Uitspraak voorbehou in Aurora-saak

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in die Aurora-saak.

Regter Eberhard Bertelsmann het gesê hy sal binnekort sy uitspraak aan die partye bekend maak.

Die hof hoor ʼn saak van skadevergoeding aan wat deur Aurora Empowerment Systems se likwidateurs teen die maatskappy se direkteure gebring is. Die direkteurs word daarvan beskuldig dat hulle die gelikwideerde Pamodzi-goudmyne in Springs, Gauteng en Orkney, Noordwes, van hul bates gestroop het.

Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun Zondwa Mandela en president Jacob Zuma se broerskind Khulubuse Zuma is van die direkteure wat aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se wanbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Hulle moet ook sommer vra hoe Reclamation group gebaat het by die hele tragedie

Charles ·

Sjoe daai ou het sekerlik al die geld ingesluk so vet is hy Fat cat en poor miners

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.