Uitspraak verwag oor skoliere wat Afrikaanse skool wil bywoon

Skoliere in die hof (Foto: ANA)

Die 55 skoliere wat toelating wil bekom tot ʼn skool wat slegs Afrikaanssprekende leerders aanvaar, sal Maandag hoor of hulle toelating sal kry om die skool by te woon en in Engels onderrig te word.

Hoërskool Overvaal in Vereeniging en die Gautengse departement van onderwys was Donderdag en Vrydag in ʼn hofsaak gewikkel met die skool wat volhou dat hy nie die leerlinge kan toelaat nie, weens ʼn gebrek aan kapasiteit en hulpbronne.

Die skool hou ook vol die departement kan nie eenvoudig opdrag gee en iets afdwing wat teen die skool se beleid is nie.

Adv. Albert Lamey, vir die skool, het verder in die Pretoriase hooggeregshof aangevoer die skool is nie gerat vir dubbelmediumonderrig nie en gesê die departement het versuim om die kapasiteit van die skool te bepaal voor ʼn besluit oor die 55 leerlinge geneem is.

“Dit is buiten die taalbeleid. Dit is ʼn groot kommer dat prosedures op dié manier bestuur word. Dis geen wonder dat dit chaos is om leerders te plaas nie en die probleem word in die hande van die skoolbeheerliggaam geplaas,” het Lamey aan die hof gesê.

Hy voeg by daar was ʼn skerp toename in die getal leerlinge van alle leerders wat in Afrikaans onderrig wil word by die skool.

Adv. Kumbirai Toma, vir die departement, het egter die skool se argumente van die hand gewys. Hy het gesê die skool het wel plek om die leerlinge te akkommodeer, aangesien hy 20 meer Afrikaanse skoliere toegang gebied het nadat die departement op 5 Desember die skool opdrag gegee het om plek te maak vir 55 Engelse leerlinge.

“As kapasiteit ʼn probleem was, sou die skool nie plek gehad het vir hierdie 20 leerders nie.” Die skool het 23 klaskamers, maar slegs 17 word vir klasse gebruik. Die ander klaskamers word gebruik vir gespesialiseerde sentra sonder die departement se toestemming. Die skool het slegs goedkeuring gehad om twee klaskamers hiervoor in te rig.

“Kapasiteit is nie die kwessie nie. Daar is vyf klaskamers wat gebruik kan word om skoliere in Engels te onderrig,” het Toma gesê. Hy voer aan die demografie van die gemeenskap het ook verander en dit sal net sin maak vir die skool om ook by dié verandering aan te pas. “Die toelatingskriteria sê leerlinge, wat in ʼn radius van 5 km van die skool af bly en graag toelating wil bekom, kan dit doen, ongeag die skool se taalbeleid.” Die skool moet ook nie gepla wees hoe die leerlinge opgelei sal word nie, want dit is die departement se probleem, het hy gesê.

Die skool het die hof genader om die departement se opdrag te hersien en tersyde te stel.

Regter Bill Prinsloo het Vrydag aangedui dat hy sy uitspraak Maandag om 14:00 sal lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

27 Kommentare

Rina ·

Wel my opinion gaan die regter die leerlinge toelaat soos in die Vrystaat gebeur het by die universiteit se taalbeleid .Sal ñ wonderwerk wees as uitspraak anders gaan wees .

Room Piet ·

Opskrif van die berig onsensatief misleidend.

Nie vol 2 Engels’s skole in die buurt kan die werklik oorblywende hardekwas 27 ( van die na inskryf sluiting Department geallokeerde 55 ) leerders in hul gekose onderig taal inskryf en beter onderrig.
Kinders word misbruik deur Department en hul ouers wat polities hardekwas Engels op die alreeds oorvol enigste Afrikaanse ( Christelike ) medium skool in die buurt wil afdwing.
Opstokers en amokmaker mos nerens welkom nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

As die skool vol is, vat 55 Afrikaanse leerlders en gaan skryf hulle in by die naaste Engelse skool….en dring aan dat die departement genoeg boeke, onderwysers en hulpbronne moet beskikbaar stel om daardie 55 in Afrikaans skool te gee. Saal opening en afkondigings moet ook in Afrikaans gedoen word, sodat daardie 55 “deel” voel van die skool. Alle sport afrigting moet ook in Afrikaans gedoen word, sodat daardie kinders nie UIT voel nie…en hulle MOET opgeneem word in die skool se sportspanne. Nou toe, waarvoor wag julle?

Dinarie ·

Dit is die anderkant van dieselfde munt.
Ek hou van die benadering.
As die boeke en ander fasiliteit nie verskaf word nie, sleep dan vir Lesufi hof toe.
Wat goed is vir die een moet dan goed wees vir die ander.

Esther ·

Ek het al baie gehoor Engels sprekende mense se hul wens die of daai skool word dubbel medium. As jy vra hoekom dan se hul die dissipline is beter daar as by die plaaslike Engelseskool, end dat dit n goeie skool met prestasie is. WT hul nie besef nie is dat dit die Afrikaanse taalkultuur is, met meer dissipline, respek en so word reels beter nagekom en daarom is die skole goed – dis n kultuur ding. As jy dArin wil deel laat jou kind die Afrikaanse gewoontes wn Afrikaans na streef.

Marinda ·

Altwee my Engels sprekende kinders was in ñ Afrikaanse skool, maar in ñ Engelse klas met ñ Engels sprekende juffrou. Gr.1, 2 & 3, +-30 leerlinge almal in een klaskamer. Daar was nie ñ Engelse skool in die omgewing nie.

jaco ·

Ek verhuur kamers in my huis en my swakste huurders is sonder uitsondering wit Afrikaanse mans onder 30. Drink, dwelms, vuil taal, baklei, breek goed, probleme by hul werkplekke ens ens En almal is deur die nuwe SA se skoolstelsel. Meeste was in Afrikaanse skole. So ek wonder oor daardie wonderlike dissipline van die Afrikaanse taalkultuur…

jaco ·

So jonk as 18 en 19 is AL die nonsens al klaar daar. Ek verhuur al 10 jaar lank. Ek weet waarvan ek praat. Afrikaanse taalkultuur se dissipline is nonsens. My ervaring bewys dit.

Jakalas ·

Ek is 26, bly in ‘n kommune en ek is darm nie so nie. Ek kan nou nie deselfde vir my ander mans van my ouderdom nie. Ek is die enigste 20 jarige ou in my kommune en ek is meer gedisiplineerd as die ouer mans. Hulle is altyd dronk en los die plek soos ‘n vark hok. Op die ou einde hang dit af van hoe mens groot gemaak is. My ouers het ‘n goeie werk gedoen.

In my ma’le se geval nou weer met huis uit huur, het hulle nog net probleme gehad met hulle Afrikaner huurders wat nie wil betaal nie, maar hulle nie blanke huurders gee hulle nie ‘n dag se probleme nie. Hang maar af van mens tot mens.

Eugene ·

Kry vir jou beter kamers dan kry jy beter huurders
Of sit n paar EFF jeugdiges in jou kamers

Janneman ·

Ek dink nie enige SA regter kan n suiwer regspraak lewer sonder om die regering se idiologiese rigtingwysers in ag te neem nie …………… ek verwag die ergste.

Arie ·

n Weloorwoë mening is dat die owerhede nie hul plig volgens die SA Grondwet nakom nie.
n Verdere weloorwoë mening is dat die saak moet voorrang geniet. Hulle het hulle plig skandelik versaak om toe te sien dat dat genoeg skole en andet fasiliteite bedkikbaar gestel word voordat eentaligheid op skole afgedwing word.
Dit is MY weloorwoë mening en ek is oortuig dat menige stil massa met my weloorwoë mening kan saamstem.

Dinarie ·

Jy praat van gebeure nagenoeg 15-17 jaar later as skool.
Daardie mans was goed groot gemaak , maar groot sleg geword. Niks met skoling te doen nie.

Affie ·

Hoekom ons Afrikaanse altyd bykom daar is moes genoeg engelse skole, of is ek nou verkeerd.

Martin ·

As daar plek vir hulle is by die ander naby gelee skole wat wel reeds dubbel medium is hoekom moet Overvaal geforseer word om Engels sprekendes in te vat, laasjaar was dit HS Overkruin en Montana. Afrikaans skole word geteiken om hul dubbel medium te maak. HOE KOM???

Jakalas ·

Julle moet besef dat publieke skole nie meer net Afrikaans kan wees nie (of ooit meer Afrikaans kan wees nie). Dis hoekom dit publiek is. Die enigeste manier om daaroor te kom is om ‘n privaat Afrikaans Skool te maak, soos wat Akademia ‘n privaat Afrikaanse Universiteit is. Ons het baie ryk Afrikaner manne daar buite wat dit kan doen.

Penellope Jones ·

As die skool vol is, is dit vol. Is dit so moeilik om dit te begryp?
Dit lyk meer na opsetlikheid, uitlokking van die skool.
Sou die kinders ingeneem word en die skool en klasse ly later daaronder as gevolg van oorvol, wonder mens wie eerste sal kla.

Leonard van der Dussen ·

Die emosies om te praat van Afrikaanse leerlinge by Engelse skole te gaan inskryf is verstaanbaar, en mens verstaan ook dat dit nie noodwendig letterlik bedoel word nie. Tog wys dit hoe die skole en dan die kinders in ‘n politieke spervuur beland, terwyl hulle opleiding eintlik bestendig moet voortgaan. Skole en die kinders, moet nie gebruik word as stormramme om politieke gevegte te veg nie. Die regering en die “massas” maak dit moeilik vir skole om nie in politieke vaarwater te beland nie. Daar moet hard gewerk en veral daarin belê word dat kinders se onderwys in ‘n bestendige en ordelike omgewing gehou word, terwyl die stryde vir posisionering, regte ens in die land gevoer word.

Stefaans ·

En die regter is nou half in die knyp – regsbeslissing of loopbaanbeslissing?

Ouma ·

My 2 Engelse kleindogtertjies is in ‘n Afrikaanse Christelike skool waar hulle in Afrikaans onderrig word. My skoonseun (wat Engels is) verkies dit so en sê self daar is geen disipline in die meerderheid Engelse skole nie. Hy self kom uit ‘n private Engelse skool.

Leonard van der Dussen ·

Elkeen sal sy mening hê oor dissipline en gehalte van skole, maar dis verkeerd om dit net langs Afrikaanse of Engelse skole te probeer klassifiseer: dit hang af van indiwiduele skole en gaan toenemend so wees – ons kan bv lankal nie meer op homogeniteit in die Afrikaner-samelewing aanspraak maak nie. Dis ‘n fout om Afrikaans = goed opgevoed = christelik te veronderstel, hoe graag ons ook al onsself in ‘n goeie lig wil beskou. Die Engelstalige privaatskolewese is ver voor Afrikaanse privaatonderwys, en die mate van onafhanklikheid van staatsinmenging daarin heelwat beter ontwikkel as in die Afrikaanse geledere. Daar kan gerus meer samewerking tussen Afrikaans en Engels in hierdie opsig wees, en Afrikaanse onderwys sal kan baat om in daardie privaatskoolwese te gaan kers opsteek oor kapitalisering, bedryf, aanhegting by Europese standaarde en so meer. Taal alleen waarborg nie beskawing, relevansie en gehalte nie. As dit oor skole gaan, moet op die onderwys gefokus word, nie net op taal nie.

Koos B ·

As hulle die 55 toelaat moet die ouers wie se kinders nog nie in graad 10 is nie maar hul kinders in ‘n ander Afrikaanse skool probeer sit.Oor twee jaar van nou af sal die skool net engels wees as daar nog iets vd skool oor is.

humor ·

Ons weet nou wat die oorweging is dat universiteite nie dubbelmedium mag wees nie. Dit lei glo tot rassespanning. So le nou wysheid aan die dag en voorkom nou rassespanning by Ovewrvaal. Plaas die leerders in skole waar hulle en die die skool die beste by gaan baat en los die ooglopend politieke bymotiewe.

Alias ·

‘n Afrikaanssprekende kind wil Engelse skool gaan en hy moet by Engelse taal/kultuur aanpas. En dit werk ook andersom vir Engelssprekende kind wil Afrikaanse skool gaan en hy moet Afrikaanse taal/kultuur aanpas. Dit is hoe dit werk! RESPEK ELKE TAAL/KULTUUR! Bou dit op, nie afbreek nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.