Uitspraak voorbehou in porno-saak

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag uitspraak voorbehou in ʼn aansoek om te appelleer teen ʼn vorige hofuitspraak om pornografie op drie TV-kanale uit te saai.

Uitspraak is tot 10 Desember voorbehou. On Digital Media (ODM) wil toestemming hê om teen regter Lee Bozalek se uitspraak te appelleer. Bozalak het vroeër beveel dat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se besluit om pornografiese materiaal op drie TV-kanale toe te laat, hersien moet word.

OMD het Vrydag aangevoer dat daar redelike vooruitsigte van sukses is indien die appèlhof in Bloemfontein Bozalek se besluit kan hersien. On Digital Media (ODM) – wat as StarSat (voorheen TopTV) bedryf word – is in April verlede jaar lisensies toegestaan om Playboy TV, Desire TV en Brazzers uit te saai.

Die organisasies Justice Alliance for SA (Jasa) en Doctors for Life en Cause for Justice (CFJ) het Okosa se besluit om die lisensies toe te staan aangevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Dit is nie meer lekker om laat aand TV te kyk as die Porn Advertensies so aan een oor en oor op kom nie dit raak af ge saag en een voudig, wat beeld dit vir ons naageslag uit, en dit beforder die ryp getal in SA dis hoekkom ons kinder nie meer veilig is in die land dit kiker die barbare se drang aan

Rawsie ·

Skokkend…dit raak darem moeilik om kinders op te voed! Ons sal die kanale maar net moet BLOK!!! Sies man, sies! Kom ons bid vir die arme siel, Bozalak en Osolak organisasie dat hulle skille van hulle oë kan afval! Dat hulle sal besef waarmee hulle besig is, want duidelik BESEF hulle dit NIE!!

Nina ·

Ja-nee…mens het nie eens meer ‘n keuse met sulke gemors nie. Dit word bloot in jou keel afgeforseer. FFS! Verkragting is mos niks, en het absoluut NIKS met pornografie te doen nie. Breindood idiote.

Ina ·

Is daar nerens ‘n petisie wat mens kan taken om die toe staan van die Lisensie teen te staan nie? Ons as Christen land kan seker harder probeer om pornografie van ons kinders en klein kinders weg te hou……

Willie ·

Almal sê jy. Speak for yourself. As ek my gedagtes so laat gaan en ek dink aan die ongevraagde kaal MMS’e van ‘n “voorbeeldige” se kaal lyf uit die bloute wat ek ontvang het eet ek my ontbyt twee keer so sieklik lyk dit. Grrrrr Jikkieeee!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.