Uitspraak vandag oor Jiba, Mrwebi

Advokate Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi (Foto: ANA)

Die afgedankte advokaat Nomgcobo Jiba, wat gepleit het om aan te hou werk – selfs al is dit as ʼn skoonmaker – sal Donderdag hoor of haar aansoek in die Konstitusionele Hof om haar akkreditasie vir haar regsgraad te behou, suksesvol was.

Die balieraad van Suid-Afrika wil hê die voormalige vervolgingshoof en haar kollega, Lawrence Mrwebi, moet van die rol geskrap word.

Die balieraad was aanvanklik suksesvol in sy aansoek daarvoor in die hooggeregshof in Pretoria, maar het die saak verloor toe die afgedankte advokate die kwessie na die appèlhof geneem het.

In Julie verlede jaar het drie appèlhofregters bevind die hof het uitermate streng opgetree teen Mrwebi en Jiba in sy besluit om hulle van die rol te laat skrap.

Die balieraad het gevra dat die twee van die rol geskrap word vir hulle “onwettige” terugtrek van strafregtelike klagte teen die voormalige hoof van intelligensie, Richard Mdluli.

Die raad het aangevoer Mrwebi het die aanklagte teruggetrek sonder om met die aanklaers en ondersoekspan betrokke by die saak, te konsulteer.

Die raad het ook aangevoer dat Jiba, toe die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, versuim het om sy besluit te hersien.

Ander aanklagte teen Jiba hou verband met haar besluit om die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, genl. Johan Booysen, in Augustus 2012 van rampokkery aan te kla.

Die meerderheid regters het bevind die getuienis in die hooggeregshof in Pretoria het Jiba se weergawe ondersteun dat daar nié genoeg getuienis was om Mdluli in Desember 2011 te vervolg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maljan ·

Ja nee, as skoonmaker, op die Soustrein. Komaan. Nie genoeg bewyse nie?

Gert van Wierdapark ·

Hulle sit seker met ‘n Ace of Joker as “teen-aanval wapen en sal verseker NIE hand-doek ingooi nie, die stakes” is te hoog!!

wraggies ·

Hierdie is die tipe “Transformasie” waarna die ANC streef, op alle terreine insluitend die howe.

Cherokee ·

Wie weet wat geword het van die saak teen Richard Mdluli? Of dit heringestel is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.