Uitspraak verwag in Malema-saak wat ‘apartheidswet’ betwis

Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Uitspraak word Donderdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria verwag waar EFF-leier Julius Malema die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste betwis.

Malema word aangekla dat hy die wet op minstens twee geleenthede oortree het – in Newcastle in KwaZulu-Natal en in Bloemfontein – toe hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond te beset.

Malema het die aansoek in Desember verlede jaar ingedien. Hy betwis die grondwetlikheid van die wetgewing waarvolgens hy aangekla word.

Malema voer aan die wet is afkomstig uit die apartheidsera en hoort nie meer in die wetboek nie.

Hy sê die destydse apartheidsregering het die Wet op Oproerige Byeenkomste deurgevoer om swart mense te onderdruk en mag nie onder ʼn nuwe, demokratiese bedeling gebruik word nie.

Hy voer aan die wetgewing word gebruik om hom stil te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wonder

Sy eie mense kry skaam vir hom, nou wonder ek maar net!!
Dalk wil hy nouweer die focus verskuif op sy dade soos altyd…

leser

malema probeer alewig skuiwergate soek om hom te bevoordeel, kry hom skuldig en sluit hom op
dis altyd iemand anders se skuld vir twak wat hy aanvang
waars die aanklag van gebruik van ‘n vuurwapen in die publiek (byeenkoms, ak 47)

Nel

Daar skort beslis iets met die ratwerk van daai kop.

Pensioenaris

Mors net tyd van howe wat beter bestee kan word op belangriker sake. Wie betaal vir al die onnodige hofaansoeke? Ek hoop van harte nie die belastingbetaler nie….

Jerry

Hoe meer wetgewing geskrap word wat wetsgehoorsame burgers beperk, hoe beter en hoe gouer kan die opposisie ook oproerig raak wanneer hulle en die EFF/ANC slaags raak. Tans is dit in elk geval net die ANC/EFF wat oproerig mag raak en klipgooi en vernietig. Deel opposisie T-Shirts uit aan die plaaslike en buitelandse media en aan almal wat wil grond he en hou n optog na CR se plaas, raak oproerig, gooi die eienaar en die polisie met klippe en petrolbomme, beset die grond, slag al die buffels en hou n spitbraai makietie waarna die eienaar genooi word om te… Lees meer »