof moes die saak uitgeklaar het. Hy het erken Vrydag sal nie die einde van die voortslepende regsgeding wees nie, omdat Zuma beslis teen die uitspraak sal appelleer indien daar teen hom beslis word en die DA sal dieselfde doen indien die uitspraak in Zuma se guns is.

“Wie ook al hierdie rondte verloor, sal hulle beslis tot die appèlhof wend en mettertyd tot die konstitusionele hof. Dit het sewe jaar geneem om hier uit te kom en die finalisering van enige appèlaansoek sal ongetwyfeld nog ʼn paar jaar neem,” het Selfe gesê.

“Uiteindelik is die tyd en kostes noodsaaklik om die president, die NVG en die hele Suid-Afrika te herinner ʼn besluit om te vervolg of nie moet geneem word sonder vrees of vooroordeel en selfs nommer een is nie verhewe bo die wet nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Ek is nie n Zuma aanhanger nie maar hier gaan nou weer belasting geld in advokate se sak beland, want hy gaan appeleer. Mens moet bietjie gaan kyk hoeveel het regslei al uit regerings getap

Pieter ·

Al wat kort by die foto is n haas, want die skilpad is reeds daar!!

Dan ·

Sal verbaas wees as daar een enkele van die 700 aanklagte as n oortreding gesien gaan word.

Lance ·

Hy is maar nie die helderste ster nie veral net met n std 3 ….sy aanhangers ook nie…geen wonder SAbeweeg na rommelstatus ….hoop uitspraak maak vir hom sin want lyk my nie hy het die uitspraak van so 3 weke terug teen hom verstaan nie ….so ook sy oneerlike topbestuur

GES ·

Integriteit en gewete vorm ‘n persoon. Met albei afwesig weet ek nie wat om te verwag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.