Uitspraak voorbehou in Gupta-direkteure se saak

Atul Gupta (Argieffoto)

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Vrydag uitspraak voorbehou in die saak van Islandsite Investments se direkteure wat ’n aansoek ingedien het in die hoop om vorentoe self hul maatskappy in die hof te kan verteenwoordig.

Die hooggeregshof het in Augustus verlede jaar beslis dat die direkteure van Islandsite Investments – wat aan lede van die omstrede Gupta-familie behoort en in sakeredding geplaas is – nié by magte is om ’n beperkingsbevel deur die ondersoekdirektoraat (OD) van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) teen te staan nie.

Islandsite se sakereddingspraktisyns is ingevolge dié bevel in die regsposisie om die maatskappy te verteenwoordig en nié die direkteure nie.

Islandsite behoort aan Atul en Rajesh Gupta en hul vroue, Chetali en Arti.

Maroela Media het vroeër berig die hof het in Junie verlede jaar ’n aansoek deur die NVG toegestaan om dié maatskappy se bates te laat bevries.

Die beperkingsbevel is ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.