Uitspraak voorbehou in EFF-saak; joernaliste gedreig

EFF-ondersteuners buite die hof Foto: @power987News, Twitter

EFF-ondersteuners buite die hof Foto: @power987News, Twitter

Uitspraak is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof voorbehou nadat die EFF ʼn interdik wou bekom teen die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

Die regter het nie aangedui wanneer hy sy beslissing gaan maak nie.

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het vroeër gesê die OVK se fokus is om geld in te samel terwyl armes se regte misken word. Politieke partye moet ʼn deposito van R600 000 betaal (R200 000 nasionaal en R45 000 per provinsie) om aan die verkiesing deel te neem.

Malema het na die hofverrigtinge honderde EFF-ondersteuners buite die hof toegespreek. Hy het sy medelye betoon nadat ʼn lid van EFF buite die hof gesterf het. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê die oorledene het op Kerkplein gedraf en geval oor die kettings rondom die standbeeld van Paul Kruger. “Hy het geval en sy kop hard gestamp. Sy naam was Max. Dit was ’n ongeluk.”

Malema het die ondersteuners geprys dat hulle joernaliste verhoed het om foto’s te neem van die oorledene, wie se liggaam met ʼn foelielaag bedek is.

Intussen het die Nasionale Persklub Donderdag die growwe hantering van joernaliste deur lede van die EFF veroordeel. “Lede van die media is op ʼn gewelddadige manier weggestamp en gedreig dat hul kameras afgevat en gebreek sal word,” het die Persklub in ʼn verklaring gesê. “Sommige joernaliste is selfs met die dood gedreig.”

Volgens die Persklub kan die voorval die party se verhouding met die media beïnvloed. “Die voorval hou niks goeds in vir toekomstige mediaverhoudinge met die EFF nie. Hoe kan jy iemand op só manier hanteer as jy afhanklik is van daardie mense om jou boodskap te kommunikeer?” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Die Front Nasionaal het sy aan sy met die EFF in hierdie saak gveg.Hulle het mos gevra om toegelaat te word as vriend van die hof.Hulle wil dit dus maklik maak vir die EFF om aan die verkiesing deel te neem,maar na die verkiesing gaan die EFF sy planne in werking wil stel om plase sonder vergoeding af te neem.

Eben ·

Stem Danie … smaak my die lot front Nasional is maar poep in die wind! Beteken niks en is niks!

Jasper ·

Hoeveel joernaliste moet hy nog verkleineer voordat hulle begin besef waarmee hulle te doen het ?

Danie ·

Watter snaakse bedmaats,Front Nasionaal en die EFF.Dit lyk my al twee is bankrot.Die snaakste ding is,as jy sowat 50000 stemme kry,dan het jy een parlementslid.As n party die parlement binnegaan,dan kry jy jou deposito terug.So nie een van hulle is vol vertroue hulle kan soveel stemme kry nie.Ek sit my geld waar my mond is,ek het n aftrek order vir Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand.Maar ek gaan wragtig nie my geld weggooi op Front Nasionaal nie.

JOHANNES BLOM ·

Hulle die EFF & FRONT NASIONAAL sal bedmaats wees want nie een van die twee het die geld om dit te betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.